Page 3 of 4
Re: Swak werk
Posted: Fri Mar 30, 2012 10:19 pm
by Dirkie
Liewe ouers!!!
Ek wil nooit so kat skiet nie.
Lyk soos n nat huis kat en n vlermuis gekruis

Re: Swak werk
Posted: Tue May 15, 2012 8:38 pm
by Marc
Naands?
Die is seker nie DIE swakste taxidermy werk onder die son nie, maar as dit myne was het ek hom summier terug gestuur.
Die was 'n masiewe ou bul met 58 iets duim horings en so lekker spek nek, hy lyk nou vir my soos 'n brandsiek donkie. Sy gesig is heel buite preporsie en daai nek lyk soos die van 'n koei en nie 'n bul nie
Hulle kan bly wees dit was nie myne nie, my broer is tevrede maar dit is sy eerste trofee so hy het nie 'n idee nie
Is ek te vol bollie of stem julle saam, vir my is dit bitter hartseer dat so mooi dier so verneder moes word
Groetnis
Marc
[img width=560 height=420]
http://i1072.photobucket.com/albums/w36 ... 4-1855.jpg[/img]
Re: Swak werk
Posted: Tue May 15, 2012 8:45 pm
by vlakvark1
Stem saam
Ek sou nie eers daai kop huistoe gevat het nie. Ek het n idee wat ek met daai troefee sou gedoen het maar kom ek bly eerder stil
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 12:07 pm
by Vlakvark
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 12:20 pm
by Zack Benade
Vlakvark ek stem saam met daai een.
Daai koedoe lyk soos 'n Vrystaatse steenbokkie met koedoe hoerings op.

(Grap net)
Op 'n ernstige noot:
"n Groter nek sou die eindproduk heel anders laat lyk het. Die mount is uit verhouding met die horings. My vraag is kan die taxidermie dit nie gesien het nie of wil hy dit nie sien nie?

Jaag hy kwaliteit of jaaghy net geld ?
Ek was ook al so ingeloop en ek glo daar is baie jagters wat ook ingedoen is en stilbly daaroor.. Ek staan by standpunt---Dis 'n skande dat jagters so uitgebuit word met sulke werk. Ek was so negatief dat ek opgehou het met die trofees.

Kry 'n prokureer en vra vir skadevergoeding.

Alles vir die taxidermi se kostes.
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 7:08 pm
by vlakvark1
Dit is jammer oor die koedoekie nou so lyk maar dit is gedoen.
n Groot probleem is dat dit was n groot opwagting om die eindproduk te sien en dan kry mens dit. Dan is ons ook geneig om maar stil te bly
as dit gebeur want ons wil nie moeilik wees nie . Eintlik moet daar gekla word want dit is hardverdiende geld wat n onervare persoon in die water
gegooi het
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 7:22 pm
by Marc
10:4 Vlakkie
Manne darm is die nie myne nie, ek weet wat ek sou doen met daai "troefee".
Laat ek net s? dis gedoen by 'n ".....game lodge", Naboomspruit. Wees maar op julle hoede in daai w?reld. Ek kan nie s? hoe hulle ander "molds" lyk nie, maar 'n kudu bul kry hulle verseker nie by my nie

Tensy dit eintlik 'n mooi groot koei was
Mooiloop
Marc
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 7:43 pm
by JAGTERSREG-JRM
Alles goed en wel en die geld is terug in die sak.DIE GROOTSTE HERINNERING WAT JY VAN DAARDIE JAG KON GEHAAT HET IS VERWOES.Wens daai manne loop kramp kramp rond vir n lang tyd en elke keer as hulle n koedoe sien,hoor of eet kramp daai gat so dat hulle op hulle kniee beland.
Ek voel vir jou!!
Al wat ek se is gaan jag en maak n nuwe herinnering.
Groete
Kobus
Re: Swak werk
Posted: Wed May 16, 2012 8:40 pm
by Marc
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:
.DIE GROOTSTE HERINNERING WAT JY VAN DAARDIE JAG KON GEHAAT HET IS VERWOES.
Groete
Kobus
Dit is wat my die ....... ste gemaak het, daai horing gaan nou 'n ander bok se gesig moet dra. Dis nie meer dieselfde nie ....
Re: Swak werk
Posted: Thu May 17, 2012 8:42 pm
by douw
Marc wrote:
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:
.DIE GROOTSTE HERINNERING WAT JY VAN DAARDIE JAG KON GEHAAT HET IS VERWOES.
Groete
Kobus
Dit is wat my die ....... ste gemaak het, daai horing gaan nou 'n ander bok se gesig moet dra. Dis nie meer dieselfde nie ....
....ste , hartseerste?

