Page 21 of 41
Re: Maak jou eie mes
Posted: Sun Aug 13, 2017 9:46 pm
by Pieter_Brink
Dankie vir die skakel. Ek maak al so lank mes en ek het nooit geweet van fricktion folders nie en dat n mes met n sluitmeganisme in Engeland onwettig is. Ek neem aan dis net backlocks en liner locks wat onwettig is en nie slipbacks soos Joseph Rogers nie.
Baie mooi kampmes zkk. Dit lyk of hy ge "flat grind" is of bedrieg my oe my.
Op hierdie stadium hou ek my maar besig met knipmesmaak. Ek maak baie selde vastelem messe.
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 12:37 pm
by Johan Nel
ZKK wrote:Ja ek het dit blou gekleur
Jong, ek sal baie graag met jou wil gesĂȘls. Doen jy enigsins stabilisering, of weet jy van iemand wat my kan help. Ek het materiaal wat ek wil laat stabiliseer, maar die Cactus Juice is nie lokaal beskikbaar nie. Om in te voer is vrek duur in klein hoeveelhede.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 1:05 pm
by Viking
ZKK wrote:Hier is my nuutste kampmes.
Met kameelperd been en 5160 staal
[C360_2017-08-06-16-45-51-753.jpg]
ZKK,
Die mes lyk goed!!
Maak jy self die Kydex skede?
Wys bietjie die voorkant - ek verstaan nie hoe daai lem uit die skede gaan kom met die agterste kontoerlyne nie...
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 1:27 pm
by ZKK
@ Johan
Kameelperd been is baie dig, so ek sien nie regtig die doel om dit te stabiliseer nie (Maar miskien is ek verkeerd?)
Ek het wel al self probeer om my eie hout te stabiliseer (KMTS in Pretoria kan dit ook vir jou doen teen n fooitjie)
Ek het polyurethane gekoop by Builders Warehouse en dit met 50% acetone verdun.
Dan sit jy die mengsel saam met jou stukkies hout in n Consol Canned fruit bottel.
Verhit die mengsel tot by kookpunt en dan sit jy die deksel op.
Dis net soos mens ingelegte vrugte maak.
As die bottel afkoel, skep dit n vakuum.
Los sommer die hout vir n week of so in die geseelde bottel.
(Bly net weg van n oop vlam, ek het gehoor dit kan gevaarlik wees)
Die bogenoemde proses lyk of dit werk, maar ek dink mens moet nog so bietjie eksperimenteer.
Miskien kan van die ervare manne vir ons se hoe om die proses beter te maak.
@Viking.
Ja ek het die kydex skede self gemaak.
N mens kry regte kydex en dan kry mens styrene wat n nagemaakte kydex is.
Styrene is seker 4 keer goedkoper, maar ek dink kydex is makliker om mee te werk.
Die styrene klou aan alles en die punte is geneig om, om te krul as mens dit verhit.
Koop regte kydex hier
https://www.openmolds.co.za/
Ek sit die kydex in die oond teen 180grade celcius vir 5 minute.
sit high density foam onder, dan die kydex, dan jou mes, dan vou jy die kydex om die mes, dan nog n laag high density foam.
Dan staan ek sommer met my voete bo-op die hele spul.
(Dis n trick wat Neels vd Berg wys op een van sy youtube videos, en dit werk nogal goed)
Waarmee ek net my gat of sukkel is om die "rolled flange eyelet" ogies mooi om te klink.
So vir die kamp mes het ek sommer skroefies gebruik (mens kan alles by Openmoulds bestel), wat omtrent soos chicago screws werk.
Ek sal dit waardeer as iemand ons dalks kan vertel hoe om die "eyelets" mooi om te klink.
Groete
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 1:36 pm
by ZKK
@dogmatix
Ek het vir n klompie maande gespaar en toe uiteindelik vir my n "ultimate grinder" by Herbst gekoop.
Hierdie stokperdjie het my ernstig gebyt, en n man kom op n punt wat jy gatvol is om alles met die hand te feil en te skuur.
My vingers het gelyk of ek uit die oorlog kom.
Nou het ek die grinder, en my vingers lyk nou nog erger.
