Page 3 of 7

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 7:54 am
by Freek
Dag manne.

Soos julle reeds weet het die kompetisie amptelik af gesluit vanoggend met 'n totaal van 19 kaartjies wat verkoop is. Baie dankie aan die volgende individue wat ingeskryf het en hul gewig agter die kompetisie geplaas het:

1. Stephan Fouche
2. Geno
3. VdWALT Steyn
4. Blok
5. Peet vd Walt
6. Raven
7. Armand9
8. Skolla
9. (Shindzela)Pierre
10. Hein KSV
11. Henslin
12. Jagermeister
13. Stefan Pienaar

Volgens my data is dit al die manne wat ingeskryf het, indien ek enige iemand uit gelaat het, maak asb. dringend met my kontak. Daar is nog so 21 kaartjies wat beskikbaar is om die minimum kerf te haal, ek gee geleentheid tot en met Saterdag (03.04.2011) om 20:00 vir die manne wat reeds ingeskryf het om nog adisionele kaartjies by te koop as julle dit so sou verkies. Hoe meer hoeke jy in die water het, hoe beter is jou kans om met die wen prys weg te stap. 8)

Almal wat deel geneem het aan die kompetisie kwalifiseer outomaties vir 'n  "Bosvark Jag en Skietstoel"  bos pet en Sleutelhouer. Die bestelling word vandag geplaas en ek hoop die pette sal beskikbaar wees teen middel volgende week waarna ek dit vir julle sal pos. So almal kry ietsie wat jul kan gebruik.

Dan ander goeie nuus wat ek met julle wil deel is dat die "Bosvark Skietstoel" binnekort aktief betrokke gaan raak by die "Rhino Anti Poaching" beweging. Ek is tans besig met onderhandelinge om 'n gedeelte van die geld wat ge in word vir elke skietstoel wat verkoop word te skenk aan die "Rhino Anti Poaching" trust fonds. Manne ons is gese?n in hierdie verband en dit is te danke aan ons Hemelse Vader, die JARACAL forum familie en natuurlik Heinrich Funck wat groot en deels betrokke was by my skietstoel projek. Julle ouens het hierdie produk gebring tot waar hy staan vandag en ons gee op hierdie wyse weer terug aan die natuur en bewaring waar dit nou - meer as ooit - nodig is.

My hart pomp chocklates van oggend en ek is dankbaar om hierdie nuus vandag met julle te kan deel. Dit gaan 'n klein druppel in die emmer wees vir bewaring maar dit is darrem iets.

Mooi dag vir julle!

Skietstoel groete
Freek
082 878 5208

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 8:37 am
by Stefan764
Freek wrote:
Dan ander goeie nuus wat ek met julle wil deel is dat die "Bosvark Skietstoel" binnekort aktief betrokke gaan raak by die "Rhino Anti Poaching" beweging. Ek is tans besig met onderhandelinge om 'n gedeelte van die geld wat ge in word vir elke skietstoel wat verkoop word te skenk aan die "Rhino Anti Poaching" trust fonds. Manne ons is gese?n in hierdie verband en dit is te danke aan ons Hemelse Vader, die JARACAL forum familie en natuurlik Heinrich Funck wat groot en deels betrokke was by my skietstoel projek. Julle ouens het hierdie produk gebring tot waar hy staan vandag en ons gee op hierdie wyse weer terug aan die natuur en bewaring waar dit nou - meer as ooit - nodig is.

My hart pomp chocklates van oggend en ek is dankbaar om hierdie nuus vandag met julle te kan deel. Dit gaan 'n klein druppel in die emmer wees vir bewaring maar dit is darrem iets.
Freek.

Geluk YSTER. Dis manne soos jy wat hierdie bedryf van ons groot hupstote gee. Dit maak my ook baie trots om deel te wees van so projek en nog vele wat gaan kom. Soos jy tereg ook gese het, alle dank aan Heinrich en ook die forum met sy puik, betroubare en betrokke lede.

Die Groot Boek se: "Wat jy saai sal jy maai...."    en ek glo en vertrou dis in jou geval ook so.

Baie mooi inisiatief van jou.

Stefaans

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 8:39 am
by Skolla
Freek

Ek het vir jou n PM gestuur.

Skolla

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 9:30 am
by Freek
Dankie Stefaans, maar ek wil nie krediet vat hier nie. Ons is maar net instrumente in Sy hand en ons moet ons self beskikbaar stel om gebruik te word vir Sy werk. Hierdie fight gaan nie deur mense gewen word nie, net Hy bepaal die lot. Elkeen van ons is toe gerus om Sy werk te doen, dit is tyd dat ons begin opstaan daarvoor.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:37 am
by Freek
Die beplande Datum vir die kompetisie trekking is eers komende Maandag aand om 19:00 uur. Ek het vir Ambessa ge-PM om te hoor of hy vir ons die trekking sal kan behartig. Wag net vir sy terug voer dan sal ek finaal bevestig.

