Page 3 of 3
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 12:46 pm
by BLOK
BLOK wrote:Lekker man, ek sien die manne gesels mooi saam nou hier. Ek sal die stukkies met julle deel soos ek tyd kry om dit op te lees.
Hier is solank nog iets om saam aan te kou.
As jy teelgate kry, wat maak jy?
-Roe n klein jakkals in nood.
-Neem 70m windaf stelling in
-Wag vir 15min in stilte
-Roep klein jakkals in nood vir 30secondes
-Dan 20-30min stilte
-Teef behoort na 4min in te kom.
As die reun of teef nie wil inkom
-Weer jakkals roep
-As geen reaksie skiet die jonges
As ek nou hier moet my siening insit, dit klink vir my redelik in die kol, teef sal baie keer as sy iets by die nes hoor so vinnig as moontlik inkom. Al wat ek sal anders doen is as ek na die twee roepe geen reaksie kry nie, maar nog wag. As teef nie dadelik inkom nie is sy moontlik te ver om te hoor uit op jag en iewers in die nag maar veral voor sonop reken ek sal sy inkom. Onthou die nes is jou troefkaart en as jy nou die jonges dood geskiet het is daai troefkaart weg.
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 4:30 pm
by Cobus(Cobb)
Lees die man wat die kurses aangebied het die goed wat jy hier post??
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 4:38 pm
by Beretta
Blok
Hel nou hoe vloek die jakkie in Afrikaans Engels Zoeloe

geweet hulle is slim maar vloek en die man verstaan eish die man darem ek weet as hy n man met n 204 gaan vloek gaan hy wragtig nie weer n woord uit sy vuil bek kry nie
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 4:44 pm
by cassie_calvinia
Cobus(Cobb) wrote:Lees die man wat die kurses aangebied het die goed wat jy hier post??
ek hoop so!
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 4:50 pm
by Freek
Van Jakkalas taal weet ek net genoeg om baie gevaarlik te wees... een ding het ek wel geleer die afgelope jaar of 2 'n 75gr V-MAX uit 'n 6mm Remingtontjie doen nogals wonders aan vlekkie se gemoed. Ek kon nog nooit 'n oor en weer geskrieery verdra nie...
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Thu Mar 27, 2014 5:36 pm
by Freddie101
Manne
In die eerste dae van die forum het ons redelik gepraat oor aantelery, groter werpsels en so aan. Die slotsom waarby ek tot gekom het na vele insette en beinvloed is deur mense soos Heinrich. Louis, Kruger, Taffie om maar paar te noem is die volgende. (daar is ook artikels aangehaal en ondervindinge gedeel uit plekke soos jakkalse by kaap Kruis en plekke waar baie kos is.)
Genoeg kos= meer aanteel en groter werpsels en meer jakkalse tot een komponent ineenstort en weer n regstelling kom soos siekte , hongersnood ens. Dit is soos die natuur werk. Ongelukkig is op skaapplase genoeg kos en as hulle nie beheer word nie sal hulle ons van die plase afjaag. Anders kon ek net meer skape geslag het en hulle sou outomaties vinniger aangeteel het. Dit sou nou maklik gewees het.
My mening.
Groete
Freddie
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sat Mar 29, 2014 10:59 pm
by Louis102
Freddie101 wrote:....... Genoeg kos= meer aanteel en groter werpsels .........
Freddie, n.a.v. wat jy hierbo skryf is my vraag dan:
Jy boer mos met skaap? Dis tog moontlik, deur vir meerlinge selekteer, om die vrugbaarheid van 'n kudde te verhoog? Ek is geen wetenskaplike nie, maar het die verskynsel van meerlinge by soogdiere nie grootliks met genetika te doen nie? Ek verstaan dat faktore soos gesondheid, voeding, stres ens. 'n rol speel, maar dink die hoeveelheid kleintjies per werpsel het dalk die meeste met genetika te doen? Ek kan nie dink dat jakkalse die vermoeë het om hul werpsel groottes en/of die geslag van die kleintjies, vooraf te bepaal nie (soos sommige wil voorgee, as ek hul reg verstaan nie).
