Soos julle reeds weet het die kompetisie amptelik af gesluit vanoggend met 'n totaal van 19 kaartjies wat verkoop is. Baie dankie aan die volgende individue wat ingeskryf het en hul gewig agter die kompetisie geplaas het:
1. Stephan Fouche
2. Geno
3. VdWALT Steyn
4. Blok
5. Peet vd Walt
6. Raven
7. Armand9
8. Skolla
9. (Shindzela)Pierre
10. Hein KSV
11. Henslin
12. Jagermeister
13. Stefan Pienaar
Volgens my data is dit al die manne wat ingeskryf het, indien ek enige iemand uit gelaat het, maak asb. dringend met my kontak. Daar is nog so 21 kaartjies wat beskikbaar is om die minimum kerf te haal, ek gee geleentheid tot en met Saterdag (03.04.2011) om 20:00 vir die manne wat reeds ingeskryf het om nog adisionele kaartjies by te koop as julle dit so sou verkies. Hoe meer hoeke jy in die water het, hoe beter is jou kans om met die wen prys weg te stap.
Almal wat deel geneem het aan die kompetisie kwalifiseer outomaties vir 'n "Bosvark Jag en Skietstoel" bos pet en Sleutelhouer. Die bestelling word vandag geplaas en ek hoop die pette sal beskikbaar wees teen middel volgende week waarna ek dit vir julle sal pos. So almal kry ietsie wat jul kan gebruik.
Dan ander goeie nuus wat ek met julle wil deel is dat die "Bosvark Skietstoel" binnekort aktief betrokke gaan raak by die "Rhino Anti Poaching" beweging. Ek is tans besig met onderhandelinge om 'n gedeelte van die geld wat ge in word vir elke skietstoel wat verkoop word te skenk aan die "Rhino Anti Poaching" trust fonds. Manne ons is gese?n in hierdie verband en dit is te danke aan ons Hemelse Vader, die JARACAL forum familie en natuurlik Heinrich Funck wat groot en deels betrokke was by my skietstoel projek. Julle ouens het hierdie produk gebring tot waar hy staan vandag en ons gee op hierdie wyse weer terug aan die natuur en bewaring waar dit nou - meer as ooit - nodig is.
My hart pomp chocklates van oggend en ek is dankbaar om hierdie nuus vandag met julle te kan deel. Dit gaan 'n klein druppel in die emmer wees vir bewaring maar dit is darrem iets.
Mooi dag vir julle!
Skietstoel groete
Freek
082 878 5208


