Page 3 of 4
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 7:44 am
by gillie
Is iemand besig om hierdie naweek aktief te boek? of sit ons maar net name en datums op ?
Ek is meer as gewillig om die admin af te handel... wil maar net seker maak dit word gedoen
Groetnis
Johan
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 11:21 am
by FCLoretz
Hi Johan.
Ek gaan die datum van 18 Oktober, die saterdag bespreeek by Oord Nebo so 2 weke voor die tyd. Die ouens wat dan daar wil oorslaap moet net self reel en verblyf betaal.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 1:17 pm
by NicoSmit
Ek sal dan dit nie kan maak vir die 18 de nie iemand moet seker die land se ekonomie aan die gang hou
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:07 pm
by Jean Marais
Sien baie uit na die kuier. Hoop die waters is dan mooi en die vis loop.
Stywe lyne tot dan
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:40 pm
by gillie
FCLoretz wrote:Hi Johan.
Ek gaan die datum van 18 Oktober, die saterdag bespreeek by Oord Nebo so 2 weke voor die tyd. Die ouens wat dan daar wil oorslaap moet net self reel en verblyf betaal.
Dankie Frederick, sal vir jou daai boeke dan ook saambring.
Nader aan die tyd moet ons maar praat of van die manne saam wil ry vanaf Jhb/Pta. Nodeloos om met leë karre/bakkies daar aan te kom

Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:35 pm
by FCLoretz
gillie wrote:
Dankie Frederick, sal vir jou daai boeke dan ook saambring.
Nader aan die tyd moet ons maar praat of van die manne saam wil ry vanaf Jhb/Pta. Nodeloos om met leë karre/bakkies daar aan te kom

Dankie Johan,
Ja ons moet defnitief kyk vir saam ry geleenthede vir die JHB/PTA manne. 'n bakkie met net een persoon en 6 biere klink nie reg.
Is daar braai geriewe by Nebo, of moet ek my braaier inpak?
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:51 pm
by Cobus(Cobb)
Pvdw wrote:Manne ek sal seker die tent ding doen daai naweek. Nie lus om 250km te ry vir 1 dag se vis nie. Net dalk oorweeg van julle dit ook??
jaracal wrote:Sal ook die tent moet opslaan, bietjie ve^r van die Suid Vrystaat om 1 dag te gaan vang.
Groete
aitsa, dan moet ek maar saamkom net vir die kuier....
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 4:55 pm
by FCLoretz
Cobus ek het extra stok as jy wil saam vang?
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 5:52 pm
by Cobus(Cobb)
FCLoretz wrote:Cobus ek het extra stok as jy wil saam vang?
Sal probeer ja....Peet, deel ons tent??...
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 5:54 pm
by Pvdw
0u Koos, as my vrou nie saam gaan nie is jy welkom. Ek moet net mer haar uitklaar wat haar planne is.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 02, 2014 6:08 pm
by Pvdw
Nounet gou op Oord Nebo se blad gaan loer. Manne die van julle wat kan plan maak om oor te bly doen so. Ek kan nie wag vir die naweek nie. Kom ons hou duim vas die rivier en weer speel saam.
My tying vice sal moet uitkom vir so paar caddis en nimf flieë. Ek het meestal net vlieë vit Sterkies.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Wed Sep 03, 2014 7:42 am
by FCLoretz
http://www.oordnebo.co.za/
hier is 'n skakel na die Oord nebo webwerf
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:29 am
by Carl
Hallo
Heng my lus hang nou al op die grond. Is daar enige manne wat belangstel in Saterdag 4 Oktober?
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:41 am
by FCLoretz
Carl, Ek stel altyd belang, maar ek het ongelukkig werk commitments
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:53 am
by Pvdw
Manne wie is nog in vir ons trippie soos hierbo bespreek??
Kan ons dalk 'n lysie begin net om 'n idee te kry??
1.Peet
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:54 am
by FCLoretz
1.Peet
2. Frederick
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:55 am
by Carl
FCLoretz wrote:Carl, Ek stel altyd belang, ....
Dis wat ek altyd vir my vrou sê
Regso, ek gaan heel moontlik as die weer reg is. Parys of Potch area.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:57 am
by FCLoretz
Carl wrote:FCLoretz wrote:Carl, Ek stel altyd belang, ....
Dis wat ek altyd vir my vrou sê
Regso, ek gaan heel moontlik as die weer reg is. Parys of Potch area.
