Page 3 of 3

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Mon Feb 28, 2011 2:20 pm
by Rasmus
Hallo Wouter

Kan jy asb vir my loer wat s? jou program oor die 6.5 x 55.

Dop is Highland AX vir nou. Watervolume 58.3gr
Koe?l is Hornady SST 129gr

Loop lengte 22"
Twist 1:8

Moet TPL uitwerk. Het wel n tpl gesien van 79mm as ek dit sou laai op die SST sal die canelure ver ui die dop uit wees. Met die canelure net net in dop is die TPL 65mm, as dit jou sou help.

Het gister aand my magesyn gemeet ek sal n TPL van 79mm kan gebruik. My magesynkas is 82mm lank.

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Mon Feb 28, 2011 5:46 pm
by bullseye
HALLO WOUTER

EK HET OOK QUICKLOAD AANGESKAF, AL DIE GOEITJIES DEURGELEES, ASOOK CHRIS LONG SE ARTIKELS. EK KRY NIE DAT QUIKLOAD VIR MY 22-250 WERK NIE.
MY SPOED EN DRUK IS BAIE HOER AS WAT QUICKLOAD AANGEE. EK VERSTAAN DAAR IS VERSTELLINGS WAT JY MOET MAAK, MAAR MY SELFVERTROUE IS TE MIN. EK GAAN VIR JOU MY LADING EN SPOED HIER SIT , EK GLO NIE DAAR IS FOUT MET MY CHRONY NIE, WANT DRUKVLAKKE EN SPOED KOM OOREEN SOOS EK GEWEER KEN  S335 BLITZKING 55GR

34.4 3757
34.7 3807
35 3805
35.3 3855
35.6 3889
38.7 4159 DOP HET VAS GESIT.

ALLES WAT JY NODIG HET IS SOOS VOLG:TPL-2.505
                                                          :H2O-- 45.5
                                                          :55GR SIERRA BLITSKING 1455
                                                          :S335 OF S 355
                                                          :24 DUIM LOOP
                                                          :NORMA DOPPE
                                                          :TWIST-- 1 IN 14

EK KAN OP MY OU MANIER AANGAAN MAAR SAL GRAAG WIL H? QUICKLOAD MOET WERK. EK SAL JOU HULP BAIE WAARDEER.

BAIE DANKIE BY VOORBAAT.
BEN.

                                                       

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Mon Feb 28, 2011 7:20 pm
by Arnold
BEN BRAND wrote: EK GLO NIE DAAR IS FOUT MET MY CHRONY NIE, WANT DRUKVLAKKE EN SPOED KOM OOREEN SOOS EK GEWEER KEN 
Hierdie is 'n baie wilde stelling Ben. Ek het nog geen mens ontmoet of gehoor van wat sommer so drukvlakke in sy geweer ken nie. Het jy dit laat toets?

Jou chrony kan dalk ook al lankal stukkend wees ... het jy al iemand anders se chronograaf probeer?

Daardie spoed met daardie koeel, dryfmiddel en loop lengte gee gevaarlike druk (indien daardie spoed reg is).

Somchem gee 'n maximum spoed van 3670 fps aan vir 'n 24" loop en S335. Hierdie stem ooreen met Quickload as die rondte tot (SAAMI) maksimum druk gelaai word.


Het jy dalk ander gewere wat jy ook al gechrono het en hulle details ook beskikbaar?

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Mon Feb 28, 2011 11:55 pm
by Wouter Roets
Hallo Ben

Jong daai spoed wat jy deurgee lyk ontsaglik hoog. As jy by QL die temperatuur opjaag ne 95F(32Grade) en dan na die Charge Variation Chart toe gaan en daar gaan kyk aan die onderkant waar hy vir jou wys as die poeier met 10% op of af gaan sal jy sien dat jou spoed op die 10% hoer een op gaan na 3864ft/sek en n druk van 71052psi met 38,7gr. Dis nog steeds 300ft/sek onder jou spoed maar die druk korreleer met jou dop wat vas gesit het.
Ek het dit al heelwat gekry indien jou Chrony nie heeltemal oop gemaak is nie(vinneger spoed). Die chrony haak partykeer en n mens moet maar seker maak hy is heeltemal oop. Selfs die kleinste variasie en hy foeter rond met lesings. Ben dit lyk maar of jy ook wel n vinnege batch poeier gegry het as ek jou druktekens lees. Pas maar jou ladings daarvolgens aan en kyk maar of jy nie n paar ander blikke in die hande kan kry nie. QL is oor die algemeen maar redelik in die kol en ek het nog nooit so n groot variasie op enige van my kalibers gekry nie. As jy kan probeer met n ander kaliber, soos Arnold gese het, waarvan jy die spoed ken ook deur die Chrony net om seker te maak hy is reg. As jy nog vrae het en ek is seker jy sal PM my dan gee ek jou my tel no. Dit sal makliker wees.
Groete
Wout
 

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Fri Mar 04, 2011 11:40 am
by Wouter Roets
Hallo Almal

Ek het nou nog nie met Arnold hieroor gepraat nie maar ek deel sy gevoelens onder die onderwerp Blackmagic. Mense hierdie node program en veral QL is rigtingaanwysers en vir die GEFORDERDE HERLAAIER n ongelooflike handige intrumente. Die probleem met QL is ons plaaslike poeiers wat veral in die laaste tyd baie begin rondspeel. Die program werk op die data wat deurgegee is aan hulle en aangesien die te groot variteiete in die laaste ruk het dit nou gevaarlik raak om net op die data te werk, die grondslag en veilige prosedures van herlaai moet nog steeds toegepas word, maar helaas dit gebeur ongelukkig nie altyd nie.

Ek voel net soos Arnold dat indien eenvoudige versoeke soos bv met die neem van mates en lesings nie eers nagekom kan word ek nie verder wil deel he aan die program nie! Ek het met Stefan gepraat en ons gaan nou hierdie Topic sluit. Dit is nou bitter jammer dat die dinge so uitraai aangesien hierdie n ongelooflike handige manier is om die beste uit jou geweer te kry!

Wouter Roets

Re: Beste Wouter.... (Ladingsversoeke, nie Opsit-Kers!)

Posted: Fri Mar 04, 2011 3:23 pm
by Francois Marais
Wouter

Ek het die ding sien kom en stem saam met julle besluit, ek sal dan ook nou hierdie twee topics sluit.

Baie dankie vir al jou en Arnold se moeietes, maar is dit eens dat julle nie verantwoordelik gehou kan word vir n ander man se onverantwoordelikheid....

Mooi loop
Francois