Page 3 of 24

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Apr 24, 2016 5:35 pm
by Ashley
Ek sukkel nou al n paar aande om te slaap...
Ons ry komende Vrydag ogg 3uur na n plaas genaamd Rietfontein. Dis so 80km verby Vaalwater, Limpopo.

Elke aand in die bed speel ek oor en oor vir myself die tonele in my kop... man ek kannie wag!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Apr 24, 2016 5:51 pm
by BeesBreet
Ek ry komende Sondag na n plaas "Witklip", ook n entjie buite Vaalwater, drie bwb's op my luisie... Sien uit daarna

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Apr 24, 2016 7:33 pm
by Jurgen Visser
Heinz , jou knie is ok , jy sal sien op daai jag is alwat jou gaan pla die koue , sie uit om saam jou te ry weer vir die eerste keer in paar jaar , jy beter jou gedra , anders trap ek op daai knie

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Apr 24, 2016 8:02 pm
by Jurgen Visser
Ry Ry die 30 ste April Beaufort west toe en dan weer 12 Mei nog 'n plaas op Beaufort wes (Abberdeen) toe en dan Junie Merviville toe , sal wees Koedoes , springbokke en Gemsbok , julle manne moet dit geniet en veilig wees

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun Apr 24, 2016 8:04 pm
by Jurgen Visser
My vrou kan nie wag dat die jag seisoen verby is nie , dit is al wat op my brein is nou , hehehe , dis winter ,dan soek hulle mos nuwe klere en boots , ek nie nou tyd vir daai goed nie , lol

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 25, 2016 6:54 am
by NicoSmit
Ek gaan Woensdag saam as ander manne rooibokke skiet en miskien help om hulle kwotas vol te maak die aand bietjie jakkalse op 'n knop te jag en dan Vrydag ek en my oudste Vrede toe vir blesbokke en jakkalse

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:24 am
by Alwyn
Ons ry Woensdag Weltevrede Jagplaas toe


Kan nie meer wag nie!!!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:42 am
by 375fanatic
ons ry die 10de Vivo toe

gaan my groot willebees soek my maat het laas jaar n 34" bul daar geskiet het darem so 3 bestellingtjies ook so raak ook al so bietjie opgewonde .

vanoogend toe ek teen 4 uur die koue luggies voel te ruik ek al biltong dis snaaks hoe die die seisoen net inskop ;D ;D

soek die 1 se boetie

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 25, 2016 8:54 am
by Nickvn
Ons spring ook Woensdag oggend in die pad Phillipolis toe. Daar by Hein kuier en bietjie biltong haal.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Mon Apr 25, 2016 10:02 am
by Hennie Dreyer
12 - 20 Junie! Swartwater se wereld. Koedoebul en Elandbul op die lysie

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Apr 28, 2016 8:10 am
by WILLEBEES
Hennie Dreyer wrote:12 - 20 Junie! Swartwater se wereld. Koedoebul en Elandbul op die lysie
Dieselfde hier - 15 - 19 Junie in die Molopo. Eland, koedoe en vlakvark op die inkopie lys...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Thu Apr 28, 2016 8:28 am
by JohannC
12de to die 15de Mei, twee weke manne! Lekker Vryburg jag.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Apr 29, 2016 7:16 am
by Wouter Roets
Cheers Boys!

Ek ry nou plaas toe met n sterk spannetjie. Sien julle Dinsdag weer hopelik.

Groetnis
Wout

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Apr 29, 2016 7:20 am
by Heinz Petersen
Nog een slapie. Dan weer Junie maand vir drie weke.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Apr 29, 2016 7:57 am
by NicoSmit
Net gou bietjie klere gewas na Woensdag se jag en dan 12uur vat ek en oudste die pad Vrede toe

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Fri Apr 29, 2016 8:11 pm
by Johan Nel
31 Mei tot 2 Junie, Munnik, koedoe of blouwildebees is op die spyskaart. Ek voel so opgewonde soos 'n kind wat die dae aftel.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed May 04, 2016 2:19 pm
by Kubus
3 tot 4 Junie Fort Beaufort
5 tot 12 Junie Someret Oos
Koedoes en nogmaals koedoes.
Van nou tot dan vlakvarke 2 maal per week
Hoe bevooreg kan n man dan nou wees!!!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Wed May 04, 2016 5:55 pm
by Mellies
Mellies wrote:Daarsy manne (en dames)...

Dis weer sulke tyd met die jagseisoen wat n paar dae weg is.

Wie is ook oppad jagveld toe? Waarheen ry julle en wat is op die spyskaart? Watter roere word ingespan?

Ons ry Dinsdag Suid VS toe. Van Woensdag af klomp blesbokke en swartwildebeeste oes!

Met n vleisie...
Ek het darem so 10 blesbokke en 2 swartwildebeeste geskiet in baie winderige toestande. Die oefening op die baan vooraf met en sonder wind het baie gehelp!!

22-250 met 55gr BTs het sy kant gebring!!

Met n vleisie...

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 7:29 am
by 375fanatic
Nog net 2 slapies v ma gese sy moet dit geniet sy gaan my v ruk nie sien nie ;D

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 12:46 pm
by Ashley
Ashley wrote:Ek sukkel nou al n paar aande om te slaap...
Ons ry komende Vrydag ogg 3uur na n plaas genaamd Rietfontein. Dis so 80km verby Vaalwater, Limpopo.

Elke aand in die bed speel ek oor en oor vir myself die tonele in my kop... man ek kannie wag!
Nou die week terug gekom...what an experience!
Het vir my n mooi kudu bul gekry, met 30-06 en 168gr TTSX kombinasie.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 2:21 pm
by heinie07
het woensdag sommer by my self op die plaas gejag (Carnarvon)
wou net n koedoe bull skiet net toe ek die skoot wou trek (tot my groot verbasing) stap daar n takbok agter hom uit moes my self eers klap om seker te maak ek is wakker. Maar toe skiet ek maar hom. het nooit gedink ek sal een skiet nie veral nie by my op die plaas nie!!

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 8:49 pm
by JJV
Donderdag ry vir gemsbokke naby Van Zyls Rus met die 6.5x55, Julie draai gaan maak vir paar springbokke by Vanwyksvlei met die .243AI


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 9:11 pm
by JVT172
Oppad steenbokpan toe vandag uit oos london uit.

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sat May 07, 2016 9:36 pm
by Smit@50
Ry Woensdag Aberdeen toe vir springbok jag al pad van Ellisras af.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Posted: Sun May 08, 2016 6:14 pm
by Jurgen Visser
Smit@50 wrote:Ry Woensdag Aberdeen toe vir springbok jag al pad van Ellisras af.

Sent from my SM-N910C using Tapatalk
Ek gaan skiet gereeld in Aberdeen area , daar is heelwat Koedoes daar , vra die boer . meskien kan jy Koedoe ook skiet daar , pryse is baie baie laer as daar bo by julle

Geniet dit