Page 3 of 5
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Fri Sep 18, 2015 10:58 am
by dawiec
wag vir die Kaptein se approval
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Fri Sep 18, 2015 11:23 am
by Gawie(13mm)
dawiec wrote:wag vir die Kaptein se approval
Saam met Dawie staan ons nou op 75.
Manne, onthou om jul keuses voor vannaand se afskop te maak.
Moet nou nie kom huil en sê jy het nie geweet nie. Dit sou lekker wees om 100 man te hê, maar ek is seker dat een of twee man na rustyd vannaand gaan wakker skrik.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Fri Sep 18, 2015 12:25 pm
by dawiec
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Fri Sep 18, 2015 12:59 pm
by Philip_R
Gawie(13mm) wrote:FHM wrote:
Wonder wie is so braaf om homself Jonathan Kaplan te heet...?
Is die man homself. Jy ken miskien 'n paar spinnekoppe, maar ek ken 'n paar manne wat ken van.
Nee Pella, ek grap sommer. Superbru laat jou toe om 'n paar celebs se keuses te sien. Dit reflekteer egter nie op ons telkaart nie.
Ek het hom en Werner Swanepoel op gesit vir interessantheid.
Gelukkig sê jy "celebs" en nie "experts" nie, ou Kaplan is een van die groot voorstaanders van sy eie reels interpreteer en nie die reelboek lees en dit wat daar staan blaas nie.
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Fri Sep 18, 2015 3:41 pm
by FHM
Ek sien die houtlepel vir ronde 1 is Grootfontein toe...
Hy was amper in Tsumeb hoor....

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 21, 2015 5:10 pm
by Gawie(13mm)
Supacow tel al weer die velle voor die bokke geskiet is.
Ons gee jou die een. As ek nou net die Japs "ge-back" het in plaas van om hul te spot, so ek nou bo-op die mishoop gestaan het

.
Ons laat sak ons koppe ook nou vir 'n minuut van stilte vir ene Mnr. Pille, wat nie net moes toesien hoe die Bokke verloor en hy die houtlepel vat nie, maar sy Blou Kalfies het weer in die hek geduik op Nuweland.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 10:55 am
by Piet Pille
Nouja, nou moet Namibia net nog wen dan het ek 'n comeback of note van 2 weke terug waar ek heel laaste en houtlepel was na rondte 1....
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:04 am
by Supacow
Supacow het al 3 wat in die koelkamer hang. Die vellestoor raak ook nou bietjie vol. Wil iemand nie bietjie oorvat?
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:07 am
by Supacow
Supacow verneem ook daar is weer fout met die posdiens aangesien Week1 en 2 se pette nogsteeds nie afgelewer is

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:25 am
by Gawie(13mm)
Supacow wrote:Supacow verneem ook daar is weer fout met die posdiens aangesien Week1 en 2 se pette nogsteeds nie afgelewer is

images-2.jpg
images-2.jpg
Daar hy!!!
Jy verdien dit maat!!!
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:26 am
by Gawie(13mm)
Piet Pille wrote:Nouja, nou moet Namibia net nog wen dan het ek 'n comeback of note van 2 weke terug waar ek heel laaste en houtlepel was na rondte 1....
Van zero tot hero!!!!!!
"Piet Perfek", sou ek sê.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:32 am
by Supacow
Supacow wil net vir 13mm bedank vir die voortreflike ontwerp van die nuwe geelpet. Sal maar die Jaracal logo soos met Die Bokke op die mou moet dra.
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 11:37 am
by Gawie(13mm)
Supacow wrote:Supacow wil net vir 13mm bedank vir die voortreflike ontwerp van die nuwe geelpet. Sal maar die Jaracal logo soos met Die Bokke op die mou moet dra.
Gedog jy sal daarvan hou!

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 12:09 pm
by Piet Pille
Gawie(13mm) wrote:Piet Pille wrote:Nouja, nou moet Namibia net nog wen dan het ek 'n comeback of note van 2 weke terug waar ek heel laaste en houtlepel was na rondte 1....
Van zero tot hero!!!!!!
"Piet Perfek", sou ek sê.

Meer iets soos"Piet 'Flash in the pan" Pil"......
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 1:21 pm
by FHM
Goeie blik%$#% ek sien nou eers hoe het Piet geklim met 54 posissies!!!
Jy moet scores lock voor die games, nie as hulle klaar issie!
Baie goed gedoen ou Piet wragtig!

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 2:40 pm
by PWV
FHM wrote:Goeie blik%$#% ek sien nou eers hoe het Piet geklim met 54 posissies!!!
Jy moet scores lock voor die games, nie as hulle klaar issie!
Baie goed gedoen ou Piet wragtig!

You never know what the ape can does!

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 3:11 pm
by Piet Pille
Nou moet die Biltongboere net daai klomp pynappelvreters trap
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Sep 28, 2015 3:19 pm
by Gawie(13mm)
Piet Pille wrote:Nou moet die Biltongboere net daai klomp pynappelvreters trap
Ek sal darem self erg in my noppies wees as die Biltong boere die eiland manne karnuffel. Ek reken dat as hul by hul strukture bly en die manne nie onder hul velle inkruip nie, my Superbru punte heel skaflik sal lyk na rondte 3.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Thu Oct 08, 2015 7:42 am
by JDKey
Ek sien superbru het die verkeerde namibia georgia telling op, laat my goed lyk vir n ruk

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Thu Oct 08, 2015 8:01 am
by Gawie(13mm)
JDKey wrote:Ek sien superbru het die verkeerde namibia georgia telling op, laat my goed lyk vir n ruk

Dankie tog, ek dag ek droom.
17-16 vir die "Kashvilli's"

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Thu Oct 15, 2015 8:21 am
by FCLoretz
So ons is 3 weke weg!!! Wie gaan bo eindig?
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Thu Oct 15, 2015 8:47 am
by Gawie(13mm)
Ek sien daar is 'n paar manne wat die dobbelsteen gegooi het vir die rondte.
Ek het self by een van die wedstryde gewaag en gaan lang trane huil of juig.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Thu Oct 15, 2015 9:05 am
by JR68
Eerste verrassing gaan wees Franse teen NZ.en tweede een Argentinia vs Ierland
Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Oct 19, 2015 12:02 pm
by Gawie(13mm)
Gawie(13mm) wrote:Ek sien daar is 'n paar manne wat die dobbelsteen gegooi het vir die rondte.
Ek het self by een van die wedstryde gewaag en gaan lang trane huil of juig.

Ek kan darem vanoggend glimlag.
Die Argentyne het my darem nie "gedrop" nie.
Ek sien die manne wat reeds vir die semi's gekies het is erg verdeeld oor die uitslae. Die tellings lyk ook heel konserwatief, behalwe een lid wat reken die AB'S gaan ons stamp met 70 punte.

Re: Superbru - Jaracal RWC 15
Posted: Mon Oct 19, 2015 12:47 pm
by JR68
Daai man het seker dagga gerook.Bokke BO