Page 3 of 4

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 8:49 am
by Eugene
Ludwig wrote:Jacko, Matewis. Mooi opgesom. Ek stem heeltemal saam met julle. Ek dink nie dis nodig dat ons verder hieroor argumenteer nie. As jy 'n ernstige jakkals jagter is (En ek dink Cobus het dit ook mooi verduidelik hierbo), doen aansoek vir die geslote groep en as jy nie 'n ernstige jakkals jagter is nie, geniet die ander 99% van Jaracal wat daar is vir die nie-jakkals jagters.
Niks met politiek te doen nie, net om 'n punt te illustreer. Voor 1994, was sekere strande uitgesit vir 'n sekere deel van die bevolkingsgroep wat nie ander strande mag gebruik het nie. Met enkele uitsonderings, was daardie strande van die mooiste in die land. Dis bevestig deur die feit dat party rykes na 1994, vir hulle baie duur huise langs die Transkei se kus gaan bou het. Tog was niemand tevrede daarmee nie, want dis menslike natuur om te wil in waar mense sê jy nie mag in nie...

Dit sal ook nie anders wees op Jaracal nie. Solank daar 'n gedeelte is wat "eksklusief vir ernstige jakkalsjagters" is, sal mense aanhou wonder wat daar bespreek word en hoekom hulle dit nie mag sien nie.

Net vir die rekord, ek gaan skiet jakke saam my pelle, NA ons gebraai het! En ek doen dit met die uitsluitlike rede sodat daar voordurend werk is vir Geno en Ge, want die dom jakke is maklik om te skiet en dan moet die boer 'n "Pro" kry vir die skelm jakke... >:D

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 11:44 am
by spekieries
Eugene baie ouens doen dit, want hulle het nie soos ek vroeër die geleentheid gehad om te lees dat ek baie droog sou maak as ek dit doen nie want die jakkalse word slim. Doen dit reg of glad nie. Ek het slim geword oor jakkalse want ek kon die moets en moenies raak lees. ::)

Wil darem net noem ek het nog nooit jakkalse gejag nie, maar as die geleentheid hom sou voordoen sou ek nie twee maal dink nie. Nou dat ek weet sal ek 10 x dink.

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 12:50 pm
by Eugene
spekieries wrote:Eugene baie ouens doen dit, want hulle het nie soos ek vroeër die geleentheid gehad om te lees dat ek baie droog sou maak as ek dit doen nie want die jakkalse word slim. Doen dit reg of glad nie. Ek het slim geword oor jakkalse want ek kon die moets en moenies raak lees. ::)

Wil darem net noem ek het nog nooit jakkalse gejag nie, maar as die geleentheid hom sou voordoen sou ek nie twee maal dink nie. Nou dat ek weet sal ek 10 x dink.
Ek het eintlik sommer tong in die kies gesê! ;)

Ek jag nie jakkalse nie, ek skiet sommer nou en dan een as ek hulle raakloop in die veld. Ek gaan skiet soms op 'n boer se plaas jakkalse, maar dis meer 'n sosiale ding en sodat daar beweging op die plaas is, as iets anders. Ek het van meet af vir die boer gesê om eerder iemand te betaal wat weet wat hy doen, maar hy wou nie, so ek was my hande in onskuld.

Ek is een van daai manne waarvan Cobb gepraat het. Ek ry 11 uur op die laatse, skiet saam met my pelle, sit voor en slaap as dit koud is en het behalwe 'n fluitjie en 'n Midas lig, geen ander spesiale toerusting nie. Ek het ook nie enige spesiale kennis nie en DAAROM gaan ek my nie uitgee as jakkalsjagter nie, veral nie 'n ernstige een nie! ++>:

Ek gun die manne hulle eie vuurtjie waar hulle kan praat oor hulle passie en hulle brood en botter. Ekself het dalk al uit onkunde of "ignorance", hulle topic's ge-hijack. Ek kan glo dat dit frusterend is, want dis vir hulle 'n ernstige saak en vir meeste van ons is dit bietjie naweekse afleiding of nuuskierigheid.

Kom ons guns die manne een afdeling op die forum, daar is nog 99 afdelings en dit gaan glad nie afbreek maak aan die res van die forum nie, inteendeel, as die manne hulle eie vuurtjie het, gaan hulle dalk minder gepla wees oor die dom vrae en simpel topics wat ons by die groot vuur bespreek...

