Page 3 of 3
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:45 am
by Raven
Fox,
hahahha, ek gaan hom maar net terug gee vir die persoon wat dit gekoop het, ek het gisteraand die spitfire so deurgekyk en sien toe dit kom daar van SA af met komplimetere klanke van foxpro af...supplier is "afrika prooi en vel"
Die man sal maar sy roepertjie moet terugstuur na hom toe, en hoop vir die beste.
R
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Posted: Fri Jun 17, 2011 10:52 am
by foxripper
Het gister by daai gun shop in Hidas gesien daar staan ook een wat stukkend is, ek het self n spitfire en hoop nie die outjie gee in as ek in die veld is nie..
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Posted: Fri Jun 17, 2011 11:03 am
by Raven
Foxxie,
Dis dieslefde roepertjie, die klient het dit by hulle ingegee, en hulle het my gevra om te help.
Ek het hom oopegemaak en alles is doodreg met die hardeware, dis iewers weer net 'n software "clitch"
Met al die foxpro's in SA en NAM kan FOXPRO gerus vir ons 'n "programming tool" stuur, dit koppel jy net op die "mainboard" en reset die roeper terug na "factory settings", dit verwyder al die "bugs" wat jy kry met nuwe klanke oplaai en afhaal.
Ek is doodseker daarvan dat meeste roepers wat so "freeze" net deur FOXPRO "ge- reset" word en dan moet 'n man so baie betaal om dit daar te kry.
P.s. Ek sien die Spitfires het net 'n koperdraadtjie wat dien as "aerial", dis ingevleg net onder die handvatsel.
Raven
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Posted: Fri Jun 17, 2011 12:25 pm
by foxripper
Raves,
Goeie idee, dink jy nie jy moet vir "Jackalpro" of wie ookal daai voorstel maak nie of dit doen deur die Jagwinkel, Ahrens of iemand wat die hier verkoop..dit gaan nie net oor die geld soontoe nie maar die tyd.
Re: Foxpro Spitfire, wat dink julle?
Posted: Fri Jun 17, 2011 12:30 pm
by Raven
Foxripper,
Ek sal vir FM wag om terug te kom, sal dan bietjie met hom gesels.
Raves