Page 3 of 4
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Nov 04, 2019 10:17 am
by Arnold van Wyk
Bietjie van "topic" af, myne nie 4x4 maar wil graag sy neus uit die grond kry. Het iemand dit al gedoen, wil net die neus so 2 duim lig.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Nov 04, 2019 2:51 pm
by ruaanb
Gaan kuier by Johan by 1st Alignment Centre vir die regte advies daar in Stikland.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Nov 04, 2019 3:33 pm
by Geno
Arnold van Wyk wrote:Bietjie van "topic" af, myne nie 4x4 maar wil graag sy neus uit die grond kry. Het iemand dit al gedoen, wil net die neus so 2 duim lig.
Ek het die LA Sport Levelling kit in my 2.4 4x4. Baie netjies
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Nov 04, 2019 7:32 pm
by Trompie
Langeraat wrote:Dankie Apie, daai is goeie verbruik. Ek sal tevrede wees as ek dit kan kry.
Jy sal maklik 11km per liter kry.
Myne kry 11 min of meer as ek hom redelik hard ry
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Nov 04, 2019 8:42 pm
by Apie
Trompie wrote:Langeraat wrote:Dankie Apie, daai is goeie verbruik. Ek sal tevrede wees as ek dit kan kry.
Jy sal maklik 11km per liter kry.
Myne kry 11 min of meer as ek hom redelik hard ry
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Auto??
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Nov 05, 2019 9:01 am
by Trompie
Ja auto. Maar nie 4x4 nie.....maar as ek rustig ry kry ek nog beter verbruik.
Maar dan ry ek nie sommer oor 120km/h nie
20191105_085825_HDR.jpg
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Jun 25, 2020 11:40 am
by Arnold van Wyk
Lees nou weer van boer wat kla oor sy nuwe Legend 50 se brandstof verbruik en wil nie sleepwa in 6de sleep nie. Ek ook spyt ek het auto gekoop. hy maak my mal met terugskop tussen 5de en 6de, en as dit lyk na afdraande skop hy terug en jaag rpm op na 4000 plus. My agent se hulle kry elke dag klagtes oor dit maar Toyota se dis soos hy gemaak is.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Jun 25, 2020 1:07 pm
by savage(P Coetzer)
Die heen en weer wissel kan nogals n man se wiele pap maak maar dis n goeie ding as hy nie in 6de wil sleep nie want daar is maar baie min bakkies se ratkaste wat lang termyn sal hou as in sy boonste rat gesleep word.
Hilux 2.4 & 2.8 GD-6 brandstof verbruik
Posted: Wed Feb 07, 2024 9:51 am
by Arnold
Ek grawe nou 'n ou draad op om by die Toyota manne te hoor hoe dors hulle bakkies is.
2.4 GD-6 4x2 vs 4x4 / MT vs AT / SC vs EC vs DC
2.8 GD-6 4x2 vs 4x4 / MT vs AT / SC vs EC vs DC
Daar is so baie variante maar ek skat die grootste verskil gaan beinvloed word deur engin kapasiteit en ratkas.
4x2 vs 4x4 en single, extra of dubble cab beinvloed grotendeels die gewig wat natuurlik 'n invloed het.
Iets waaroor min mense egter praat is die verskil as dit by die eksterne ballistics kom van die bakstene. Langs die kus kry ons aansienlik swakker verbruik as op die hoëveld.
My huidige 2.8 4x4 DC met 183 kW / 592 Nm en kappie op gee my gemiddeld so 10 km/l as ek baie mooi saggies ry. Anders is 9.5 km/l meer algemeen en ek is maar min regtig haastig
Dit sou regtig nice gewees het as ek 12km/l kon kry.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Feb 07, 2024 3:54 pm
by DWB
My 2.8 DC 4x4 AT met mud terrains, replacement bumpers voor en agter en raampie met 'n trap aan die kant is hier rondom 8-8.5km en as ek baie mooi afdraend ry kom ek by 9.0km/l
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Feb 07, 2024 5:57 pm
by Koos Barnard
Ek het 'n tydjie gelede 'n 4x2, 2.4 DC Toyota gekoop met 92 000km op die klok. Sy ritmeter sê ek kry 12.2km/l teen so 110km/h maar as ek die kilometers uitwerk en die hoeveelheid liters wat ek ingooi werk dit uit op 11.1km tot 11.4km per liter.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Feb 07, 2024 6:38 pm
by Arnold
Koos Barnard wrote:Ek het 'n tydjie gelede 'n 4x2, 2.4 DC Toyota gekoop met 92 000km op die klok. Sy ritmeter sê ek kry 12.2km/l teen so 110km/h maar as ek die kilometers uitwerk en die hoeveelheid liters wat ek ingooi werk dit uit op 11.1km tot 11.4km per liter.
