Page 3 of 5
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Tue Jan 19, 2016 11:54 am
by Monster
JanH wrote:Fanta300 wrote:Hallo Jan
Het jy dalk al 'n prys uitgewerk net op die "Chassis" sonder die drom?
Goeie more oom Fanta,
Ek het nounet gou 'n prys uitgewerk, die koste vir die "chassis" alleen is R1500.00
Ek is 100% bereid om die "chassis" alleen te verkoop - Ek sal dan net nie die rollers aan die aste vasplak nie sodat jy kan verseker dat hulle skouertjies van die rollers mooi oplyn met jou drom se loopvlak.
EK het die selfde drommetjie klaar gekoop. Sal jy my op die lys sit vir 'n chassis ook asb?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Jan 22, 2016 8:43 am
by JanH
Goeie more almal,
Ek wil net noem dat vandag die laaste dag is wat julle tumblers kan bestel vir die rondte.
Stuur gerus 'n PM of kontak my oor WhatsApp (082 316 4312)
Groete,
JanH
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Jan 22, 2016 11:50 am
by JacquesT (Stompe)
JanH wrote:Goeie more almal,
Ek wil net noem dat vandag die laaste dag is wat julle tumblers kan bestel vir die rondte.
Stuur gerus 'n PM of kontak my oor WhatsApp (082 316 4312)
Groete,
JanH
Hi Jan Hendrik,
Het jy toe vir my prys uitgewerk om jou basies bietjie langer te maak om my drom te kan vat?
Groete
Jacques Theron
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Jan 22, 2016 12:07 pm
by JanH
[quote="JacquesT (Stompe
Hi Jan Hendrik,
Het jy toe vir my prys uitgewerk om jou basies bietjie langer te maak om my drom te kan vat?
Groete
Jacques Theron[/quote]
Hi Jacques,
Ek het jou misverstaan, ek het nie besef dat jy soek 'n spesiale basis nie. Dis nou bietjie laat vir my om kwotasies aan te vra vir dit maar ek sal 'n prys van R1700 vasmaak vir so 'n langer basis.
Groete,
Jan Hendrik
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Jan 22, 2016 3:19 pm
by JPS
Hello JanH,
Betaling gedoen vir chassis, soos per pM bespreek.
Groete
Jan
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Jan 28, 2016 10:57 am
by minerva10210
Ai, ek sien ek het nou 'n baie nice deal gemis!
EK gaan 'n skoot in die donker vat hier, en vra of jy weer 'n batch sal doen later?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Jan 28, 2016 11:01 am
by JanH
minerva10210 wrote:Ai, ek sien ek het nou 'n baie nice deal gemis!
EK gaan 'n skoot in die donker vat hier, en vra of jy weer 'n batch sal doen later?
I Minerva, ja ek beplan om weer 'n rondte te doen sodra die een afgehandel is.
Groete,
JanH
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Jan 28, 2016 12:04 pm
by Jean Marais
Hllo Jan
My deposito ook betaal op 'n chassis.
Watter mates van my drom benodig jy. Ek het een van FrancoisV se dromme.
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Feb 25, 2016 5:32 pm
by JanH
Dagsê almal,
Ek wil net 'n update gee oor die tumblers:
- My laser cutting mense het my kwaai in die steek gelaat so ek is nog heeltyd besig om catch-up te speel...
- Die drommetjies is klaar aanmekaar gesweis en hulle is nou by die ruberising, die ou het my vandag laat weet hulle behoort vroeg in volgende week klaar te wees.
- Dan moet ek net finale assembly doen en check dat alles 100% is dan behoort ek teen middel volgende week die drommetjies te kan aflewer.
As enige iemand enige vrae het dan is julle welkom om my enige tyd te PM, sms of bel
Groete
JHP
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Sat Mar 05, 2016 12:20 pm
by Monster
Hoe gaan dit Jan?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Mon Mar 07, 2016 7:30 am
by Heinds
JanH, het jy vir ons enige nuus?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Mar 17, 2016 2:14 pm
by JanH
Dagsê almal,
Jammer dat ek bietjie lank terug iets hier geplaast, ek was so besig om tumblers te bou dat ek nie eers tyd gehad het om Jaracal te lees nie.
