Re: ROOIKAT HOK STEL TIPS:
Posted: Thu May 07, 2026 9:17 pm
Ek het al menigte groot katte in kleiner hokke gevang, maar almal met trap plate. Die trap plaat se eie gewig moet hek kan laat val en dit is hoekom ek daai nylon waster met n nylock moer in die meganisme ingebou het sodat die wrywing opgestel kan word en daar bly. Ek vat n 2 liter coke bottel aan n tou en sit hom op die trapplaat en draai nut eers vas en dan losser tot bottel plaat laat sak. Try n viskop in daai hok van jou dalk byt n aan hom of skuur hy hopelik teen hom dat hy hek laat val.