Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Brits
DANKIE VIR DI MOEITE. Is jou rig permenent gemount op di landy? lyk my jy was ook op panserskool as so kyk, daai sunroof lyk darm al te veel na n hatch van n noddykar of n ratel 90!
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."
Rooies,
Ant.1 Nee die hele rig en camo net is gemonteer op die "Roof Rack". Die rack is dan vasgeboet op die Landie se dak.Ek het 'n katroll in die skeer skuur wat die rack op en af vat.
Ant.2 Hoe het jy geraai. Shermans, Centurion Tanks en ook 60 en 90mm Noddys.Maar dit was baie jare gelede in die panserskool.Die Shermans was vol Rommels skiet merke van die "North African Campaign" in 1940's.
Van die panserskool was geplaas na die "Isolation Hospital",somer net anderkant van die TEMPE TIGERS- rowwe tye
Wanneer was jy by die panserskool?
groete,
britsman
Last edited by britsman on Mon Apr 13, 2009 9:45 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Onthou jy die reuk van ons karre - brandstof, olie, breakfluid, tarpolin en koffie - en die sjuuuuus in jou oorfone? Raak byna nostalgies as ek daaraan terug dink.
Was by toe ou Tico sy kasteel ontvang het. Sowat van trotse windgat het ek nooit weer gesien nie.
Ambessa,
Ja Boet, wat praat jy. Soos waaneer die gunner nie die canvas doppie vang sak reg op die Browning sit, en daaie warm goeders op die drywer (bestuurder??) val.Dan gaan die kar op "auto pilot". Meeste van my opleiding vas op die ougrooters - Shermans & Centurs. Op daardie tyd het die Shermans, Harvard "radial earo- engines" in, en wat op av-gas geloop het. "Standing Orders" was dat as jy hulle start moet eimand reg staan met 'n brand blusser, want sommer nou-nou steek hulle aan die brand.As die Shermans vir langer as 3 dae gestaan het, moet jy voor jy start, eers die ondereste 4 fonkproppe van die engine uit draai, om die olie wat verby die pistons geloop het, uit te laat, anderste buig jy die crank.
brittie
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Amper ongelooflik dat ons al daardie dinge oorleef het?
Het op die Panhard met sy "flat four" begin en later op die 2.5 van GM as dryfkrag gehad. Gewillige perde gewees - veral met 'n onnutsige drywer hier onder by jou voete wat net wil jaag. En kon party jaag en ook aanjaag! Wonder wat het van almal geword - weet vir 'n feit party is al lang bome toe. Salig is hulle.
Ambessa,
En ou maat, wat 'n gesukkel as daardie 4 ton karre in die modder vassit. Ons was op 'n dag besig met "Troop Formations" oefeninge toe ons met "Line Abreast" toe ons deur 'n vlei ry op De Brug.So een vir begin die Noddy's vassit. Nader hand sit al 12 karre was. Ons kry toe die Medics Sarecen om ons probeer uitrek -- maar daar sit ook die 6x wiel in die modder vas.
brits
Last edited by britsman on Tue Apr 14, 2009 8:58 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ek kom eendag op 'n paar Noddiekarre af waar een in 'n shona in die modder vasgeval het en die manne vra dat ek hom moet help en uittrek en dan sommer aan die brand trek want die battery is pap, of so iets.
So gemaak en so gedaan en met die uittrekkery los die man die clutch om te start en daar slaat hy aan die brand (letterlik), ek dink dit was van petrol wat uitgeloop het. Dit was vir jou 'n gedoente. Gelukkig was daar genoeg brandblussers maar die drywer se o? was gebrand en hy is gecasavac. Snaakse karretjies gewees daai.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Ek het genoeg tyd in hulle (noddie karre) spandeer om te weet dat jy baie dapper moet wees om enige vyand met hulle aan te vat! Maar so goed was die opleiding daar in Pantserskool dat jy geglo het jy kan. Die enigste voordeel was dat hulle darem minder onderhoud as die Olifant Tenks gehad het - jy kon dus meer slaap inkry!
Glo my in die middel 70's het die einste eland 90's baie goed rekenskap van hulle self gegee. Baie groot respek vir die jong ouens wat dit lewend (en daar is baie) deurgemaak het.