Ek het 'n hele klomp tumblers klaar, die manne wie voor einde Januarie bestel en deposito betaal het kry eerste keuse, as jy 'n laatkommer was moet jy nog so 'n week of twee vasbyt.
Ek het nou al begin om vir van julle PM's te stuur, as jy nognie 'n PM ontvang het nie kontak my asb by 082 316 4312 dan maak ons reelings vas, soos vroeër genome is ek bereid om hulle af te lewer in Pretoria en Centurion.
Ek hoop ek kry nou sommer die geleentheid om 'n klomp van julle te ontmoet.
Groete,
JanH
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Mar 18, 2016 5:33 pm
by Mukiwa
Plaas asb n foto van een van die voltooide masjiene.
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Mar 18, 2016 6:43 pm
by Gawie(13mm)
Mukiwa wrote:Plaas asb n foto van een van die voltooide masjiene.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/2016-03-18%2018.40.47_1.png
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Mar 18, 2016 6:48 pm
by Pappabeer
JanH,
Jy het n PM. Ek soek graag n tumbler as jy nog het.
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Mar 18, 2016 6:54 pm
by Monster
JanHendrik! Baie dankie. Hy loop soos n trein!
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Fri Mar 18, 2016 7:03 pm
by Mukiwa
Gawie(13mm) wrote:Mukiwa wrote:Plaas asb n foto van een van die voltooide masjiene.
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/2016-03-18%2018.40.47_1.png
Gawie,
Baie dankie maar as jy net twee posts verder lees (nie te moeilik nie), op dieselfde bladsy, sal jy sien dat hy die ontwerp verander het.
Groete,
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Tue Mar 22, 2016 8:34 pm
by stoffelpantoffel
JanH wrote:Ou doppe wat my boet in die veld opgetel het:
Voor
21.jpg
en Na
22.jpg
Sommer net 'n hele klomp 223 doppe op my droograkkie
23.jpg
Hi Jan.
Waar kan mens daai staneless steel pin media aan hande kry. Het my eie tumbler gemaak en kry nerens media nie.
Groete
Stoffel
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Wed Mar 23, 2016 6:50 am
by Spanner
Kontak die ouens :
B J Oberholzer cc
bjober@mweb.co.za
Telephone 021 461 7370
Fax +27 21 465 3350
Email
bjober@mweb.co.za
ADDRESS: NO.4 SPIN STREET (CNR PARLIAMENT STR) 3RD FLOOR CHURCH SQUARE BLD, CAPE TOWN, South Africa
Hulle verkoop dit in 1kg plastiek bakkies. Dis 1.5mm deursnee en ongeveer 10mm lank.
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Wed Mar 23, 2016 6:50 am
by Riebeeker
Safari & Outdoor verkoop dit.
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Thu Mar 31, 2016 8:36 am
by Toyrsi
Wanneer gaan daar weer beskikbaar wees?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Wed Apr 06, 2016 5:17 pm
by Bees
Ek het gepm - stel ook belang
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Tue Jun 14, 2016 8:33 am
by minerva10210
JanH wrote:minerva10210 wrote:Ai, ek sien ek het nou 'n baie nice deal gemis!
EK gaan 'n skoot in die donker vat hier, en vra of jy weer 'n batch sal doen later?
I Minerva, ja ek beplan om weer 'n rondte te doen sodra die een afgehandel is.
Groete,
JanH
Hi JanH
Ek staan nogsteeds in die ry as jy weer 'n batch van die outjies gaan uitsit

Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Sat Aug 20, 2016 11:56 am
by Jackalsniper
Se my wat is die rede hoekom die drom 6 kantig is implaas van rond?
Re: Tuisgemaakte Rotary Wet Media Tumbler
Posted: Sat Aug 20, 2016 3:12 pm
by Gawie(13mm)
Jackalsniper wrote:Se my wat is die rede hoekom die drom 6 kantig is implaas van rond?
Sodat die doppe kan tuimel in die drom. Andersins gly hul net saam met die media en bly "onder" in die drom lê. Wanneer jy "vlerkies" inbou soos by 'n sement menger is daar weer die geneigdheid om die bekke van die doppe in te duik as hy vinniger as 30 rpm loop.