As jy dit die sondag maak sal ek jou defnitief join
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 7:58 am
by Frikkiedbr
1.Peet
2. Frederick
3.Frikkiedbr
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:55 am
by Carl
FCLoretz wrote:As jy dit die sondag maak sal ek jou defnitief join
Uhhh ok ek gaan dalk oorslaap. Sal dan rond hang Sondag.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:58 am
by FCLoretz
Dan sal ons in volgende week bietjie gesels
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 10:51 am
by BLOK
Manne hierdie is naby my en al is ek nou nie n flieg visterman nie sal ek virseker n draai een middag kom maak en dalk n aand n vliesie saam kom braai.
Net een gedagte, hoekom hoor julle nie by Ian van sy plek nie. Weet Peet en Cob was al daar en al ken ek nie hoe die rivier daar lyk nie weet ek die kamp en slaap geriewe is redelik nice en ek glo die man sal soos voorheen vir die Jaracal's n aangename prysie kan beding.
Kommandonek is mos sy stukkie grond.
Laat weet maar.
Blok
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Tue Sep 23, 2014 10:54 am
by Carl
Dis reg ja en daar is goeie water. Ek moet net nog besluit of ek Parys of Potch hengel.
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Fri Sep 26, 2014 10:16 am
by Katefbessie
Manne ek het nou bietjie na die water vloei gaan kyk, as hy so aanhou behoort ons die geeles te roer by oord nebo. onder .40 watervloei is 'n lekker en goeie vloei. Bo .40 gaan ons ons tyd mors. .10 is die perfekte vloei maar gebeur baie min. Lekker ding van oord Nebo in Oktober maand is al die "pebble" klippies in hul rapids.. die geeles sal daar spawn en die tyd van die jaar in hul gekonsentreerd in sulke areas. Hier is die link vir die watervloei.
http://www.dwaf.gov.za/Hydrology/RTGrap ... age&Rain=N
Re: Die Jaracal Vlieg hengel
Posted: Fri Sep 26, 2014 10:49 am
by Carl
Katefbessie wrote:Manne ek het nou bietjie na die water vloei gaan kyk, as hy so aanhou behoort ons die geeles te roer by oord nebo. onder .40 watervloei is 'n lekker en goeie vloei. Bo .40 gaan ons ons tyd mors. .10 is die perfekte vloei maar gebeur baie min. Lekker ding van oord Nebo in Oktober maand is al die "pebble" klippies in hul rapids.. die geeles sal daar spawn en die tyd van die jaar in hul gekonsentreerd in sulke areas. Hier is die link vir die watervloei.
http://www.dwaf.gov.za/Hydrology/RTGrap ... age&Rain=N
Ek wil net noem dit is hoogs oneties om hierdie "spawning" vis te teiken vir hengel.
* Vis wat broei moet uitgelos word om te kan eiers lê en bevrug omdat hulle besig is met ons kinders se hengel genot. Wyfies wat versteur word gaan heel moontlik onder stress hulle eiers op 'n ander plek stort sonder mannetjies om dit te bevrug.
* Indien jy in daardie areas loop gaan jy heel moontlik op bevrugte eiers trap. Bevrugte eiers lê tussen die klein klippies en sal binne paar dae uitbroei waarna die kleintjies afspoel/swem na plante of ander veilige plekke.
* eiers wat versteur word uit die riffle water, spoel stroom af en ander vis eet dit of dit gaan lê in die modder, waar die embroei versmoor.
* hengel in dieper water ver weg van die broei/parende vise. Vermy om deur die dele te loop. Die rivier is groot daar is baie plek in die Vaal om te hengel.
* moet nooit vis vir lang tye uit die water verwyder, met droë hande hanteer of in 'n hou net sit nie.
* my reël met fotos is haal die vis uit die water solank as wat jy kan asem op hou. Dit maak buitendien mooier fotos as die vis in die water is wat net breek oor sy rug of net bo die water is met druppels wat afloop. 'n Vis wat hoog en droog gehou word is soos om fotos in die slagkamer te neem
Ja dit is maklik en baie onkundige mense doen dit. Maar dit is soos om koedoes by die lusern bakke te skiet.
Indien jy iemand teekom wat dit doen verduidelike die bogenoemde punte aan hom. Ek dra nou my Glock op die water ook, ek sal jou help om die boodskap oor te dra.
!! As jy enige nette vind in die water, verwyder dit. Maar wees veral versigtig in afgeleë dele dat die "visserman" nie kwaad raak vir jou nie. Die manne raak al hoe meer windgat.