Page 3 of 10

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:37 am
by ASP
Aangesien ons so op die Buffels vashaak:

Hou julle manne nie eintlik van die leeu jagte nie?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:41 am
by ASP
Nog 'n Leeu, jammer vir die manne wat nie mal is oor leeujag, maar ek is seker hier is 'n paar wat dit wel sal geniet:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 9:44 am
by mariusr
ASP wrote:Aangesien ons so op die Buffels vashaak:

Hou julle manne nie eintlik van die leeu jagte nie?
Teer punt daai!? Hang af watse leeu? Johan Calitz se leeu jag is die beste wat ek nog gesien het! Regte wilde leeu jag ja!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 12:12 pm
by ASP
mariusr wrote:
ASP wrote:Aangesien ons so op die Buffels vashaak:

Hou julle manne nie eintlik van die leeu jagte nie?
Teer punt daai!? Hang af watse leeu? Johan Calitz se leeu jag is die beste wat ek nog gesien het! Regte wilde leeu jag ja!

Teer punt ja, ek stem saam. Dink so daaraan: Elke Leeu wat in RSA gejag word is nie noodwendig 'n "aan die slaap leeu in 'n klein kampie nie", en dit haal baie druk af van die wilde Leeus. Ek sal maar versigtig wees met Leeu videos oplaai. Net so nou en dan.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 12:27 pm
by Frederik
mariusr wrote: Teer punt daai!? Hang af watse leeu? Johan Calitz se leeu jag is die beste wat ek nog gesien het! Regte wilde leeu jag ja!
Marius, onthou asb die leeu was waarskynlik gekwes toe hy op die bait was die is 'n gekweste leeu wat gedruk is, jag enige dier so aan en hy gaan terugkom vir jou.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 12:36 pm
by DawieKotze
ASP

Ek weet nie hoekom wettige leeujag 'n sensitiewe onderwerp behoort te wees nie? Ons is almal jagters wat die term "Volhoubare benutting" behoort te verstaan.

Daar is baie van ons wat dit nie wil of kan doen nie, maar dit maak dit geensins verkeerd vir die trofeejagter wat alles wettig gedoen het om sy leeu te jag nie. Wat moet die leeuboer met bv al die mannetjies doen wat geteel is? Of die ou wyfie wat nie meer kan teel nie? Dieselfde beginsel geld vir renoster jag. Mense raak baie emosioneel, maar dink net sovêr as hulle neuse.

Ek geniet jou videos sommer baie - moet asb nie ophou nie!

Groete

Dawie

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 1:25 pm
by Geno
100% pitsenter raakgeslaan Oom Dawie!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 1:57 pm
by ASP
madako wrote:ASP

Ek weet nie hoekom wettige leeujag 'n sensitiewe onderwerp behoort te wees nie? Ons is almal jagters wat die term "Volhoubare benutting" behoort te verstaan.

Daar is baie van ons wat dit nie wil of kan doen nie, maar dit maak dit geensins verkeerd vir die trofeejagter wat alles wettig gedoen het om sy leeu te jag nie. Wat moet die leeuboer met bv al die mannetjies doen wat geteel is? Of die ou wyfie wat nie meer kan teel nie? Dieselfde beginsel geld vir renoster jag. Mense raak baie emosioneel, maar dink net sovêr as hulle neuse.

Ek geniet jou videos sommer baie - moet asb nie ophou nie!

Groete

Dawie

Ek voel ook so daaroor, anders sou ek dit nie afgeneem het nie. Ek probeer maar mense respekteer sover ek gaan. Ek sal aanhou videos oplaai (Leeus ook). Elke persoon het die keuse of hy dit wil kyk of nie.

Ek wil ook noem dit ek baie lanklaas op 'n Leeujag was wat ek kon sien/voel/dink is verkeerd gedoen. Met dit bedoel ek dat die manne die laaste paar jaar Leeus skiet wat al lank los loop, en baie outfitters gebruik glad nie meer verdowing om die Leeus te skuif nie. Mens kan dit nogals raaksien en ek waardeer dit as 'n jag op so 'n vlak gedoen word.