Re: Swak werk
Posted: Thu May 17, 2012 8:49 pm
by Marc
douw wrote:
Marc wrote:
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:
.DIE GROOTSTE HERINNERING WAT JY VAN DAARDIE JAG KON GEHAAT HET IS VERWOES.
Groete
Kobus
Dit is wat my die ....... ste gemaak het, daai horing gaan nou 'n ander bok se gesig moet dra. Dis nie meer dieselfde nie ....
....ste , hartseerste?
Amper Douw het gister begin met 'n B maar vanaand sal H seker werk, ai die emosies darem

Re: Swak werk
Posted: Fri Jul 27, 2012 4:01 pm
by ST Man
Die katte is baie erg, ek huil my dood.
Maar daai rooikat het my laat lag dit is n nuwe spesie!!!!
Re: Swak werk
Posted: Tue Aug 07, 2012 10:47 am
by Hercules Breitenbach
Re: Swak werk
Posted: Wed Aug 08, 2012 9:05 am
by Hein (Haan)
Het nou lekker gelag, daai rooi kat lyk soos n skool taak

Dit is belaglik
Re: Swak werk
Posted: Wed Aug 08, 2012 9:30 am
by grumpy
Ek sal n prokureur gaan ek daai man dagvaar vir nog n jag en hy sal betaal vir alles maar ek sal die mount laat doen by n ander taxi! Hy sal net weer k-k aanjaag so hy betaal vir sy fout en skoolgelde!!!!
Gaan kyk bietjie verder en gebruik maar ons mede jagters, AFIKAN TANNING is een van ons eie manne en ek sal beslis na hom gaan.
Ek het reeds my vrou gewaarsku sy moet maar spaar vir n vroee of laat geskenks soos sy wil vir my verjaarsdag maar ek wil n groot Koedoe bul trofee skiet. Ek moet seker maar begin soek vir pryse en plekke ne?
As julle weet van goeie prys en plek pm my maar asb.
Baie dankie manne!
Grumpy

Re: Swak werk
Posted: Wed Aug 08, 2012 12:33 pm
by Hein (Haan)
Hier is die ergste van die ergste
http://www.totseans.com/bbs/threads/158 ... y-Failures
Kyk tot heel onder.
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 21, 2012 3:06 pm
by CarelG
Manne hoe lyk die een vir julle

Hy vat die koek! [img width=560 height=392]
http://i1216.photobucket.com/albums/dd3 ... bac984.jpg[/img]
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 21, 2012 3:49 pm
by grumpy
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 21, 2012 4:31 pm
by Pvdw
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 21, 2012 9:00 pm
by Marc

. Ek gooi die petrol in en hou sy boude oop, hou verneder mens so majestieuse dier so. Gee daai .... sommer die doodstraf
Dit breuk my hart, is hy nou gedood vir dit , ag nee man

Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 21, 2012 10:23 pm
by immelmanw
Dit is dam seker nie regtig so nie?
Re: Swak werk
Posted: Sat Sep 22, 2012 12:27 am
by Herman Venter
Hoe kan mens n besigheid he en sulke werk doen? Dit sal my mos deur mure laat hardloop as dit met my moet gebeur!
Re: Swak werk
Posted: Sat Sep 22, 2012 7:27 am
by CarelG
Weet self nie of hierdie waar is nie, het dit op email gekry

Re: Swak werk
Posted: Mon Sep 24, 2012 9:56 am
by tau
Dit lyk soos 'n Ooste mark waar hulle die vele so verkoop.
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 28, 2012 8:35 am
by BRNO (Pierre)
Hierdie is gelukkig nie my trofee nie, maar toe ek hom sien het ek dadelik n foto geneem om met my pelle hier op die forum te deel. Dit is egter verseker een van daai trofees wat sommer dadelik in die man wat die werk gedoen het se hol sou opgaan.
[img width=560 height=420]
http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... ekoede.jpg[/img]