Page 3 of 41

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sat Aug 06, 2016 7:40 pm
by PWV
Viking, sien jy het soos 'n goeie landsburger gestem!
Maak jy een van hierdie haakmessies wat so lekker werk om 'n bok se buikvel oop te sny?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sat Aug 06, 2016 11:30 pm
by JTM
Julle manne deel lekker inligting, baie dankie.

Ek gaan my Joseph Rodgers projek eers voltooi en kyk hoe dit verloop. Het my materiaal vir die hef gekry, kort net die tyd om daarmee te begin.

Het stukkie Diamondwood gekry en stukkie G10.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 07, 2016 7:15 am
by henning
JTM wrote:Klink my die pap is nie die sous werd nie.

Ek dink om dan eerder 'n paar blanks by kmts te kry om mee te begin. Daai blanks neem ek aan is nog nie verhard nie en sal ek dit moet laat doen as ek tevrede is met die produk. Laat verhard mens dit voor jy finale snyvlak slyp? M.a.w. op so 99% voltooide lem?
As die snyvlak van jou mes te dun is dan kan dit buig of brand gedurende die verharding prosses, dus moet jy ek skat so halwe na een millimeter meteriaal los voor verharding.

Groete
Henning

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 07, 2016 10:01 am
by Arnold
Julle praat van die materiaal wat so goedkoop is en dit is hoe ek dit verataan. Hoekom gebruik mesmakers dan nie meer gereeld beter staal soos M390 nie en as hulle doen skiet die koste op?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 07, 2016 11:03 am
by Viking
PWV
gut-hook-real.gif
Jy verwys na die "gut hook" of "belly ripper".

Ek het n gekoopte een wat baie lekker werk. Die moeilikste is om die ripper skerp te hou - verg maar baie geduld met n ronde vyl.

Ek sou nie een uit rolsaaglem maak nie...die lem is te dun.

N690 sou goed werk

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 07, 2016 8:14 pm
by Blesbok
Wou al baie dit probeer... Lyk mooi sal bietjie oefen.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 08, 2016 9:38 pm
by JTM
Het so rapsie vryetyd gehad en begin met die hef van my projek. Eers begin met die skerm stuk. Dit vat nogal tydjie.
14706850898461.jpg
14706850736070.jpg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 09, 2016 6:03 pm
by henning
Arnold wrote:Julle praat van die materiaal wat so goedkoop is en dit is hoe ek dit verataan. Hoekom gebruik mesmakers dan nie meer gereeld beter staal soos M390 nie en as hulle doen skiet die koste op?
Arnold ek ken nie die staal wat jy hier noem nie maar, my vermoede is dat die staal heelwat harder is om mee te werk dus meer tyd vat en sal dan so ook n duurder mes wees.
Mes maakers hou van staal wat nie te moeilik is om af te werk nie.

Groete
Henning

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 09, 2016 6:20 pm
by Dries101
Arnold ons is baie beperk met staal in SA. M390 is n "great" staal maar werk moeilik en maak moeilik skerp en is nie altyd beskibaar nie en as dit is nie noodwendig in die dikte wat n mens soek nie. En is dit is erg duur.
Die beste wat mens redelik gemaklik kan kry is rwl34 maar as ek n n690 blank vergelyk in 4 mm gaan n rwl34 blank my seker 3-4 keer meer kos.
Die messe wat ek huidiglik werk kos so 150 vir die blank en sal my so 500-600 kos per blank in rwl34. Ongelukkig is die meerderheid mense in S.a nie gespin oor die staal nie en sal om val as n mes wat ek vir 1500 verkoop nou skielik oor die 2k kos net oor die staal.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 09, 2016 6:29 pm
by henning
Dries, wat in jou opinie is die beste stainless staal vir n mes wat lank gaan skerp bly?
Praat nie van moeilik skerp maak en daai dinge.

Groete
Henning

Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 09, 2016 6:34 pm
by Dries101
Wat ons hier kan kry seker m390 en van oorsee af seker cpm s90. 01 tool steel as jy forge. Maar ek moet by se- die heat treatment is alles. En ek dink nie hiers ouens local wat daai staale onder die knieg het nie- dis nou die cpms90

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:42 am
by Viking
Before en after....satisfaksie!!!

Alles is nie 100% nie, maar die oefening kos my nie baie geld nie!

Nou moet ek net meer geduld beoefen met die "bevel" proses


Before.jpg
After.jpg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 3:53 pm
by JTM
Het jy al so bevel grinding jig gebou soos in daai video bo?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 4:11 pm
by Viking
Jannie,

Ek het die 90 grade jig gemaak, maar nog nie my grinder se blad weerskante langer gemaak nie. Sodra ek daaraan aandag gegee het sal die bevel slypery meer konstant raak.

Sover was dit nog vry hand...

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 7:18 pm
by JTM
Ek wil ook nog daai grinder bed mod bou.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 7:33 pm
by henning
Mes maak is nie elke man se mater nie maar as jy hom het is dit baie bevredigend.
Ek sukkel en probeer ook maar en het regtig baie respek vir die manne wat dit vryhand kan doen.
Maar dit bly lekker.

Groete
henning

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:31 pm
by joe rocket
Hier is 'n foto van Heinz se belt skuurder wat hy self gebou het. Hy sal netnou kom vertel.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:56 pm
by ruaanb
Daai deng lyk soos 'n F1 engine!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 10, 2016 10:04 pm
by Jurgen Visser
joe rocket wrote:Hier is 'n foto van Heinz se belt skuurder wat hy self gebou het. Hy sal netnou kom vertel.
Hy doen reeds goed met daai masjien hoor 8)

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 10:09 am
by 243Songdaug
Nice masjien Heinz. Myne sal seker so binne die volgende 2 maande land dan kan ek ook so bietjie speel, Dries101 - dankie vir jou raad, ek waardeer.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 3:02 pm
by PWV
As hy die masjien nie gebruik om te skuur nie, gebruik hy hom om R100-note mee te druk - uiters veelsydig! ;)

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 3:08 pm
by Heinz Petersen
243Songdaug wrote:Nice masjien Heinz. Myne sal seker so binne die volgende 2 maande land dan kan ek ook so bietjie speel, Dries101 - dankie vir jou raad, ek waardeer.
Watter masjien het jy bestel. Ek het ook na die beltgrinders gekyk oorsee, maar daai goed kostebaie. Ek het maar self gemaak en het ook nou vir my die "jig" gemaak om die lemme vas te klamp. Dit werk nou 100%

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 4:23 pm
by Johan Nel
Uiters netjiese stukkie werk Heinz! Die verstelbare arm kan in of uit stel, maar lyk of dit ook kan verstel wat betref die hoek van die belt teenoor die werksblad. Sien ek dit reg?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 5:20 pm
by 243Songdaug
Heinz ekt vir my by Herbst knive makers 'n three wheel belt grinder bestel.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 11, 2016 6:20 pm
by Dries101
243Songdaug wrote:Heinz ekt vir my by Herbst knive makers 'n three wheel belt grinder bestel.
Daai goed is baas