Page 3 of 3
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Sun May 08, 2016 12:29 pm
by Ratel
wlm wrote:Dehacked
Die prokureurs kan help maar die wet maak voorsiening vir 'n 50/50 verdeling van onkostes met die oprig of herstel van grensheinings. Daar is sekere voorskrifte rondom kennisgewing en so meer maar die middelvinger gaan nie werk nie.
Gee daai buurman kans, as hulle sy koeie begin vreet as hulle le^ om te kalf of sy kalwers vang gaan sy pyne begin.
Jassie se filosie is die enigste doeltreffende metode om die geveg te wen. Beperk sy beweging, werk saam aan die problem en maak hulle dood.
En hierdie is nie 'n mooi gesig nie. Veral as die koei die volgende oggend so verniel is en lewendig van agter gevreet is dat jy haar moet skiet.
Ons het so 'n buurman wie glo los maar die jakkalse. Probleem is dat van die neste op die ou se grond is. Nodeloos om te se die jakke kom van sy grond en vang skaap by ons.
Ek sal graag van die Prof wil weet watter metodologie hy gevolg het om te bepaal dat jakkalse groter werpsels kry en dan waar en vir hoe lank sy studie gedoen het vir sy tesis. Ook sal ek wil weet met hoeveel skaap boere hy onderhoude gevoer het (mense wie die probleem eerste hands beleef) en wat sy gevolgtrekking was oor hulle terugvoer.
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Sun May 08, 2016 12:42 pm
by Dawie
Ek wonder of dit nie weer 'n tipe "Bothma Report" is soos Capenature destyds laat doen het. Sogenaamde "desktop study". ??
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Sun May 08, 2016 1:18 pm
by Dawie
"People become more steadfast in their beliefs when confronted with data that contradicts those beliefs"
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Thu May 26, 2016 9:28 am
by honda2
Net ter inligting vir ons dommes - hoe help donkies om jakkelse weg te jaag? Doen hulle dieselfde aan rooikatte?
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Thu May 26, 2016 10:32 am
by Louis102
Dink donkies as voorsorgmaatreƫl sus slegs die gewete van Slimjanne. Ek grens aan 'n hervestigingsplaas met 'n hele klompie donkies en die jakkalse floreer daar. As onsin mooi oortuigend as die waarheid verkoop word en genoegsaam herhaal word, raak dit later sommer "feite".
Re: Rooijakkals pypkan jagters
Posted: Thu May 26, 2016 10:39 am
by Fishaman
honda2 wrote:Net ter inligting vir ons dommes - hoe help donkies om jakkelse weg te jaag? Doen hulle dieselfde aan rooikatte?
Daar loop 3 donkies in een kamp waar ek gereeld jakkalse skiet....
Ons hoƫveld jakkalse het seker nog nie die memo gekry dat hulle nie mag loop waar daar donkies is nie.