Britsman en kie, ek geniet wat julle hier bespreek - hou so aan. Ek was in die on bevooregte posisie om al hierdie aksie te mis, blykbaar het iemand die regering gewaarsku om alle diensplig so gou as moontlik te ontbind terwyl ek nog op skool was want as hierdie boer daar op eindig gaan dinge spat... . So ja, ek kon nie mee maak wat julle deur is nie maar ek dink baie daar aan dat dit kwaai kon gewees het..
Mooi rig op die landie daai, net oppas dat die jakkies jou nie in die "tracks" skiet nie. Sukkel nog net om my stoel se hand briek klaar te bou dan pos ek weer vir julle 'n string foto's van die volledige rig.
In elke groep kry mens mos altyd iemand wat altyd 'n antwoord het. Meeste van die keer is dit egter die verkeerde antwoord. Ek was self by Pantserskool ('87) en eenmaal op De Brug moes ons hol om 'n boom, vrek ver van ons af. Elke slag as ons weer aantree vra die korporaal: "Wat s? die boom", maar niemand antwoord nie. So na die vierde keer kom die ondeurdagte antwoord:"Korporaal die boom s? hy wil self met jou praat." Hy't nie gedink dis snaaks nie en toe moes ons vir die res van die dag boodskapper speel.
Wat ek onthou van noddykarre is die gevoel wanneer hy so op sy gat gaan sit as die 90 skiet, en dan natuurlik die towbar. Met die towbar op jou skouer, regs om De Brug daar gaan jy!! Lekker tye.
Kruger wrote:
Wat ek onthou van noddykarre is die gevoel wanneer hy so op sy gat gaan sit as die 90 skiet, en dan natuurlik die towbar. Met die towbar op jou skouer, regs om De Brug daar gaan jy!! Lekker tye.
Wat Kruger nou nie gese nie; wat gebeur as met daai 90 dwars geskiet word ( van die kante)?
Een dag op 'n Browning skiet oefening loop daar 'n ou voor om die noddy op die skietpunt terwyl die gunners gereed maak om te skiet -- hy moet ook De Brug plat hardloop met die Browning op sy skouer.
Wat was die swaarste, towbar of Browning?
brittie
Last edited by britsman on Wed Apr 15, 2009 8:45 pm, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Kruger wrote:
In elke groep kry mens mos altyd iemand wat altyd 'n antwoord het. Meeste van die keer is dit egter die verkeerde antwoord. Ek was self by Pantserskool ('87) en eenmaal op De Brug moes ons hol om 'n boom, vrek ver van ons af. Elke slag as ons weer aantree vra die korporaal: "Wat s? die boom", maar niemand antwoord nie. So na die vierde keer kom die ondeurdagte antwoord:"Korporaal die boom s? hy wil self met jou praat." Hy't nie gedink dis snaaks nie en toe moes ons vir die res van die dag boodskapper speel.
Wat ek onthou van noddykarre is die gevoel wanneer hy so op sy gat gaan sit as die 90 skiet, en dan natuurlik die towbar. Met die towbar op jou skouer, regs om De Brug daar gaan jy!! Lekker tye.
Hoe lekker lag ek nou.
Ek was lank na julle manne in die mag. Het 1995 gevolenteer vir Army Gym en het gereeld daai om die sokker doel hok en boom oefening gedoen.
Maar die hartste en lekkerste was onder in Palagat by 5 VR toe ek die keuring kursus gaan probeer het. Daai concrete marble of teer paal kan man klaar maak as jy dirty's moes af werk in daai Desember hitte.
Het ook darm skoot of twee geskiet met die 90mm in die noddy kar en daai was baie lekkerder as die 20mm op die ratel of die Ratel 90.
Maar wat vir my intresant was van die panser manne wat die noddies geoperate het. Die kar bev is meeste van die tyd 'n moerse groot ou en as hy in klim lyk dit of hy daai noddy aantrek. lol
[/quote]Het ook darm skoot of twee geskiet met die 90mm in die noddy kar en daai was baie lekkerder as die 20mm op die ratel of die Ratel 90.
Maar wat vir my intresant was van die panser manne wat die noddies geoperate het. Die kar bev is meeste van die tyd 'n moerse groot ou en as hy in klim lyk dit of hy daai noddy aantrek. lol[/quote]
Nope. Toe was ons almal riemgatte - die size het eers later by gekom.