Page 3 of 4
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 2:45 pm
by Gerhardu
Gian_dP wrote:Gawie(13mm) wrote:Ek het bietjie met Quickload gespeel en die 7mm SAUM lyk na die wenner.
99.8% dopvulling met S385.
100% verbranding.
175gr Hornady ELD-X teen 2990vt/sek. Ek het nie van die swaarder koeëls in my verouderde data basis nie
Volgens Strelok sal bogenoemde by 1450m transonies gaan en teen 1600m teen 'n "beskeie" 1130vt/sek draf.
Jy behoort darem die staal te kan kiellie met 681 Joules se energie as jy 60.2 MOA verstelling in jou telleskoop het.
Daar is moes hoeka n "skrynwerker" in die Paarl wat so een het. Dink hy skiet 180gr hybrids teen omtrent daai spoed.
Nou laat hy n bietjie meer vertel van sy roer en meer detail gee oor die kaliber met n paar fotos.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 2:58 pm
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote:Johan is in Wellington en hy slaan ook plankies aanmekaar.
Hy het meer roere as wat ek skroewe in my fabriek het.
Die beste van als is dat hy nogal uitmaak van die skiet storie.
Ek het al gehoor van Johan, nog nie ontmoet nie. Moes seker gese het "skrynwerker" , ek het verwys na Eben.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 2:58 pm
by joe rocket
Rite 300 Norma Magnum bo aan lys. 230 grein sal mooi loop. Ons poeiers is die probleem.
300Wsm sal beste werk met ons poeiers en is die goedkoopste om te dryf 215 gr sal mooi loop.
Nou vir die tameletjie watter 7mm.
7mm Shehane
7mm SAUM
7mmLRH
300wsm-7mm
195gr ELD.
HELP asb manne. Sal graag n 7mm wou he.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 3:17 pm
by Supacow
Straight 284?
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 3:21 pm
by LoopSoosStroop
7 mm SAUM no contest.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 3:22 pm
by Gerhardu
Eerlik sou ek gegaan het soos volg.
-300 Norma Mag
-7mm LRH
-7mm SAUM
Die Norma Mag is vir my persoonlik nog die beter opsie en daar is soveel gr punte om van te kies.
Hoop dit help.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 4:44 pm
by Gawie(13mm)
Ek mors my tyd.
Jason, jy het mos QL. Wat sê die syfers?
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 4:48 pm
by Jurgen Visser
Gawie(13mm) wrote:Ek mors my tyd.
Jason, jy het mos QL. Wat sê die syfers?
Weet hy hoe om QL te gebruik daarvoor ??

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 4:57 pm
by Andre308
Ek kan nie glo dat ou skiet maat nognie die 280AI, waarmee hy sy 180gr Bergers Hybrids mee stamp, hier kom promote het nie...
Ek is nie n 7mm man nie, en ek hoop nie hy lees wat ek hier skryf nie, maar daai kaliber en koels saam, en jy hoef amper nie jou turrets te draai nie so vlieg daai combo!!!
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 5:25 pm
by joe rocket
Jurgen Visser wrote:Gawie(13mm) wrote:Ek mors my tyd.
Jason, jy het mos QL. Wat sê die syfers?
Weet hy hoe om QL te gebruik daarvoor ??

Ek het ja maar o Hel weet nie lekker hoe nie.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 5:38 pm
by Gawie(13mm)
Dit is wat ek en Kaptein en Wouter reeds vir jou gedoen het, maar soos 'n regte Kaapse jong glo jy mos die manne wat die hardste skree.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 5:52 pm
by Andre308
Gawie(13mm) wrote:Dit is wat ek en Kaptein en Wouter reeds vir jou gedoen het, maar soos 'n regte Kaapse jong glo jy mos die manne wat die hardste skree.

