Page 3 of 4
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Oct 24, 2017 2:19 pm
by Swede
RUPERT wrote:Swede
daar is genoeg plek om jou trickler op die skaal se rant regs/links agter tesit en gemaklik binne die kruit bakkie tekan trickel
Baie dankie!
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Oct 24, 2017 2:38 pm
by Arnold
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 01, 2018 8:24 am
by RUPERT
More Manne
Ons kon bietjie plan maak met die Micro NHB 150 se prys vir die Jaracal manne.
Ons kan hulle nou laat gaan teen R 2495.00 excl vat.
Vir die van julle wat sal belang stel stuur asb jou besonderhede na
sales@scalerite.co.za
Onthou om asb te noem dat jy van die forum is.
Lekker Dag
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Fri Jun 01, 2018 11:39 am
by ruaanb
Onthou net as julle bestel om ook 150g gewiggies saam te bestel anders gaan jy nie skaal kan kalibreer nie.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 7:59 am
by Sakkie Rust
More
Ek het n probleem op my skaal gekry gister aand en van oggend weer getoets . Die skaal zero hom self 0.00 as ek die pan afhaal , sodra die backlight af gaan dan spring die lesing na bv.0.32 en dan weer trug na 0.00 vir die tyd wat die backlight aan is , as die backlight dan weer af gaan sekfde storie . ?
Groete
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 8:36 am
by RUPERT
Hi Sakkie
Is jou battery vol gecharge?
Het jy al kalibrasie gedoen?
Is daar dalk lug beweging (oop venster,aircon, van hitter) in die vetrek waar jy laai?
Jy kan my skakel by 011 618-2554 dan kan ons sien wat dalk die fout is.
Groete
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 8:40 am
by Sakkie Rust
More Rupert
Defnitief nie lug beweging nie .
Dit lyk vir my of die battery nie wil laai nie , ek hou hom heeltyd op krag , soos die backlight aan en af gaan wys die battry hys vol en dan weer leeg . Ek het n video as ek dit vir jou op whatsapp kan stuur kan jy self loer . Ekt ook geen gewiggies saam gekry vir kalibrasie nie .
My nommer 0824740153
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 8:46 am
by RUPERT
kontak jou nou Sakkie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 9:20 am
by ruaanb
RUPERT wrote:kontak jou nou Sakkie
More Rupert,
Ek het met die laaste 2 keer se laai ook 'n snaakse probleem gekry.
Eersteens setup:
Stewige tafel in aparte kamer met deur wat toe is.
Vensters is toe.
Skaal is waterpas en stabiel - geen beweging.
Battery is volgelaai.
Skaal staan vir 30min aan voor ek begin laai.
Tweedens:
Ek kalibreer eerste. Nou 2 keer gekry dat kalibrasie met 15gram uit is op 150gram met gewiggies soos deur julle verskaf.
Ek sit dan skaal af en restart weer en dan is hy reg.
Ek tar dan met leƫ pannetjie en gooi eerste lading.
hier by die 5de/6de lading as ek pannetjie terug sit dan drift dit ewe skielik erg na enige kant toe.
Reset alles van voor en dit gaan weer goed vir 'n rukkie.
Dit het nou die laaste 2 keer gebeur. Geen rekenaars,selfone,buisligte,etc naby nie.
Groete
Ruaan
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 9:35 am
by RUPERT
Manne ek sal julle dalk beter kan help as julle my dalk kan bel op kantoor 011 618 2554. Ruaan daar is soveel faktore wat kan ly dat jou kalibrasie so uitgaan.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 12:02 pm
by joe rocket
My Gen 5 laai ek met selfoon buis ligte en radio aan. Alles van 500mm tot 3m weg geen invloed op skaal nie.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 12:08 pm
by RUPERT
Hi Joe
Ek het maar ook op die forum gelees dat die manne praat van selfone,buis ligte en radios wat steurings op skale gee.
Baie jare terug het die ou selfone en twee rigting radios veroorsaak dat die skaal mal gaan afv die sein maar ek persoonlik
kan nie onthou wanneer laas ek dit gesien het nie. En ek werk al 22jaar met skale
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 12:39 pm
by ruaanb
Dankie vir die skakel Rupert. Ek glo ons gaan reg kom.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 3:19 pm
by joe rocket
RUPERT wrote:Hi Joe
Ek het maar ook op die forum gelees dat die manne praat van selfone,buis ligte en radios wat steurings op skale gee.
Baie jare terug het die ou selfone en twee rigting radios veroorsaak dat die skaal mal gaan afv die sein maar ek persoonlik
kan nie onthou wanneer laas ek dit gesien het nie. En ek werk al 22jaar met skale
Die scalerite nounet by n pel getoets en geen buislig, selfoon en radio het n invloed oor hoe akkuraat dit weeg nie. Die skaal weeg 100% reg en dit is met n chargemaster getoets. Die chargemaster het wel n bietjie "gedrift" maar nie die scalerite nie.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue Jul 10, 2018 3:53 pm
by RUPERT
Dankie Joe vir die woorde. Ek het nou weer die teenoorgestelde gaan doen met twee chargemasters en n NHB.
En ja ek bly maar met wat ek het.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 10:55 am
by RUPERT
Hi Manne
Net uit naskurigheid sal ek graag wil hoor wie van julle nog die skaal gebruik en
is julle nog gelukkig met die skaal.
Ek hoop maar die terugvoering gaan positief wees en nie my kop in skaamte laat sak nie
Groete
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 11:08 am
by Rudi Fischer
Nou nie die 150 nie
Maar ek kan eerlik waar se, my NHB 600 het al duidende lood kerns en koeels geweeg en werk soos n bom.
Beste belegging wat ek in Spoor Bullet Company kon gemaak het.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 11:57 am
by ruaanb
Ek laai Nogsteeds met my nhb-150. Geen probleme nie.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 12:34 pm
by Flip Groenewald
Middag Rupert
Wat is jou prys vir die skaaltjie op oomblik.
Groete
Flippie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 12:57 pm
by RUPERT
Hi Flippie
R4650 excl vat
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 1:44 pm
by Flip Groenewald
Sal met jou gesels dankie
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 3:56 pm
by Geno
Myne loop nog soos 'n jet. Ek gaan net sy battery een of ander tyd vervang.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Tue May 13, 2025 4:04 pm
by RUPERT
Dankie Geno. 10jaar se diens dink ek persoonlik vir n skaal wat al amper soos n consumable in ons land is, is
goed.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Wed May 14, 2025 8:56 am
by Monster
Myne loop ook al vir amper 10jaar, moet ook net die battery vervang. Ek het wel agter gekom dat ek dit moet aansit tenminste 2ure voor gebruik of die zero drift.
Re: Scalerite Micro NHB 150
Posted: Wed May 14, 2025 9:02 am
by Monster
Monster wrote: Wed May 14, 2025 8:56 am
Myne loop ook al vir amper 10jaar, moet ook net die battery vervang. Ek het wel agter gekom dat ek dit moet aansit tenminste 2ure voor gebruik of die zero drift.
Ek wens net mens kon die skaal met 'n auto trickler gebruik.