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 12:57 pm
by Jake1
Hoekom noem julle nie daai geslote draad HJF nie. Herstigte Jaracal Forum......... ;D ;)

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:04 pm
by G-force
Gunsite forum het n hele afedeling wat paid members only is.Jy kannie eers n avatar op sit as jy n non-paying member is nie.
Airrifle forum het n privaat forum vir "pest control" presies soos Jaracal se nuwe "Jakkalsjagters" afdeling,dis nou al jare so en die forum gaan baie sterk aan.
Bowhunting forum het n privaat deel "Around the campfire".Ek weet nie wat daar binne aangaan nie want ek het nie toegang nie.
Baie forums werk so,dis hoe dit is.In die algemeen is Jaracal lede bederf en reels is baie relaxed hier.

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:06 pm
by VdWalt
G-force wrote: Bowhunting forum het n privaat deel "Around the campfire".Ek weet nie wat daar binne aangaan nie want ek het nie toegang nie.
Jy mis niks...!

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:14 pm
by G-force
VdWalt wrote:
G-force wrote: Bowhunting forum het n privaat deel "Around the campfire".Ek weet nie wat daar binne aangaan nie want ek het nie toegang nie.
Jy mis niks...!
:): :-X

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 1:38 pm
by johans
Jacko wrote:Ouens, nerens in die lewe kan enigiemand te alle tye toegang tot alles he nie. Selfs die Prez van hierdie land sal 'n hofbevel moet kry as hy sekere goed omtrent elkeen van ons wil uitvind. Kan jy by jou werkgewer se HR-afdeling instap en begin na mense se leggers kyk?

Sommige van julle besef nie hoe gevaarlik die propaganda van mense soos Bool is nie. Dit sal uiters dom van Jaracal wees om ernstige jakkalsjagbesprekings op 'n oop forum toe te laat en Bool-hulle ongehinderde toegang tot daai "intel" tee gee.

En diegene wat wil beweer dat ons "hulle met wetenskaplike argumente kan aanvat": julle het nie 'n benul van hoe die media en propaganda werk nie. Vra my, ek werk in die media.

Al wat jy nodig het, is vir Bool en Kie om 'n paar pelle by 'n koerant/tv-kanaal te he (glo my, meeste media-tipes is greenies) en hulle gereeld met snert te voer. Daarna is daar eensydige, emosionele beeldmateriaal wat jakkalsjagters na moordenaars laat lyk. En as daar genoeg "openbare" druk is (m.a.w. mense wat niks van jakkalse en hulle vernietigende werk verstaan nie), is daar kort voor lank 'n verbod op die jag van hierdie ongediertes.

Glo my, julle almal saam het nie die geld wat dit sal kos om daai propaganda te counter as dit eers spoed opgetel het nie.

In die weermag was daar 'n gesegde: "Los praatjies kos lewens". Dit gaan hier oor vertroulikheid en sekerheid. So as jy nie 'n bona fide jakkalsjagter is nie, maak vrede daarmee en geniet die ander 99% waardevolle inligting op Jaracal.

Sommige kwessies is groter en belangriker as ons eie voorkeure.
+1000

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 2:11 pm
by Armand9
By wie sit ek my aansoek in?

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 2:42 pm
by NicoSmit
'n Mens kan uit die geskiedenis baie leer

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:02 pm
by Louis Kriel
Manne geniet julle jakkals praatjies, ek voel glad nie uitgesluit nie. Die forum se naam is immers Jaracal. Ek mis wel die fotos van dooie jakkalse, want n dooie jakkals is mos mooi.

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 4:22 pm
by Marc
Arnold wrote:Dit gaan oor wie jy ken en nie wat jy weet nie ;)

Ek stry met jou

Ek is n redelike senior lid hier en {as mens dit so kan stel} en het daagliks met al die groot asems in die beheer berpoep kontak. Maar ek self klas in die "weekend worrier" klas soos Cobb dit uiteen gesit het.

Ek het die volste respek en begrip vir hoekom ek in alle waarskynlik nie daar toegelaat sal word nie, al ken ek almal en hulle vir my

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:22 pm
by Baasvark
Hier is dan 'n vraag:
Gaan daar dan 'n probleem wees as ons weekend warriors voorentoe op die ope forum ons foto's plaas? Daar gaan mos nie nastenby dieselfde hoeveelhede wees nie en dit verskil maar nie veel (in my oe) van die plasing van 'n bok wat gejag is nie.

Of wil ons sulke fotos totaal en al uit die algemene oog hou?

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:29 pm
by Arnold
Marc wrote:
Arnold wrote:Dit gaan oor wie jy ken en nie wat jy weet nie ;)

Ek stry met jou

Ek is n redelike senior lid hier en {as mens dit so kan stel} en het daagliks met al die groot asems in die beheer berpoep kontak. Maar ek self klas in die "weekend worrier" klas soos Cobb dit uiteen gesit het.