Ek gaan vir my ook QL koop, en dan oom Kassie se dvd... Ek sal met die oom Kassie metode vir julle n kaliber roep wat n 230gr 30cal koel kan gooi met ons kruit teen 4000ft/sek... Sonder druk
Gebruik sommer n koel wat deur bome kan skiet ook.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 6:09 pm
by Supacow
Hoe weeg n 280ai op teen n 284. Doppe klink my is heelwat makliker so man kan tyd op die baan spandeer ipv in die herlaaikamer
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 6:29 pm
by joe rocket
OK my foon in vir regmaak en Rekanaar het ook gekalf.
So ek kan nie eers op Strelok kyk nie.
Die kaliber gaan nou n 7mm wees.
Ek moet net gaan kyk wat maak n 195gr ELD
1. 7mm SAUM
2. 7mm LRH
Dankie vir almal se hulp sover. Ek is baie impulsief en maak foute waaroor ek later spyt is. So met hierdie roer wil ek nie verkeerde besluite maak nie. So met die huidige kruit is 7mm my keuse. Nou moet ek besluit oor nr. een of twee hier bo.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 7:08 pm
by DawieKotze
joe rocket wrote:Hier by Durbanville is n ou wat n 30-378 het Ruaan het al saam hom geskiet. Dit is n monster. Wonder wat se kruit hy gebruik, seker B12.7.
Nee - hy gebruik nog S385 - 92gr, 230 Berger Hybrid @ 3088 fps. Maar hy sukkel met druk en doppe wat 11.1.11! Groepe so 0.5" op 100meter.
Hy gaan beslis nog 12.7 toets en ek glo dit sal die kaliber beter tot sy reg laat kom.
Hy het ook nog 'n 338.378 wat nie sleg doen met die S385 nie
Groetnis
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 7:23 pm
by Heinz Petersen
338 Norma mag vir 284gr-300gr punte .
Aksie; Serenity large TI
Loop; Snider 1-9.3
Sneller; Bix & Andy
Kolf; Custum laminated wat ek self sal maak met aluminium bedding.
Scope; S&B electric met bluetooth
Geweersmid; Geoffrey Barrebal
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 7:43 pm
by joe rocket
Heinz Petersen wrote:338 Norma mag vir 284gr-300gr punte .
Aksie; Serenity large TI
Loop; Snider 1-9.3
Sneller; Bix & Andy
Kolf; Custum laminated wat ek self sal maak met aluminium bedding.
Scope; S&B electric met bluetooth
Geweersmid; Geoffrey Barrebal
Oudstes gaan jy so n roer bou.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 8:32 pm
by PWV
Heinz Petersen wrote:338 Norma mag vir 284gr-300gr punte .
Aksie; Serenity large TI
Loop; Snider 1-9.3
Sneller; Bix & Andy
Kolf; Custum laminated wat ek self sal maak met aluminium bedding.
Scope; S&B electric met bluetooth
Geweersmid; Geoffrey Barrebal
Kan ek 'n skoot of twee met hom kry?
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 9:50 pm
by twinhunter
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170113/5a1259526fca9d04e37f9822bbc9eb72.png
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 10:20 pm
by joe rocket
Tweeling dis n lekker bakkie roer daai vir oom Pieter. Stop die bakkie sommer langs die huis in plaas pad. Oom Pieter maak dan in n omtrek alles wat voorkom skoon. Ek is amper seker Demitri sal daai roer laaik vir "walk en stalk"

Na so n km se stap sal hy n stoere bakkie jagter word.

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 10:57 pm
by Arnold
Die ouens stoot die 180gr Hybrid teen so 2920fps met die 7mm SAUM.
As jy vêr wil skiet is daar min dinge wat die 338 LM met n 300gr Hybrid gaan klop. (Ja, hy bereik seker nie sy volle potensiaal nie maar doen steeds goed en as daai stadige dryfmiddel van Somchem of Vithavouri N570 kom is dit n perd van ander kleur)
n 30 kaliber is egter meer veelsydig en ek sou maklik n 300 WM bou vir die doel.
Kyk net mooi, jy konsentreer baie op die dryfmiddel maar die swaar 7mm en 30 koeëls kort vinnige twist lope wat nie altyd so geredelik beskikbaar is nie. (Ons sukkel maar met stabiliteit hier by die see)
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Fri Jan 13, 2017 11:41 pm
by dehacked
joe rocket wrote:Tweeling dis n lekker bakkie roer daai vir oom Pieter. Stop die bakkie sommer langs die huis in plaas pad. Oom Pieter maak dan in n omtrek alles wat voorkom skoon. Ek is amper seker Demetri sal daai roer laaik vir "walk en stalk"

Na so n km se stap sal hy n stoere bakkie jagter word.

Post van die jaar.
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Sat Jan 14, 2017 1:23 am
by joe rocket
Wyse woorde Arnold dankie vir jou goeie raad. Lope is belangrik en in 7mm is n vinnige twist loop nie altyd beskikbaar nie. Ek dink Vithavouri N570 gaan vinniger beskikbaar wees as Somchem se stadiger kruit. Ek neig so meer na die 338 Norma Magnum. Die roer sal 2 jaar neem om te bou dus sal ek my kans waag en wag vir die kruit. Ek is mal oor my 300WM dis my jag geweer daarom die 338 keuse. Ek voel nou al soos n kaliber prostituut met al die kalibers wat beskikbaar is. Weereens dankie vir almal se raad en geduld. (ons gaan later oor die loop en kolf gesels

)
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Sat Jan 14, 2017 1:44 pm
by Arnold
As jy daai pad gaan onthou dat jy vir die 338 LM lapua doppe kry ... ek sou nie verder kyk nie.
En as jy wag vir N570 sou ek sommer n 338 Lapua Improved bou wat daai 300gr sal gooi soos jy nog nooit gesien het nie!!!
Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.
Posted: Sat Jan 14, 2017 5:36 pm
by PWV
twinhunter wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20170113/5a1259526fca9d04e37f9822bbc9eb72.png
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jammer ek kan nie die foto oopmaak nie!