Louis102, FM, Janjak, Taffie en Garhard sal julle asseblief op "standby" wees. Indien Ambessa nie beskikbaar gaan wees nie wil ek vra dat een van julle vir ons die trekking doen. As julle nie kan nie, het ek geen ander keuse as om vir Koos Barnard hier in te sleep nie... ;D

Soos bespreek gaan die trekking "live" hier op die forum gedoen word. So almal wat deel geneem het gaan gevra word om in te lock en betrokke te wees. Die res van die Jarcal vriende is meer as welkom om ook daar te wees.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:49 am
by Shindzela (Pierre)
Hi Freek
Ek is ongelukkig Maandag by die outlaws, net om jou te laat ek sal nie daai tyd kan inlog nie. Sou graag wou.

Lekker dag

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 10:52 am
by Jeagermeister
Ek sal hier wees..

Nou nie dat dit my kanse verbeter nie, sal seker net eerstehands dan sien hoe staan my luck.. se mos, as dit daai dag daai "annerd?ng" reen, sal ek seker my skoonma s'n vang!!!

Mooi naweek!!

JM

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 12:28 pm
by henslin
Val in by Maandagaand 7uur. Dis nou as die nuwe tegnologie my nie weer 'n streep trek nie !!!

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 12:44 pm
by 300Winmag
Ek sal hier wees.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 2:38 pm
by BLOK
Klink reg

As niks voorval nie sal ek hier inval.

Blok

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 2:55 pm
by Skolla
Maandag 19H00, reg met my.

Skolla

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Apr 01, 2011 6:12 pm
by Pvdw
Ek sal ook hier wees. Klink heel lekker vir my.

Sterkte aan almal wat ingeskryf het ;)

Peet

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:32 am
by Freek
Dag manne,

Dit is dan amptelik gereel, die trekking vir die 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE vind vanaand om 19:00 stiptelik hier op die forum plaas. Almal is welkom om te kom inloer en die deelnemers se skouers te vryf en morele ondersteuning te bied waar nodig. Die trekking gaan deur Louis102 en Prof. HO de Waal aka Ambessa behartig word.

Ek gaan ook weereens deur die loop van die dag die kaartjie nommers aan die indivuduele deelnemers PM sodat almal deeglik bewus is van hul nommers vir die kompetisie trekking.

Dan s? ek ook maar sterkte van my kant af. Wie ook al die stoel wen maak seker hy word gebruik asb. die ding is nie ontwerp en gebou om heeldag in die garage te staan nie.

Mooi dag vir julle, dan sien ek julle vanaand 19:00 hier.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 8:10 am
by Armand9
Dis reg so. Sal die tydgleuf probeer maak, so nie more oggend kyk. Wil vir Freek se dis n puik bydrae wat hy tot die forum maak. Welgedaan! Dit spoor mens aan om, hoe beskeie ookal, by te dra tot die forum se sukses.

Sterkte almal
Armand

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 8:48 am
by Freek
Indien VdWalt Steyn ingelock is op die forum, kan hy my asb. dringend PM. So nie, as enige iemand die persoon ken kan julle hom vra om dringend met my kontak te maak asb.?

Dankie!

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 1:16 pm
by Raven
Freek,

Dis 300WINMAG

Groete
Raven

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 1:27 pm
by Stefan764
Freek

As VdWalt wen sal ek sy stoel by hom gan aflaai... Ek belowe....  :angel:

Stef

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 2:34 pm
by Freek
Dankie manne, die man het toe kontak gemaak. Hierdie manne met die skuil name moet nou begin reg kom - dit kompliseer net die skietstoel kompetisies.... ;) ;D Nee ek grap net, ek moet seker net beter notas neem.

Stefaans, dankie vir jou voorstel. Dit behoort die courier koste aansienlik te verminder... 8)

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 6:49 pm
by 300Winmag
Stefan764 wrote: Freek
As VdWalt wen sal ek sy stoel by hom gan aflaai... Ek belowe....  :angel:
Stef
Mmmmmm - ja right!  :police: :police:  Of op jou bakkie bere vir my tot ek 'n bakkie kry.  ;D ;D

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 6:55 pm
by Shindzela (Pierre)
Ek meld aan!!!

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 6:59 pm
by Freek
Naand manne. Sien hier is al 'n paar vriende wat inloer. Ons sal afskop sodra Louis en Ambessa hul opwagting maak.

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:00 pm
by Louis102
Raait Freek

Ek's hier, jammer as ek so bietjie laat is, het nou nie die vorige posts gelees nie.  S? maar as ek moet laat loop met die eerste stel nommers en hoeveel dit moet wees.

Louis

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:00 pm
by henslin
Mag seker maar loer  :laugh:

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:02 pm
by Ambessa
Hallo daar

Is ook op my pos.

Ambessa

Re: 2011 BOSVARK JAG EN SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Apr 04, 2011 7:03 pm
by Pvdw
Naand almal. Ek is ook nou hier. Wag in spanning ;) ;)

Peet