Die uitbraak van brandsiek en hondsdolheid waar die populasie digtheid onder jakkalse te hoog raak, is omtrent 'n gegewe. Dit is maar die natuur se manier om hul getalle in toom te hou, as die kundiges ons nou reg geleer het. Wat egter grootliks in my opinie onderskat word (by die ontploffing in rooijakkalsgetalle), is die inherente "bydrae" hiertoe van ontwikkelde kommersiele plase. Die kunsmatige voedselbronne sowel as kunsmatige waterbronne (drinkplekke) op ons plase (veral hier in ons semi-woestyn areas), dink ek, moet 'n baie groot rol speel dat jakkals se kind omtrent orals deesdae 'n nis kan vind om in te oorleef by hul hordes te floreer.
Die rooijakkals-getalle het dan ook mos die manier dat dit nie stelselmatig en geleidelik styg nie. Hulle teel mos eksponensieel aan, d.w.s. die werklike ontploffing in hul getalle kom eers voor nadat daar oor 'n baie langer periode, vooraf, eers stadige groei in hul populasie was. Dis maar hier waar die kruks van ongedierte beheer in my boek lê: Verhoed die jakkals om voet in die deur te kry op georganiseerde basis. In meeste areas is dit nou te laat vir die kleinvee boer, jakkals is daar om te bly en die probleem sal net groter raak. Ons boere moet daarom mooi saamwerk om nie onder te gaan nie. Individuele pogings op individuele plase is seker goed, maar 'n gesamentlike poging deur alle boere in 'n streek is nader aan die antwoord, as dit by ongedierte beheer kom.
Dis my opstel vir die naweek. Vergewe maar die gesanik.
Mooiloop
Louis
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 7:38 am
by johans
Louis102 wrote:Freddie101 wrote:....... Genoeg kos= meer aanteel en groter werpsels .........
Freddie, n.a.v. wat jy hierbo skryf is my vraag dan:
Jy boer mos met skaap? Dis tog moontlik, deur vir meerlinge selekteer, om die vrugbaarheid van 'n kudde te verhoog? Ek is geen wetenskaplike nie, maar het die verskynsel van meerlinge by soogdiere nie grootliks met genetika te doen nie? Ek verstaan dat faktore soos gesondheid, voeding, stres ens. 'n rol speel, maar dink die hoeveelheid kleintjies per werpsel het dalk die meeste met genetika te doen? Ek kan nie dink dat jakkalse die vermoeë het om hul werpsel groottes en/of die geslag van die kleintjies, vooraf te bepaal nie (soos sommige wil voorgee, as ek hul reg verstaan nie).
Die uitbraak van brandsiek en hondsdolheid waar die populasie digtheid onder jakkalse te hoog raak, is omtrent 'n gegewe. Dit is maar die natuur se manier om hul getalle in toom te hou, as die kundiges ons nou reg geleer het. Wat egter grootliks in my opinie onderskat word (by die ontploffing in rooijakkalsgetalle), is die inherente "bydrae" hiertoe van ontwikkelde kommersiele plase. Die kunsmatige voedselbronne sowel as kunsmatige waterbronne (drinkplekke) op ons plase (veral hier in ons semi-woestyn areas), dink ek, moet 'n baie groot rol speel dat jakkals se kind omtrent orals deesdae 'n nis kan vind om in te oorleef by hul hordes te floreer.
Die rooijakkals-getalle het dan ook mos die manier dat dit nie stelselmatig en geleidelik styg nie. Hulle teel mos eksponensieel aan, d.w.s. die werklike ontploffing in hul getalle kom eers voor nadat daar oor 'n baie langer periode, vooraf, eers stadige groei in hul populasie was. Dis maar hier waar die kruks van ongedierte beheer in my boek lê: Verhoed die jakkals om voet in die deur te kry op georganiseerde basis. In meeste areas is dit nou te laat vir die kleinvee boer, jakkals is daar om te bly en die probleem sal net groter raak. Ons boere moet daarom mooi saamwerk om nie onder te gaan nie. Individuele pogings op individuele plase is seker goed, maar 'n gesamentlike poging deur alle boere in 'n streek is nader aan die antwoord, as dit by ongedierte beheer kom.
Dis my opstel vir die naweek. Vergewe maar die gesanik.
Mooiloop
Louis
Ons boere moet daarom mooi saamwerk -oom louis,dis nou juis hier waar die probleem le
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 9:14 am
by Louis102
Johan, ek weet dis waar die probleem lê, ons kan dan nie eens ooreenstem wat die beste praktyke is om te volg t.o.v. ongedierte beheer nie. So pluk ons maar latte vir ons eie agterwêrelde. Dan wonder sommige nog hoekom Vlekkie die oorlog wen?