Die 11km/l klink inlyn met wat ek op die 2.4 4x2 DC auto gekry het. Is dit n auto of handrat model?
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Wed Feb 07, 2024 8:55 pm
by Koos Barnard
Myne is 'n handrat Arnold
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 8:04 am
by JohanvB
Het die 2020 extra cab, 2x4 auto, kry gemiddeld 12.5 km\l, hy het stage 1 remap.
Bakkie is standaard, geen kappie nie.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 9:13 am
by Koos Barnard
Kappie maak nogal 'n groot verskil. Ook gesien met my Fordbakkie. Hier in die Suid-Kaap waai die wind altyd en met dwarswinde of van voor styg jou brandstofverbruik sommer kwaai
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 9:30 am
by Capt. Yoda
Julle moet onthou om die klap oop te maak vir meer aerodynamics
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 11:36 am
by Albertdwk
Nou op my twee 2.4 auto 4x4 dc. Eerste een tot by 200 000km. Tweede een nou net oor 40 000km. Ry so 90 000km ‘n jaar. Altwee standaard spec met Alucab canopy op, Altwee steek vas by 8.1km/l, ek ry wel bietjie hard. Maar ry wel rustig as die gesin saam ry, beste oppad vakansie Balito toe 8.9km.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 12:40 pm
by Wouter Roets
Boys
As julle nou se julle ry hard, bedoel julle so 140km/h? Want as julle se vinniger as dit dan weet ons mos nou julle lieg blatant.
Groetnis
Wouter
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 9:47 pm
by jankraay
Wouter Roets wrote:Boys
As julle nou se julle ry hard, bedoel julle so 140km/h? Want as julle se vinniger as dit dan weet ons mos nou julle lieg blatant.
Groetnis
Wouter


Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Feb 08, 2024 10:46 pm
by Eduard Venter
Wouter Roets wrote: As julle nou se julle ry hard, bedoel julle so 140km/h?
Noudiedag moet ek saam met 'n ander bakkie ry iewers heen. Die man vra my toe: Ry jy ook vinnig of eerder so 140 soos normale mense
Maar terug by die onderwerp, my 2,4 gee my so 9km/l normaal en dan so 8,5km/l met jag raam op. Normaal is meestal grondpad en slegte teerpad. Cruise control 130 op mooier teerpaaie. Hy het all terrains, swaar tralies, staal bumper voor (met winch) en agter, asook high lift jack op die tralies gemonteer. So ja nie vreeslik aerodinamies of lig nie. My 2,2 Ford was bietjie swaarder op sous met min of meer dieselfde opset
Moet seker net by noem dat as die 2,4 130km/h op die speedo wys is die ware spoed 120 op die GPS. So geen wette oortree nie haha
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Feb 09, 2024 10:22 am
by Koos Barnard
Eduard, net om by jou aan te sluit oor die spoedmeter. Beide my en my broer se bakkies wys 7km/h te vinnig. Ry ek dus 120k/h is die ware spoed eintlik net 113km/h
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Feb 09, 2024 10:53 am
by DWB
Myne ook 7km/h onder wat hy wys.
Die manne wat een stap op met die bande gaan sin lees reg.
Maar dan boet hulle weer in met krag en brandstof verbuik.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Feb 09, 2024 5:13 pm
by Arnold
DWB wrote:Myne ook 7km/h onder wat hy wys.
Die manne wat een stap op met die bande gaan sin lees reg.
Maar dan boet hulle weer in met krag en brandstof verbuik.
Daai is omtrent van n 31" tot n 33" tyre. Ek skat n 33" pas seker nie sonder n lift nie?
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Fri Feb 09, 2024 9:57 pm
by Apie
Arnold wrote:DWB wrote:Myne ook 7km/h onder wat hy wys.
Die manne wat een stap op met die bande gaan sin lees reg.
Maar dan boet hulle weer in met krag en brandstof verbuik.
Daai is omtrent van n 31" tot n 33" tyre. Ek skat n 33" pas seker nie sonder n lift nie?
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Selfs al gaan jy van 265/65 na 265/70 met spacers skuur jou bande as jy skerp draai.
Nie baie spasie
My 2.4 DC Man 4x2 se gemiddeld staan so op 8.7km/l in besige tyd(dus vinnig selfs volgens Wouter se standaarde)
Rustige tyd 10.8km/l
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Sat Feb 10, 2024 6:33 am
by DWB
Ja ons almal het vol OME in.
Maar ek dink van hulle het wheel spacers op om net daai bietjie te help.
En dan ook maar Onca bullbars, dit vat ook van skuur weg