Page 3 of 3
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Sun Jan 06, 2013 11:37 pm
by Kalahari
Baie netjies Freek, sommer heel klomp honne wat gery het.
Dankie vir jou moeite met die volledige terugvoering, klink of jy daar 'n wenner het.
Sien uit na die video's
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Thu Jan 17, 2013 2:00 pm
by Freek
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Thu Jan 17, 2013 2:24 pm
by Geno
Freek,
Dankie vir die volledige verslag. Ekself sit en planne maak om so apparaatjie te kry!
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Thu Jan 17, 2013 2:44 pm
by Freek
Eugene, jy gaan nie spyt wees nie. (punt) Dankie vir die terug voer, die kwaliteit kon seker beter gewees het maar die video editing program is nou nie van die vriendelikste wat ek al in my lewe gebruik het nie. My bes probeer om die boodskap vir julle kyk baar te maak.
So terloops indien enige iemand belangstel of oorweeg om hierdie toerusting aan te skaf. Hier is Yellotec se besonderhede:
YELLOTEC
TEL: 011 656 9111
www.yellotec.com
Julle kan gerus met
Tjaard Broodryk of
Eugene Horn gesels, hulle help graag. As julle my naam noem of dat julle die inligting hier op die forum raak gelees het, dan kry julle so bietjie afslag.
Groetnis!
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Thu Jan 17, 2013 3:19 pm
by prohunt
Hallo Freek,
Jy het ons nou net lekker lus gemaak vir die goed. Ek kyk ook al lankal daarna maar was ook nog onseker oor die effektiwiteit.
Dankie vir die moeite met die video en verslag.
Groete
Johan
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Thu Jan 17, 2013 3:24 pm
by Freek
Plesier Johan!

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Sat Jan 26, 2013 10:56 pm
by tafjak
Freek
Baie nice goeters darie.
Gebruik jy 'n lig saam met die FLIR? Kan dit aan wees(Lig) terwyl jy die FLIR gebruik? Wat is die vergroting daarvan?
Sou jy takke en gras kan opmerk met net die FLIR? Jagter kan seker maar die plek fynkam met witlig voorad hy begin roep. Nice uitrusting om windafkant te check, veral in moeilike terrein.
Is daar tipe van "blindheid" wat intree die oomblik wanneer jy witlig aanskakel?
Mooiloop
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Mon Jan 28, 2013 1:14 pm
by Freek
Taffie, gooi jy nou somaar 'n ritz vrae.... laat ons kyk:
1.
Gebruik jy 'n lig saam met die FLIR?
Ja, hou die lig af geskakel en monitor die beeld op die FLIR se skerm totdat TA inkom en binne skiet afstand is. Skakel dan slegs gedimde lig aan (kan lig sterker en dowwer stel met dimmer soos wat die situasie dit vereis - FLIR kamera bly aan, word nie af geskakel nie - so die 2 werk saam) om Jakkals deur scope te kan sien en raak te skiet. Onthou die hele idee is om die lig faktor so lank as moontlik uit te skakel daarom word die FLIR in gespan om area aanhoudend te scan(nie die lig nie). Die kamera waarsku jou vroegtydig van waar en hoe TA jou bekruip.
2.
Kan dit aan wees(Lig) terwyl jy die FLIR gebruik?
Ja - die kamera se werk verigting word nie deur die lig geafekteer nie...
3.
Wat is die vergroting daarvan?
Vaste vergroting - 320 x240 pixel Detector, kan mens se liggaams hitte tot op 880m optel (Geen zoom, pralaks verstelling ens,ens,ens nie...)
4.
Sou jy takke en gras kan opmerk met net die FLIR?
Enige iets wat lewe en hitte radiasie uitstraal word met die kamera gesien. Takke en gras word gesien maar straal bitter min radiasie uit - so indien dit gesien word, is dit nie 'n te duidelike beeld nie. 'n Boom of 'n bos word baie meer duidelike geidentifiseer as 'n enkele tak of gras halmpie.
5.
Is daar tipe van "blindheid" wat intree die oomblik wanneer jy witlig aanskakel?
Taffie ek het dit nie so ervaar nie. So my opinie is nee, jy sukkel nie met nag blindheid as die lig aangeskakel word nie.
Beslis die regte ding om windaf kant te check.... veral daai wat so mooi geleer is.
Groetnis.
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Mon Jan 28, 2013 6:08 pm
by tafjak
Freek
Dankie vir die antwoorde en as die 3skippe nie sink nie sal ek regtig so iets wil aanskaf.
Mooiloop
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:21 am
by Freek
Taffie, in my geval sou dit beslis gehelp het as die REIGER, die TEIGER en die DROMEDARIS 'n oordentlike outboard motor in gehad het. Die wind het gaan lê op die see en niemand kan bevestig waar of wanneer hierdie skepe dok nie...

Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 8:29 am
by Freek
Dag, dag... uiteindelik na 'n laaaaaang gespook kry ek weer toegang tot die forum. Kon my self amper vereenselwig met Madiba se "long walk to freedom". Selfs beginne wonder of ek van die forum veban is, maar nou ja - lyk darrem nie of dit die geval is nie. Nou die volgende strugle, hoe edit mens jou eie post op hierdie nuwe "state of the art" forum blad? Kan iemand help asb. want ek wil graag die foto's wat ek gelaai het sien en ek glo ander ook...
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 12:22 pm
by Francois Marais
Freek
het al jou vids en fotos oppi blaaie reggestel, jy behoort nou alles te sien....
Mooi loop
Francois
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 5:08 pm
by Freek
Duisend dankies Francois!!! Video's en fotos kan ek nou weer sien... check bietjie bladsy 1 van die topic, daar is nog 'n klompie foto's wat nie wys nie. Kan jy help met hulle ook asb.?
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 5:15 pm
by Marc
Sien hulle adverteer die Flir nou in ons Jag tydskrifte ook, Lyk of hulle gewild gaan raak : )
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 5:36 pm
by Freek
Marc, dis goeie doepa vir die joppie wat ons doen (predasie beheer). Weet nie watter model in die tydskrif adverteer word nie, myne is nog in sy koevert sal bietjie oopmaak en kyk.
Daar is nie 'n gelyke met FLIR (op hierdie stadium) as dit by IR Kameras kom nie - die ouens bou oordentlike toerusting. Punt.
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Mar 13, 2013 9:19 pm
by Lamtjop
Freek.
Net gou 2 vragies: op watter afstand skat jy tel jy n jakkals grootte dier se "heat signature" op, en hoeveel beter is die beeld wat jy op jou skermpie op skietstoel sien teenoor die beeld wat ek op die videos sien wat jy geplaas het.
Groete Tjops
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Thu Mar 14, 2013 7:19 am
by Freek
Lamtjop die beeld op die video's doen nie heeltemal reg aan die beeld wat direk op die skerm gesien word nie. Die Pathfinder word uitgereik slegs met 'n kamera en skerm. ek moes 'n multimedia opnemer gebruik om vir julle die voorbeelde by mekaar te kon sit en die beeld se kwaliteit is beslis hierdeur geafekteer maar dit is die beste wat ek op daardie stadium kon doen om materiaal by mekaar te kry om vir julle te wys. Die beeld op die kamera skerm is definitief beter kwaliteit.
Verste wat ek jakkals op getel het met die toerusting tydens die toets was plus minus 350m, maar in dieselfde asem, op daai afstand kan jy nie die jakkals se ligaams bou identifiseer nie. Jy sien slegs 'n wit kol op die skerm wat beweeg. Hoe vêr jy die jakkals gaan kan sien word beinvloed deur die obstruksies in die veld (lang gras, bosse, dooie grond ens.) m.a.w hoe beter jou staanplek, hoe beter sien jy. Jakkals word slegs positief geidentifiseer op afstande plus minus 150m en nader verder as dit waarsku die beeld op die skerm jou dat iets oppad is.
Jy gebruik nogsteeds die lig wanneer gereed om te skiet en ook om finale identifikasie te doen.
Hoop dit antwoord jou vraag.
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Apr 10, 2013 2:35 pm
by Ja3
Hello Freek
Interessant man. Sien die silverrado werk nog.
grte!
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Apr 10, 2013 4:38 pm
by Freek
Ja3 ek strompel maar so nou en dan nog hier rond... begin nou al hoe meer en meer jou voorbeeld volg

Hier is nou vir jou ongelooflik baie raad en geselskap deesdae, jy weet mos ek lees en verstaan stadig. Teen die tyd wat mens reg is met 'n antwoord is die forum alweer 4 hoofstukke vêrder.
Ou Silverado kry darrem nog hier en daar kans om taaiers vuil te maak en kadawers aan te ry. Die grond paaie en veld werk het merke gelos maar ons beur darrem nog voort. Seker al tyd om 'n upgrade te oorweeg maar ek gaan maar moeilik afstand doen met al die herhinneringe wat op gebou is.
Stuur groete vir die gesin. Sal iewer moet tyd maak vir koffie en nabetragting - kleinding is ook seker al groot.
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Apr 10, 2013 5:01 pm
by cassie_calvinia
freek
die kleiner modelle van die flir sal seker nie werk nie?
bv die wat soos verkykers lyk?
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Apr 10, 2013 5:25 pm
by Freek
Cassie dis nie dat dit nie sal werk nie, elke model kamera werk vir 'n spesifieke doel. Dit gaan meer oor die praktiese sy van beeld monitering. In ons geval (jakkals roep en skiet) is dit moeiliker en meer uitputtend om aanhoudend beeld deur 'n oogstuk te probeer monitor met 'n klyner sigveld terwyl jy die area scan, teenoor die gemak van die skerm beeld by die pathfindir met 'n aansienlike groter sig veld.
Jy gaan die goed koper klyner oogstuk FLIR kameras optel enige iets vanaf R25K en meer, ek spaar eerder bietjie langer en settle vir die pathfinder. Soos genoem iewer in my gesprek hier bo, die pathfinder is gebou om die stampe en stote van 'n bewegende voertuig te hanteer - aansienlik meer robuust in hierdie opsig as enige een van die ander modelle.
Vir jakkals jag vanuit 'n skietstoel agter op 'n bakkie in die veld, is die Pathfinder jou mees ekonomiese en praktiese oplossing op hierdie stadium wat IR tegnologie aanbetref.
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Wed Apr 10, 2013 7:10 pm
by cassie_calvinia
een dag.....
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL
Posted: Thu Apr 11, 2013 10:56 am
by Tarzan
Lyk impressive!
Re: FLIR PATH FINDIR - SKIETSTOEL "THERMAL" KAMERA TOETS
Posted: Thu Mar 26, 2026 1:41 pm
by Cas_varkjagter
Middag freek
Waar ken ek jou kontak vir meer inligting oor die bosvark skietstoel?
Sent from my SM-A356E using Tapatalk