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 10:47 am
by Wayne
Louis, my 5c worth. The better a female does the season before, or just before she comes on heat, the bigger the chance of a bigger litter of pups, and the better the chance of a good survival rate of the pups. This is dictated by the availability of food. With the decrease of sheep farmers and increase of small game farmers, (in our area) who do not want hunting packs, or us hunters on their property, with this happening I have found the area of a pair has shrunk, and therefore more jackals per 1000 ha than in the past, so if we do not do anything to curb this, we are in SH 1 T.
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 5:45 pm
by Freddie101
Louis102 wrote:
Freddie, n.a.v. wat jy hierbo skryf is my vraag dan:
Jy boer mos met skaap? Dis tog moontlik, deur vir meerlinge selekteer, om die vrugbaarheid van 'n kudde te verhoog? Ek is geen wetenskaplike nie, maar het die verskynsel van meerlinge by soogdiere nie grootliks met genetika te doen nie? Ek verstaan dat faktore soos gesondheid, voeding, stres ens. 'n rol speel, maar dink die hoeveelheid kleintjies per werpsel het dalk die meeste met genetika te doen? Ek kan nie dink dat jakkalse die vermoeë het om hul werpsel groottes en/of die geslag van die kleintjies, vooraf te bepaal nie (soos sommige wil voorgee, as ek hul reg verstaan nie).
Louis, soos ek dit sien:
Elke soogdierspesie het sy gemiddelde aanwas persentasie. So het die boerbokkke inherent n genetiese hoer vermoe om aan te teel as merinoskape. Maar dieselfde boerbokkudde sal onder swak voedingsomstandighede se maar bv 60% aanteel en onder goeie omstandighede tot 180%. Dieselfde voorbeeld vir merinos sal bv wissel van 60% -150%. Dit is ook oor en oor bewys dat deur slegs vir vrugbaarheid te selekteer dieselfde kudde se vrugbaarheid oor jare sal toeneem (dus geneties toeneem), Maar dit sal net na vore kom onder OPTIMUM VOEDINGSOMSTANDIGHEDE.
Wat jakkalse aanbetref dink ek(raai maar) dat meeste diere in die natuur onder minder as ideale voedingsomstandighede leef en dus onderkant die maksimum van die gegewe spesie aanteel. Wanneer goeie jare opdaag is hulle gereed om meer aan te teel. Nou het ons as boere omstandighede geskep( baie lammers en skape en op wildplase min kompetisie) vir jakkalse om onder hoe voedingstoestande te opereer. Ek kan nie onthou dat ek al ooit n maer jakkals in ons omgewing op skaapplase geskiet het nie. Ek raai nou wild, maar kom ons se maar dat in die Okovango sal werpsels by jakkalse 3-4 wees terwyl by boere sal dit maklik 4-5 wees. Werpsels van 7-9 is tog nie onbekend nie. Soos jy se dan kry jy skielik na n paar jaar ontploffing van getalle.
Se maar as dit lyk na twak wat ek praat.
Groetnis
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 7:41 pm
by jaracal
BLOK wrote:
1 - Nou wat reken jy onder die stelling van "eerste windaf lig om jakkals deurmekaar te maak."
2 - n Helper sal terug gehou word om aan te bly om die volgende werpsel te help met grootmaak en kos aandra, tot die ouer paar hulle verjaag. So helper sal terug gehou word indien daar genoeg voedsel in die gebied is.
3 - Die rede hoekom jakkals getalle toeneem is onder andere.
a -Verwydering van top predatore
b -Werpsels vergroot hoe meer n jakkals bedreig word
c -Wyfies word meer vrugbaar agv verhoogde druk op die spesie
d -Nie dominante tewe word vinnig vrugbaar agv dominantes wat vrek.
4 - Jy mag nie rook tydens jag nie.
5 - b]As jy teelgate kry, wat maak jy?[/b]
-Roe n klein jakkals in nood.
-Neem 70m windaf stelling in
-Wag vir 15min in stilte
-Roep klein jakkals in nood vir 30secondes
-Dan 20-30min stilte
-Teef behoort na 4min in te kom.
As die reun of teef nie wil inkom
-Weer jakkals roep
-As geen reaksie skiet die jonges
Blok ek gaan die stellings beantwoord soos wat ek dit deur die jare ondervind het. Dit is nie wet nie maar het dit vir my gewerk en sekere goed is slegs logika - dink ek.
