Page 3 of 3

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Tue Jan 21, 2020 8:22 pm
by Askari
Ek het my 2018 Ranger dubbelkajuit, 2.2 XL met Ford ekstras (cruise control, allooi wiele ens) so 6 maande gelede verkoop vir 110k minder as wat ek vir hom nuut betaal het. Ek het gesukkel om 'n goeie prys te kry, maar was bereid om die groot knock te vat net om die stuk &%@ van my erf af te kry. Die bakkie was so 14 maande oud en het 24000 km op gehad. Human Auto in Bloem se diens was so pateties dat ek by die ombudsman moes gaan draai om foute op die bakkie reg te stel. Ek het 'n Fortuner in sy plek aangeskaf en my vlge skuif is Fortuner na mamma se kant vd garage en nuwe Isuzu vir my. Die handelaar se swak diens in Bloem het my genees van Ford. Nooit weer nie.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 22, 2020 12:11 pm
by PaulM
Wouter Roets wrote: Mon Jan 20, 2020 8:42 am More Manne

Kan julle asb bietjie meer uitbrei oor die kits? Waar kan n mens kry en hoe werk hulle in praktyk?

Groetnis
Wouter
Jammer, ek was 'n ruk weg van die rekenaar af.

My broer het 'n klompie van die lockup kits ingevoer uit Australië. Hierdie besending was net vir die nuwe Hilux, en die LC200. Ek hoor die
manne wat reeds die kits gebruik, is uiters tevrede.

Skakel hom gerus vir eerstehandse besonderhede: Pierre - 082 sewe agt vier 0291.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 22, 2020 2:38 pm
by Wouter Roets
Dankie Paul

Ek het nou net met hom gepraat.

Groetnis
Wouter

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 22, 2020 6:35 pm
by Andre308
johans wrote: Mon Jan 20, 2020 7:01 pm so 2jaar terug het ek en my dieselfde tyd 2nuwe bakkies gekoop,hys n toyota man en ek ford.hyt die 2.4ekstra cab gevat en ek die 2.2 ford supercab.op daai stadium was hulle prys omtrent dieselfde.
vir my is die ford se interior baie beter,lyk ook beter as die hilux met die suk tablet wat daar voor sit.

rygerief is die ford ook vir my beter,hy ry sagter

die hilux trek wel beter

as ek dit nie mis het nie is toyota duurder as ford op die stadium?dus my volgende vraag: as jy meer vir die hilux betaal moet jy mos natuurlik beter inruilwaarde kry,of mis ek iets?
Johans, klim daar onder jou Ford 2.2 in. Kyk daar onder in die uitlaat stelsel is n las plek waar 2 flanges op mekaar gebout is (jy skuif daar tussen die voor en agter wiel in). Tussen daardie 2 flanges is n metaal plaaitjie wat nie eers 1mm in dikte is nie. Dit is jou "exhaust restricter". Haal hom net uit deur die een bout van die 2 uit te haal, die ander een skiet te gee, swaai die plaaitjie uit, sit bout trug, maar nie vas draai nie, haal dan die ander bout uit, plaat val uit en sit bout trug.

Nou sal jou 2.2 se brandstof verbruik beter wees en daai 2.4 Toyots moet bont staan ++>:

En nee, daar kom geen skade nie, 3 van my kolegas ry hulle Fords so al vir baie killometers, 2 van hulle is al oor die 100 000 en hulle mis nie n dag nie.

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Wed Jan 22, 2020 7:43 pm
by johans
Andre308 wrote: Wed Jan 22, 2020 6:35 pm

dan is dit soos die hilux se "power mode"? ;D ;D

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Fri Jan 24, 2020 7:25 pm
by JK
Nuwe L50 2.8 DC gister gekry. Ry maar in ECO mode. Kan glad nie kla oor die rat wisseling nie. Al 300km gedoen :)

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Fri Jan 24, 2020 8:32 pm
by jankraay
JK wrote:Nuwe L50 2.8 DC gister gekry. Ry maar in ECO mode. Kan glad nie kla oor die rat wisseling nie. Al 300km gedoen :)
Baie geluk en veilige km’s vir jou.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bakkie koop.....?

Posted: Mon Aug 17, 2020 11:58 pm
by tgrobler
Wouter Roets wrote: Mon Jan 20, 2020 8:42 am More Manne

Kan julle asb bietjie meer uitbrei oor die kits? Waar kan n mens kry en hoe werk hulle in praktyk?

Groetnis
Wouter
Unichip doen ook die torque converter lockup. Gaan draai by Dastek.