Page 3 of 5

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed Apr 20, 2022 5:43 pm
by Frikkie Coetzee
ruaanb wrote: Mon Apr 18, 2022 4:29 pm Ek het so paar jaar gelede een van die Monkey messe gekoop wat opslag gemaak het. Daai ding is hard verby. Ek is deur n stel warthog stene net op hom in 3 maande. Ek gebruik die mes baie.
Hoe lyk hulle?

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed Apr 20, 2022 5:57 pm
by Eduard Venter
Kaptein, ek dink meeste manne praat van die Warthog V sharp. Baie vinniger as daai kontrepsie van jou.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 7:51 am
by ruaanb
Frikkie Coetzee wrote: Hoe lyk hulle?
IMG_3949.jpg

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 9:54 am
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Wed Apr 20, 2022 5:57 pm Kaptein, ek dink meeste manne praat van die Warthog V sharp. Baie vinniger as daai kontrepsie van jou.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ja ek stem ek gebruik die V met kombuis messe maar hy maak hom ook maar net skerp genoeg

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 11:01 am
by Gian_dP
Capt. Oblivious wrote: Wed Apr 20, 2022 3:15 pm Praat ons van die Warthog? Ou wat dink hys vinnig het bitter baie tyd maar daai Worksharp is netjies
Dink die manne verwys na die V-sharp
https://knifesharpners.co.za/product-ca ... lassic-ii/

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 4:22 pm
by HeinM
Askari wrote: Thu Mar 31, 2022 5:45 pm
Dumbluck wrote: Thu Mar 31, 2022 3:20 pm
BeesBreet wrote:Jammer vir die hijack. Ek al deur n paar spyderco messe, hulle clips jou eenvoudig nie. Ervaar iemand anders die selfde?


Sent from my iPhone using Tapatalk
My clip het redelik kwaai gehaak so kon verstaan dat myne afgebreek het.

Kon iemand al ander clips gekoop kry?
Ek het op 'n tyd probeer en kwaai rondgebel, ma het toe opgegee.

Enige kommersiële duikers met Atlantic Salt messe? Julle haal mos die clip af, ek sal hom koop.

Sent from my SM-G991B using Tapatalk
Probeer https://www.knifeguy.co.za/ of Whatsapp Martin op nul824405882.
Hulle het nie voorraad nie. Jy sal wel hier regkom: https://www.gjsupplies.co.za/clips.html

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 4:25 pm
by HeinM
Capt. Oblivious wrote: Thu Apr 21, 2022 9:54 am
Eduard Venter wrote: Wed Apr 20, 2022 5:57 pm Kaptein, ek dink meeste manne praat van die Warthog V sharp. Baie vinniger as daai kontrepsie van jou.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ja ek stem ek gebruik die V met kombuis messe maar hy maak hom ook maar net skerp genoeg
Hoe skerp is jou meer as skerp genoeg? 8) :confused: :D

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 4:36 pm
by Eduard Venter
Net 'n handige wenk vir die manne wat altyd 'n skerp slagding nodig het. 'n Matmes of 'n scalpel is baie goedkoop en slag net so goed of selfs beter as baie van die duur messe. Hou sommer een saam met 'n pak lemme in die bakkie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 4:55 pm
by HeinM
Ek soek so-iets vir my bos sleutels... Weet net nie waar om dit te kry nie...

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 5:46 pm
by Arnold
HeinM wrote:Ek soek so-iets vir my bos sleutels... Weet net nie waar om dit te kry nie...
Kyk by Special Armory ...
https://specialarmory.com/product/fluk-utility-knife/

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 5:54 pm
by Frikkie Coetzee
ruaanb wrote: Thu Apr 21, 2022 7:51 am
Frikkie Coetzee wrote: Hoe lyk hulle?
IMG_3949.jpg
Dankie

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Apr 21, 2022 6:09 pm
by HeinM
Arnold wrote: Thu Apr 21, 2022 5:46 pm
HeinM wrote:Ek soek so-iets vir my bos sleutels... Weet net nie waar om dit te kry nie...
Kyk by Special Armory ...
https://specialarmory.com/product/fluk-utility-knife/

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Dankie Arnold ;)

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Mon May 02, 2022 8:53 pm
by Arnold
HeinM wrote: Thu Apr 21, 2022 6:09 pm
Dankie Arnold ;)
Hier is nog een wat nou op special is wat ek vanaad raakgeloop het op die net.
https://www.rizingear.com/product-categ ... lity-tool/

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue May 03, 2022 7:29 am
by HeinM
Arnold wrote: Mon May 02, 2022 8:53 pm
HeinM wrote: Thu Apr 21, 2022 6:09 pm
Dankie Arnold ;)
Hier is nog een wat nou op special is wat ek vanaad raakgeloop het op die net.
https://www.rizingear.com/product-categ ... lity-tool/
Baie dankie! Presies wat ek soek ;)

Mooi week!