1) Jy begin wind-af van jouself lig om die jakkals te sien wat van daardie rigting inkom na die roeper om te voorkom dat die jakkals jou wind tref en hom/haarself uit die spore maak. Daarna lig jy na die wind-af kant van die roeper. Ek staan ook 45 grade skuins wind-af van die roeper om te verhoed dat enige jakkals wat die wind-af kant van die roeper werk my wind eerste tref. Op die manier verhoog jy jou kanse 25%.- Deurmekaarmaak stelling is vir my duister.
2) Ek het slegs helpers gevind in areas waar baie jakkalse is. Min kos kan hier 'n rol speel en dink ek dit is logies dat hoe meer jakkalse in 'n area is hoe kleiner is die gebiede en hoe minder sal die kos in die gebied wees. Ons het helpers die eerste keer in ongeveer 1999 of 2000 gekry in die Willowmore area (werklik baie jakkalse in daardie area gewees). Daar is egter genoeg kos want dit is skaap area so ek dink dit is iets waaroor ons kan debateer maar nog nie bewys is nie. Dit mag ook wees dat agv die baie jakkalse die kleintjie agter bly (nie vol selfvertroue is om weg te beweeg nie) en dan as helper werk. Hierdie dinamika dink ek nie is al nagevors nie.
3) a- korrek
b- Die groot leun wat deur greenies versprei word. Indien dit die geval is moet ons alle diere wat op die uitsterwings-lys is skiet om hulle meer te laat teel. BS
c- selfde as b
d- amper korrek - slegs dominante tewe teel aan. Indien jonges in 'n area kom waar geen ander jakkalse is nie is hulle dominant en begin aanteel.
Ons het ondervind dat indien daar min jakkalse in 'n gebied is is die aanteel hoe"r. Hier is 'n ander aspek wat moet bykom en dit is die beskikbaarheid van kos. In sekere dele van die weste van Namibie is daar areas waar daar 1 jakkals op 5-10 000 ha gevind word. (volgens navorsing) Daar is min jakkalse maar ook nie groot aanteel nie agv baie min kos.
In areas waar min jakkalse is en baie kos kry ons 5-9 kleintjies. So die hoeveelheid jakkalse het 'n rol te speel en die hoeveelheid kos het 'n rol te speel.
'n groot rede hoekom jakkalse toeneem is wildplase, boere en naweek boere wat
nie 'n probleemdier beheer program het nie. Indien die aanteel van gemiddeld 5 nie elke jaar gedood word nie sal jakkalse met daardie getal toeneem en hulle kleintjies teel weer aan en so aan en so aan.
Rook - Ek dink nie dit is 'n goeie ding om te rook terwyl jy roep nie want die gloed van die kooltjie sal jou gesig verlig, maar kan dit toegehou word. Die reuk sal nie 'n invloed he^ nie. Die jakkals sal jou en jou bakkie deur die rook ruik. 'n Pyp behoort beter hier te werk.
5 - baie na aan korrek.
Ek sal eers wind-af stelling inneem. Dan die kleintjie in nood vir 30 sek, dan die stilte van 20 min, weer die kleitjie in nood vir 30 sek, stilte vir 20 min - vir ten minste 3 ure. Indien die groot jakkalse dan nog nie ingekom het nie sal ek die kleitjies skiet. Ek sal weer 2 ure voor dit begin lig word terugkom na die gate of net daar wag. Ek het al kleintjies en grotes verloor omdat die grotes nie ingekom het nie en getrek het met die kleintjies deur die dag.
Groete
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 8:34 pm
by Francois Hugo
Hello Blok en julle jakkals skieters!!
Wel Hein het ons vrae nou geantwoord!! Die baas het gepraat!!

Volgende onduidelikheid in die kursus materiaal Blok ? Dit mag net interresant wees!!!
Moet erken ek geniet dit weer om so effe oor jakkalse te lees, al is dit nou deur te praat oor snaakse kursus materiaal.......
Iewers het iemand genoem dat die rooikat getalle op getel het nadat hy redelik onder die jakkalse geroei het. Wel ek doen die jakkalsjag roetine darem al 'n klompie jare maar het in die begin jare omtrent geen rooikatte geskiet, behalwe vir daardie flitse wat man so nou en dan sien en dan gelukkig in die ry op getel het. So 3 jaar terug het die manne in ons omgewing die (Namakwaland) redelik onder die jakkalse geroei, as ek reg onthou 75 vir so 'n +/- 30000 - 50000 hektaar skat ek, vir die jaar.
Wel nou by my rede vir die lange storie, die afgelope 2 jaar het ek nou al seker 10 rooikatte geskiet en sommer deur hulle in te roep!! Dis omtrent dubbel as wat ek die vorige 7jaar saam geskiet het?