Ek het die volste respek en begrip vir hoekom ek in alle waarskynlik nie daar toegelaat sal word nie, al ken ek almal en hulle vir my
Het jy regtig my kommentaar ernstig opgevat?

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:38 pm
by Marc
Arnold wrote:
Marc wrote:
Arnold wrote:Dit gaan oor wie jy ken en nie wat jy weet nie ;)

Ek stry met jou

Ek is n redelike senior lid hier en {as mens dit so kan stel} en het daagliks met al die groot asems in die beheer berpoep kontak. Maar ek self klas in die "weekend worrier" klas soos Cobb dit uiteen gesit het.

Ek het die volste respek en begrip vir hoekom ek in alle waarskynlik nie daar toegelaat sal word nie, al ken ek almal en hulle vir my
Het jy regtig my kommentaar ernstig opgevat?

Ek het sommer jou comment as n voorbeeld gebruik want ek is oortuig daarvan baie manne dink wel so :P

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 5:47 pm
by Arnold
Baie mense dink baie goed en jy gaan nooit almal tevrede kan hou nie ...

Die forum kos my niks so die eienaars wat hiervoor betaal kan doen soos hulle goed dink. Dit is hoe ek oor die saak voel.

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Fri Mar 13, 2015 6:02 pm
by James Wilson
Baasvark wrote:Hier is dan 'n vraag:
Gaan daar dan 'n probleem wees as ons weekend warriors voorentoe op die ope forum ons foto's plaas? Daar gaan mos nie nastenby dieselfde hoeveelhede wees nie en dit verskil maar nie veel (in my oe) van die plasing van 'n bok wat gejag is nie.

Of wil ons sulke fotos totaal en al uit die algemene oog hou?

Gaan groot!!

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sat Mar 14, 2015 10:43 am
by Jakkalsgat
Nee wat laat hulle begaan, ek dink werklik daar is paar manne wat glad nie belangstel in die beheer van ongediertes nie en daar word somtyds sensitiewe inligting gedeel wat die bree publiek nie noodwendig hoef te sien nie.

Wonder net of ons manne wat jagte reel nie ook so afdeling kan kry waar ons kan konkel oor pryse en reels vir die ander jagters nie, goed soos betaal vir misskote en wat maak jy met jakkalsjagter as hy net jou jakkalse slim maak of misskiet ;)

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sat Mar 14, 2015 1:32 pm
by NicoSmit
"Die forum kos my niks"
Sal die dag wees ek het nog 'n geweer gekoop herlaai stel roeper ligte stoel eish die plek kos my geld maar wie moan ......net Mamma!

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sat Mar 14, 2015 5:15 pm
by VdWalt
Hahaha! Nico jy maak my dag! So waar! Ek is nog nie eers by die roeper nie!

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sun Mar 15, 2015 7:45 am
by theedge
NicoSmit wrote:"Die forum kos my niks"
Sal die dag wees ek het nog 'n geweer gekoop herlaai stel roeper ligte stoel eish die plek kos my geld maar wie moan ......net Mamma!
Ek dit nou geniet ++>: Al daai hiden cost

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sun Apr 19, 2015 2:24 pm
by Henrie_270
Waar of by wie kan ek aansoek doen vir die groep?

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Sun Apr 19, 2015 2:36 pm
by tripodmvr
Henrie_270 wrote:Waar of by wie kan ek aansoek doen vir die groep?
Rig PM aan Geno.

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Mon Apr 20, 2015 3:39 pm
by tau
G-force wrote:Gunsite forum het n hele afedeling wat paid members only is.Jy kannie eers n avatar op sit as jy n non-paying member is nie.
Airrifle forum het n privaat forum vir "pest control" presies soos Jaracal se nuwe "Jakkalsjagters" afdeling,dis nou al jare so en die forum gaan baie sterk aan.
Bowhunting forum het n privaat deel "Around the campfire".Ek weet nie wat daar binne aangaan nie want ek het nie toegang nie.
Baie forums werk so,dis hoe dit is.In die algemeen is Jaracal lede bederf en reels is baie relaxed hier.
First rule of fightclub, is don't talk about fight club!!!!!

Geniet dit Jakkals manne. Ons het dieselfde probleem op 'n ander forum waar iemand gepraat het oor die privaat gedeelte voor al die ander manne. Ooooo hel het die manne nou hulle broeke vernat. Nou kan al die senior lede die deel sien, toe maak hulle 'n tweede seksie weer vir geheime oumanne om inligting te deel, nou wonder ek is daar nie dalk 'n derde geheime afdeling wat ek nie van weet nie....

Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?

Posted: Mon Apr 20, 2015 6:44 pm
by G-force
Tau...dalk sommer n hele geheime forum?