Page 21 of 24

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Dec 07, 2020 6:14 pm
by naas222
nee kyk ... daai is vêr bo my vermoë... geluk aan jou

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Sun Dec 20, 2020 8:51 am
by projagter
dankie. Geniet veral die jakvideos. Doe so voort. Jy MOET vir my 'n draai kom maak

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Feb 08, 2021 10:17 am
by Geno

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Feb 08, 2021 10:44 am
by Frederik
Magtig weer mooi gegooi, hoe ver was die laaste twee?

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Feb 08, 2021 10:52 am
by Geno
Dankie Mater. As ek reg onthou iewers tussen 350 en 400m

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Mar 03, 2021 8:55 am
by BRNO (Pierre)
Watse kaliber skiet jy nou mee Geno?

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Mar 03, 2021 10:40 am
by joe rocket
BRNO (Pierre) wrote: Wed Mar 03, 2021 8:55 am Watse kaliber skiet jy nou mee Geno?


243 Ackley Improved F1 racing kar. Speed kills. one shot poef daar ontplof die hond.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Fri Jul 30, 2021 12:06 pm
by Geno
Laasweek en die week se jakkalse en kat:
https://youtu.be/T3Fo3uE6dzI

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Sun Aug 22, 2021 6:13 pm
by projagter
dankie. lekker kyk.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Tue Aug 24, 2021 4:54 pm
by 6.5/284Norma
Watter roepklanke gebruik jy dat die jakke so inhol?

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Aug 30, 2021 3:33 pm
by Geno
https://www.youtube.com/watch?v=t-IC4J7lqIA

Die stel op 30sek se teef het my amper geklop. Ek het haar nie gesien toe die reun indraf nie en gedink dis dalk 'n bakoor wat vroeer daar links rondgehang het toe sy uitdop by hom.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Sep 01, 2021 2:05 pm
by Geno
Ek moes onlangs 'n span baie skelm jakkalse gaan soek by 'n vriend.
Hy het 11,000ha weiding verloor tydens 'n brand waaronder sy kragblokke waar sy skaap ook geloop het. Tydens die brand het hy 1500x skape verloor, en toe nog 80x lammers na die brand toe hy sy skaap skuif na sy ander gronde toe.
Die jakkalse is toe geroep en geskiet met ligte toe het ek die oorblywendes gaan soek met my thermal teleskoop.
Die een wat in die paadjie geskiet is toe sy wegdraf het dorperlam in haar pens gehad. 7km van die naaste dorpers af.
https://youtu.be/Zm2Q5CCKudQ

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Thu Sep 02, 2021 9:09 am
by Capt. Yoda
Netjies

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Sep 06, 2021 8:39 am
by projagter
ken sy storie.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Sun Oct 10, 2021 8:01 pm
by prohunt
Ek het Vrydagaand gaan jag nadat die weervoorspelling 'n wind van 1 tot 2 m/s voorspel het. Die wind het egter ongeveer 60km/u gewaai tot laataand en ek het gedink dis hopeloos. Kon egter twee jakke geskiet kry, die een nogals 'n teef met kleintjies. Ek sit die video van die teef op, luister bietjie na daai wind!! Dinge het net te vinnig gebeur met die reun wat ek geskiet het en daar was nie kans vir video aansit nie ;). Afstand was gelukkig nie baie verder as 100m nie.

https://youtu.be/Hi1YeNWp5Mg

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Oct 13, 2021 10:50 am
by prohunt
Nog ene van gisteraand. Die rooikat wat ek ook gekry het is met die lig geskiet.

https://youtu.be/sPCqIBaklhA

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Oct 13, 2021 10:58 am
by Geno
Mooi videos Oom Johan!

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Oct 13, 2021 12:59 pm
by prohunt
Dankie Geno, dis net of die mikrofoon baie "geraas" optel wat ek nie weet waar dit vandaan kom nie.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Thu Oct 14, 2021 11:07 am
by Geno
Die "dooie" dele in die klank is wanneer mens zoom op die teleskoop Oom.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Thu Oct 14, 2021 11:20 am
by prohunt
Dankie Geno, daar leer ek ook weer iets op my jare 😁😁

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Sat Nov 06, 2021 5:14 pm
by prohunt
Hier is nog 'n video van verlede week Woensdagaand se jag. Die boer het gevra ek moet kom kyk want daar het iets die vorige nag twee lammers binne in die kraal gevang asook dat daar jakkalse by die broeivolstruise pla. Ek het die ou teef ingekry en sy het gekom tot binne in die kraal. Julle sal sien hoe onrustig raak die skape toe sy nader kom. Sy was egter die heeltyd agter drade en ek wou nie sommer skiet voordat ek seker was ek gaan nie 'n draad tref nie. Kyk bietjie op die aangehegte foto hoe oud sy was en gee gerus julle mening oor ouderdom. Die ander stel het ek in die broeivolstruise se kamp ingeroep.
Seën

https://www.youtube.com/watch?v=txI7q5kUjnY

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Mon Dec 06, 2021 6:08 pm
by prohunt
Nog drie van die laaste vyf wat ek gekry het se video. Jammer die klank is nie op alles om een of ander rede in ritme met die video nie.

https://www.youtube.com/watch?v=_ipqLdgY7mA

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Tue Dec 07, 2021 9:23 am
by projagter
Daardie teef het seker R5000 op sy kop

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Tue Dec 07, 2021 10:39 am
by prohunt
projagter wrote: Tue Dec 07, 2021 9:23 am Daardie teef het seker R5000 op sy kop
Wens 'n mens kon weet hoeveel lammers sy in haar tyd gevang het sodat die boere 'n som kan maak van die skade wat sy in haar "loopbaan" veroorsaak het.

Re: Jakkals roep en skiet video's

Posted: Wed Dec 08, 2021 3:49 pm
by Capt. Yoda
Ek dink hulle wil eder nie daai som maak nie