Skelm jakkals terug en net slimmer

projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Amb.
Ek praat nou van die ekstensiewe boerdery situasie.
Kampe nagenoeg 300 tot 400 ha.. Skaaptroppe van so 200 - 250 per trop en so 4 tot 5 kampe per trop op 1.5 maand rotasie weidingsplan vir 12 maande. Dan word met merino en/of dorper geboer. So dit is moontlik dat sekere tye van die jaar net in sekere omgewing lammers is.
Verder vang die k?rel as hy so v?r loop normaalweg nie elke nag op die plek -- het gevind dat hy so 2 keer per week kom eet. Of hy in die tussentyd op ander plekke vang sal nie weet. Hy werk ook volgens die wind en die weer. Het die gedagte dat jakke sonder kleintjies nie elke nag kom vang nie. As hy honger is gaan hy na sy bekende restaurant waar hy weet die specials (skaaplam) is.
Jy moet hierdie goed vir daardie Bool k?rel vra -- volgens NatBew amptenare dink hy hy weet alles.
projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

Oja baie belangrik: jakkals bly nie sommer in die spitsverkeer nie. Daarom as jy bietjie woelig in sy kerngebied is verdwyn hy oornag. Waar hy veilig voel en nie gehenner word nie sal hy rustig bly en v?r loop.
tafjak

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by tafjak »

Jakkalse se gebied kan tot 14km lank wees en so breed as 6 km. Hy merk sy gebied elke dag en vang ook op darie roetes. Dit verklaar die 1 of 2 vangste per week en nadeer aan die kerngebied sal dit meer wees.

Taffie
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by Roelo »

Hallo julle


Die onderwerp hierbo is baie interresant !

As jou buurman laat weet hy het gisteroggend 2uur  die jakkals hoor skree en se dit was n enkel jakkals want niks het hom geantw nie.Waar en waneer loop soek ek hom want dit sal seker onwaarskynlik wees dat hy die volgende aand weer daar sal wees.

Ek luister graag wat julle se
Geweldig man Geweldig
projag

Re: Skelm jakkals terug en net slimmer

Post by projag »

S? vir buurman hy moet in sy veld ingaan. Vir spore kyk, vir beweging/rigting(spore) soek en vir vang kyk.
Hy sal water drink -- waar?
Die w?reld is wyd om maar sommer te moghettroffejag vir 'n jak wat miskien net verby is.
Post Reply