Page 3 of 3

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Posted: Mon Jun 04, 2018 1:24 pm
by Steyr270
Sou bitter graag wou sien waar holle op die spectrum/lys sou le...

Wat dink julle, Joe Rocket, jy behoort mos die produk fyn te ken..

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Posted: Mon Jun 04, 2018 1:29 pm
by joe rocket
Ek het een op die groen mamba werk bitter mooi en neem baie recoil weg aansielik sagter as ander dempers omrede die 50mm buis, maar daar is nou beter dempers op die mark.

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Posted: Mon Jun 04, 2018 4:00 pm
by Flip Nel
Het paar ouens hoor kla dat sy baffels gou verweer maar kannie praat van ondervinding nie

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: Knaldempertoetse: Die uitslae

Posted: Tue Jun 05, 2018 8:37 pm
by dehacked
Aan die begin was my Moose 'n droom. Plus minus 1200 skote later uit my 270 is hy presies die selfde as 'n no name staal suppressor wat ek verniet gekry het. Nou ja die manne by outdoor het gesĂȘ ek kan hom by hulle laat skoonmaak maar ek glo nie die bedrag wat hulle genoem het sluit 'n nuwe monocore in nie. Dit het my dus tussen 3-4 rand per skoot gekos voor ek nou serious maintenance moet doen wat heel waarskynlik naby 'n nuwe eenheid se prys sal wees. As iemand belang stel sal ek fotos plaas van hoe die baffles nou lyk.