Page 3 of 3
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Mon Jun 30, 2014 8:20 pm
by Wildeboer
Enkelskoot Harrington&Richardson, ge-ërf vanaf skoonpa en dan my "truck-gun", 'n 12boor swartkruit Navy Arms met n 12duim loop.
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Tue Jul 01, 2014 12:49 am
by LongWolf
Ek het darm nou my Bernadelli SS 12br in my kluis.
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Tue Jul 01, 2014 2:52 am
by JR68
Lanber o/u mod 2097 delux
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Tue Jul 01, 2014 8:10 am
by Eugene
Ek het nou 'n Brno s/s wat my lekker pas en baie lekker skiet! Net tyd gevat om gewoond te raak aan die ejectors wat die lee doppe teen my wang uitskiet....
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Thu Jul 10, 2014 7:16 am
by Klein Chris
Gorosabel S/S - Ou geweer wat my meisie se pa vir my gegee het. Het n paar dings/dangs, maar na bietjie TLC lyk weer goed.
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Thu Jul 10, 2014 2:33 pm
by Wouter Roets
Hallo Dewald
Ek het n Winchester Defender pompaksie wat ek luiperd opvolg met slugs mee doen en n Ruger Red Label O&U 28" wat ek die kleie en gevleuldes mee aandurf.
Groetnis
Wouter
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Fri Jul 11, 2014 5:44 am
by Johan van Wyk
Deesdae hoofsaaklik met `n Browning 525 12-boor OU en `n (plus/min) 1900 Blanch 16-boor sidelock ejector met 29" Damascus lope. Wonderlike balans en `n plesier om te dra teen 5 pond, 10 onse.
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Sat Jul 26, 2014 6:43 pm
by Fluffa
Ek skiet met 'n Spaansgemaakte Gaspar Arizaga 12boor s/s. Skop jou blou na 'n paar skote, kyk ook maar rond....
Groete Fluffa
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Sat Jul 26, 2014 7:02 pm
by Pvdw
Fluffa het jy al gekyk of daai kolf nie te lank is vir jou nie? Dit maak 'n baie broot verskil indien dit die geval is.
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Sat Jul 26, 2014 7:12 pm
by Pappabeer
Of te kort...
Re: Watter haelgeweer skiet jy?
Posted: Wed Jul 30, 2014 2:39 pm
by Fluffa
Hallo Pvdw, Pappabeer,
Dankie vir die terugvoer. Ek moet noem dat ek net nog een keer by 'n formele kleiskiet was, om die storie uit te kyk. Dit was 'n kompetisiedag, so ek kon nie meer uitvind oor geweerpas ensovoorts nie.
Ek moet 'n kundige raadpleeg oor geweerpas, dalk ook 'n skopkussing laat monteer indien die kolf te kort is, wat my vermoede is as ek die haelgeweer se gevooel vergelyk met my Oberndorfer. My Oberndorfer is baie gemaklik, maar ek wil ook byvoeg dat dit al is wat ek ken, behalwe my 22lr en CZ springer....
Soos alle dinge in die lewe, is die raadpleeg van 'n deskundige noodsaaklik om die beste resultate te kry. Kan julle iemand aanbeveel wat my kan adviseer oor geweerpas?
By voorbaat dankie vir julle advies.
groete Fluffa