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed May 04, 2022 8:54 am
by Pappabeer
Arnold dink jy daai matmes is n beter idee as bv die Havelon wat n nr 60 scalpel lem vat? Ek geniet noggal die havelon en die feit dat jy altyd n flymskerp lem in hom kan hê

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed May 04, 2022 9:03 am
by Capt. Yoda
Ek het n soortgelyke "matmes" mes wat ek probeer het vir jag/slag omdat hy so lekker klein en kompak is, hy kom nie by n Havelon nie.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed May 04, 2022 9:10 am
by Arnold
Pappabeer wrote: Wed May 04, 2022 8:54 am Arnold dink jy daai matmes is n beter idee as bv die Havelon wat n nr 60 scalpel lem vat? Ek geniet noggal die havelon en die feit dat jy altyd n flymskerp lem in hom kan hê
Ek dink die toepassing is te verskillend as mens na die ontwerp kyk. Ek sal nie 'n Havelon op my sleutelring dra nie so in daai opsig is die twee nie vergelykbaar nie. Die klein matmes is 'n light utility knife ... om jou pakkie waarin jou Havelon afgelewer word oop te maak ;)

ImageImage

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed May 04, 2022 9:21 am
by Capt. Yoda
Wel daai een kan darem n bier ook oop maak vir die van ons wat nou op die vapes is en nie meer n lighter saam dra nie

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed May 04, 2022 9:28 am
by Wouter Roets
My Havelon is terug kluis toe, ek sal myself verongeluk met daai mes!

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat May 07, 2022 5:09 pm
by Capt. Yoda
Ek het n paar custom messe en n paar 100 knipmesse en die is los hande die skerpste mes nou in my kluis. Dink ek gaan hom so rukkie dra

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 8:29 am
by Ockert1992
Môre julle,

Hoop hier is iemand wat kan help.

Ek het gister aand my spyderco delica se punt afgebreuk. Bitter kwaad vir myself, maar nou ja sulke dinge gebeur.

Dit lyk nie vir my of hulle warranty dit dek nie. Weet iemand of mens hom kan laat regmaak by die agente?

Groete
Ockert

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 8:50 am
by Krobb
Ockert ek het ook al n paar mespunte afgebreek. n Bietjie grind op n bench grinder en skuur en hulle is weer bruikbaar. Hang natuurlik af hoeveel van die punt afgebreek het.

Ek dra altyd n no7 Opinel by my. Koop so elke twee of drie jaar n nuwe een. Die dag as ek hom koop grind ek dadelik sy punt af na n drop point toe. Dit werk beter vir my. Opinels is ook baie lig in jou broeksak en op jou sak.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 10:41 am
by Johan Nel
Ockert1992 wrote: Tue Jun 07, 2022 8:29 am Môre julle,

Hoop hier is iemand wat kan help.

Ek het gister aand my spyderco delica se punt afgebreuk. Bitter kwaad vir myself, maar nou ja sulke dinge gebeur.

Dit lyk nie vir my of hulle warranty dit dek nie. Weet iemand of mens hom kan laat regmaak by die agente?

Groete
Ockert
Soos Krobb sê, mens grind van die rugkant van die lem af om die mes lem weer reg te kry. 'n Mesmaker in jou omgewing behoort jou maklik te kan help. Dis 'n paar minute se werk.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 10:56 am
by Ockert1992
Dankie manne, ek sal dit probeer.

Dis amper 1cm wat afgebreuk het. So ja dink dit gaan snaaks lyk.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 11:02 am
by Ds J
Ockert1992 wrote: Tue Jun 07, 2022 8:29 am Môre julle,

Hoop hier is iemand wat kan help.

Ek het gister aand my spyderco delica se punt afgebreuk. Bitter kwaad vir myself, maar nou ja sulke dinge gebeur.

Dit lyk nie vir my of hulle warranty dit dek nie. Weet iemand of mens hom kan laat regmaak by die agente?

Groete
Ockert
As jy bietjie handwerk kan doen is dit werklik slegs enkele minute om dit self te doen.

Bankskroef, grinder & sagte wiel, GEDULD.

Knyp die lem in die bankskroef tussen karton of houtstukkies.

Gebruik die grinder met n sagte skuurwiel ("flap disk") en sorg dat die rotasie saam met die lengte van die lem verloop.

Skuur saggies en BAIE VERSIGTIG: egalig oor die hele lengte van die staal wat jy wil verwyder totdat alles weggeskuur is.

Kontak my gerus by 0.7.2.2.3.3.6.4.4.5 as jy navrae het.




O ja: gebruik volgende keer n regte skroewedraaier ;D ;D