Page 3 of 3

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Fri Oct 28, 2011 5:18 pm
by Wouter Roets
Biker

Snaakse dinge gebeur wanneer jou lewe op die spel is! Daai adrenalien kom befoeter baie mense. Maar die meeste van die tyd is dit maar skrefies oe wat nog nie baie n geweer vasgehou het nie! Die PH doen maar gewoonlik die doodmaakwerk.

Groete
Wouter

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Sat Oct 29, 2011 10:20 am
by Kallie404
Wouter,baie jammer om van jou skade te lees.My eie verlies hierdie week voel nou klein teenoor joune.Ek het so 3 weke terug by n baie goeie Bonsmara boer naby Louis Trichardt vir my n nuwe bul gekoop en donderdag sonder enige ooglopende rede het hy gevrek.Ons probeer nog bepaal wat kon gebeur het en sluit nie die moontlikheid uit dat n mamba hom dalk kon gepik het nie.Ek sal maar vir my ook n Johnny Walker moet aanskaf na hierdie slegte week!Groete

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Sat Oct 29, 2011 10:28 am
by grumpy
Jis Wouter, as ek kom kuier volgende jaar gaan Johnny ook daar wees?

Eers drink mens om te vier dan drink jy om die sorrows te versuip!
Volgende jaar ry jy die renoster bloots soos n rodeo cowboy!!!

Re: Eerste renoster gekoop!

Posted: Sat Oct 29, 2011 10:32 am
by Wouter Roets
Ou Kallie

Sterkte daar ou maat! Dit is nie lekker nie en die gebrek aan antwoorde maak mens mal! Ek het al self gedink oor die mamba ding. Kan heel moontlik wees. Kry maar die Johnny, wonderlike midesyne! ;D

Grompie as daar nie Johnny is nie is die hele jag op die huis! ;D Al probleem van Johnny is dat n mens nie so lekker ander dinge ry soos met Oom Ricky Louw nie! :o

Groetnis
Wout