Wat is julle ondevinding in die verband?
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 10:33 pm
by jaracal
Francois
Ek het dit baie gesien. Indien jakkals getalle afneem neem rooikat getalle toe. Wil voorkom of hoe" jakkals getalle die rooikat getalle bietjie afhou.
Groete
Re: Jakkals Gesels.
Posted: Sun Mar 30, 2014 11:17 pm
by Louis102
Francois, ek is nou so 16 jaar op my plaas en het ook agtergekom dat rooikat getalle baie kan fluktureer. Een jaar spesifiek, het ons sommer uitermatig baie rooikat probleme gehad en min jakkalse in die selfde tydperk. Dit het my ook laat dink dat daar beslis 'n korrelasie tussen die 2 spesies se populasie is. D.w.s. as die een spesie meer raak, raak die ander spesie dalk minder. Dit klink mos logies en is nogsteeds vir my die waarskynlikste veklaring.
Ek het egter geen idee of daar al genoeg navorsing in hierdie verband gedoen is, om bo alle twyfel te bewys dat dit die enigste/regte rede is hoekom rooikat getalle van tyd tot tyd so drasties toeneem/afneem nie. My waarnemings t.o.v. die dinamika tussen die 2 roofdiere se populasie-groottes is uiteraard beperk tot relatief klein steekproewe en areas/loopgebiede. D.w.s. my plaas en die plase rondom my, waarop ek jag is te klein. Die vraag is wat gebeur ter selfder tyd in die honderde duisende hektare rondom my? Is daar werklik 'n ontploffing in die rooikat populasie of is dit net getalle wat geografies skuif/konsentreer om een of ander rede waarvan ek dalk glad nie bewus is nie?
Ons weet redelik baie van siektes soos brandsiek en hondsdolheid onder jakkalse. Ek het geen idee in hierdie verband, hoe vatbaar rooikatte is vir eiesoortige siektes soos miskien 'n soort katgriep, virus of iets dergliks nie? Kan dit nie dalk wees hoekom hul getalle soms ewe skielik kwyn nie? Rooikatte is mos alleenlopers meeste van die tyd en 'n dodelike virus of iets dergliks sal seker moeiliker versprei/aansteek as bv by 'n pak wilde honde? Rooikatte gebruik egter die selfde merkplekke en krappale en niks is seker onmoontlik nie?
Freddie, ek stem met jou saam, voeding, stres ens. speel beslis 'n rol. My waarneming is egter dat ek al werpsels in die selfde jaar, area en voedings omstandighede gekry het wat gewissel het tussen 1 en 7 per werpsel. Ek het ook al 'n teef met 'n relatief groot werpsel geskiet (dink dit was 7 kleintjies) waar die jakkalse begin brandsiek kry het a.g.v. die hoë populasie. Terselfdertyd het ek al relatief klein werpsels gekry waar die jakkalspopulasie van die omgewing ook relatief min was. Die teendeel van beide hierdie gevalle het ek ook waargeneem. Vandaar my afleiding dat genetika wel 'n groot rol moet speel, nie slegs populasie-druk, voeding ens. nie. Ek is redelik oortuig dat sekere stelle jakkalse meer geneig sal wees om groter werpsels te gee as ander stelle, al is die omstandighede, kondisie, ouderdom ens. presies die selfde. D.w.s. genetika moet beslis 'n groot rol speel vlgs my.
Ek kon met my wedervaringe egter 'n uitsondering of 2 ook waargeneem het wat my gedagtegang verkeerd beinvloed het. En dit is die punt waarby ek eintlik wil uitkom. Weet ons werklik genoeg met ons beperkte waarnemings om gefundeerde afleidings te maak, of bespiegel ons? Of glo ons maar goedsmoeds wat X, Y en Z vir ons vertel en aanvaar ons dit maar as feite?
Hoe seker is ons ons weet, wat ons dink ons weet?
Mooiloop en moet nooit ophou wonder en vrae vrae nie.....
Louis
Re: Waar begin jy lig vir jakkals en die rede.
Posted: Tue Jul 19, 2016 8:27 pm
by Dolfie.rvm
BLOK wrote:Ek hoor nog niks van waar julle met die man saamstem en of nie.
Hier is nog n stelling.
Jy mag nie rook tydens jag nie.
Na 2 jaar en 50 maande.... LOL Wat is jou mening rondom rook?