Geniet die videos oom Dawie.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 1:59 pm
by DWB
Mooi oom Dawie!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 2:29 pm
by DawieKotze
Stadig met die "Oom" Manne - staaaaadig!! ;D ;D ;D

Ek lyk maar net so omdat ek 'n baie kwaai vrou het!!

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Fri Dec 20, 2013 5:34 pm
by DWB
madako wrote:Stadig met die "Oom" Manne - staaaaadig!! ;D ;D ;D

Ek lyk maar net so omdat ek 'n baie kwaai vrou het!!
Oom is so oud soos my pa :laugh:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Sun Jan 05, 2014 5:06 pm
by DWB
Nog 'n close call met 'n seekoei:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Sat Jan 11, 2014 11:11 am
by ASP
DWB wrote:Nog 'n close call met 'n seekoei:

Goeie video, en sommer 'n hele klomp mooi trofee fotos aan die einde van die video.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Sun Feb 16, 2014 2:35 pm
by DWB
Seekoei jag op droe grond.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Sun Feb 16, 2014 3:13 pm
by DWB
Wat is die meeste seekoeie wat jy nog gesien het?

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Mar 06, 2014 3:24 pm
by Geno
Lekker dieselstalk. Wonder wat die nut is in buffeljag as man hom van die bakkie af skiet?

http://youtu.be/jlvSLZN03EY

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Mar 06, 2014 3:29 pm
by Geno
Die is 'n regte buffeljag!
http://youtu.be/2H0VNcc1M6w

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Thu Mar 06, 2014 3:38 pm
by DWB
Ja Geno, daai is 'n lekker jag! Daai koei is vreeslik fasinerend.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Mon Apr 14, 2014 7:24 pm
by DWB
Lekker man lekker, voel jy nie vreeslik trots om 'n buffel so te kon "jag" nie....

Mooi gedoen boertjie, jy maak jou nasie trots.................... WHATEVER

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:00 am
by Frederik
En soos meeste van die tyd buffel jag as dit glad verloop.

[youtube]http://www.youtube.com/watch?v=6Hzm9zrABkg[/youtube]

http://www.youtube.com/watch?v=6Hzm9zrABkg

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:17 am
by Frederik
DWB wrote:Lekker man lekker, voel jy nie vreeslik trots om 'n buffel so te kon "jag" nie....

Mooi gedoen boertjie, jy maak jou nasie trots.................... WHATEVER

Nee kyk dit was nou 'n skande iets wat jy nie op die skerm wil sien nie.

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 7:50 am
by mariusr
Frederik wrote:
DWB wrote:Lekker man lekker, voel jy nie vreeslik trots om 'n buffel so te kon "jag" nie....

Mooi gedoen boertjie, jy maak jou nasie trots.................... WHATEVER

Nee kyk dit was nou 'n skande iets wat jy nie op die skerm wil sien nie.
Ja wragtig as dit nou gaan wees hoe jy grootwild gaan jag? :o Dan weet ek nie so mooi! :): Sal te skaam wees om eers fotos te neem! :confused:

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:06 am
by Marc
DWB wrote:Lekker man lekker, voel jy nie vreeslik trots om 'n buffel so te kon "jag" nie....

Mooi gedoen boertjie, jy maak jou nasie trots.................... WHATEVER

Several well placed arrows reken hy, een in die rug een in die gat...nee man

Ek kry die idee daai Buffel was beneuk oor hy nie sy porsie mielies gekry het soos gewoonlik nie >:+

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:09 am
by Frikkiedbr
Dis sulke "jagters" wat julle regte manne se naam lekker gat maak. En maak dat mense nie van jagter hou nie.
Nie almal is so nie. Ek sal ook nie eers my bakkies op so video sit nie...... sies man

Re: Gevaarlike Wild Jag videos - Verskillendes

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:43 am
by DWB
Marc,

Daai is virseker teel buffels, kyk oe mooi is sy ore nog... Geen skere of niks