Dis amazing wat 36 grit skuurpapier in n fraksie van n sekonde aan n man se vingers kan doen.
So ek probeer nog om die flatgrinding ding reg te kry.
Maar as mens droog maak met mens se bevels, kan mens altyd net die lem n convex grind gee, en jy het nogsteeds n mooi mes.
Maar ek het baie respek vir die manne wat daardie bevels simetries, vryhand kan grind.
Dis regtig n kuns.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 1:47 pm
by Viking
ZKK,
Dankie ek verstaan die Kydex proses...die profiel van jou skede is my navraag!
Met so 'n "moulded" skede gaan jou bolster mos vashaak...of hoe?
O ja die ouens gebruik 'n rivet press of selfs arbor press
ZKK mes1.png
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 2:46 pm
by ZKK
Die skede het so bietjie "give"
So jy kry hom wel uitgetrek.
En as jy hom weer indruk, dan click hy in posisie.
Re: Maak jou eie mes
Posted: Mon Aug 14, 2017 8:33 pm
by Pieter_Brink
ZKK, Ek is jammer ek het nie geweet jy is in die mark vir n belt grinder nie. Ek het myne self gebou en ek het die tekeninge op my rekenaar. Ek het dit laat plasmacut en die finale produk was seker 20% van die koste van n nuwe een. Ongelukkig moes ek die wiele koop wat die duurste items was. Die elektriese motor het ek gehad. Ek het ook tekeninge van n disc grinder op rekenaar.
As ek vir jou bietjie waardevolle raad kan gee, Soek vir jou n klein tweedehandse surface grinder. Dit vergemaklik die werk en is onmisbaar veral as jy begin folders maak. Ek het n tweedehandse een by n veiling opgetel.
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Aug 15, 2017 6:47 am
by ZKK
Het jy miskien n foto van jou surface grinder?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Aug 15, 2017 3:36 pm
by Pieter_Brink
surface grinder jpeg.jpg
Dis nou nie die nuutste model nie maar hy werk nog perfek
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Aug 15, 2017 5:31 pm
by Jurgen Visser
dogmatix wrote:surface grinder jpeg.jpg
Dis nou nie die nuutste model nie maar hy werk nog perfek
Groetnis
Pieter
Daai is regtig 'n nice masjien
Re: Maak jou eie mes
Posted: Tue Aug 15, 2017 8:34 pm
by Pieter_Brink
Dankie Jurgen. Ja dis n regtig nice masjien. Ek was gelukkig om hom raak te loop.
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 16, 2017 6:48 am
by ZKK
Presies wat doen jy alles met die surface grinder?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:34 pm
by Pieter_Brink
Wanneer ek n vastelemmes maak sal ek met die grinder die swart skaal afhaal maar meer belangrik om te verseker dat die staal 100% plat is. As die staal te dik is sal ek dit met die grinder dunner maak. As ek die tang wil taper sal ek dit op die surface grinder doen. Nadat ek die hollow grind en satin finish gedoen het sal ek n .05mm aan elke kant afvat om die edge tussen die ricasso en die hollow grind skerp te maak.
By knipmesse sal ek ook die skaal afhaal, 100% plat maak, en ook dunner maak as die staal te dik is. By n slipback is die lem .27mm dunner as die rugstuk (veer) en dis onmoontlik om met n disc grinder hierdie akkuraatheid te bereik. As jy nie baie behendig is nie slyp jy op n disc grinder maklik vlakke wat heeltemal uitgeskakel word met n surface grinder. Nadat ek die lem ge hollow grind het en ge satin finish het sal ek ook hier n thouw afvat om die edge tussen die ricasso en die satin finish hollow grind skerp te maak. Dan sit ek n ander slypwiel op die grinder en ek slyp die nail nick in.
Die meeste wat ek hierbo genoem het kan seker op n disc grinder gedoen word maar met die surface grinder doen jy n meer professionele job sonder enige moeite en frustrasie en stukkende vingerpunte.
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Aug 17, 2017 7:32 am
by ZKK
Dis baie nice, jy kan seker "fullers" ook grind met die masjien?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Thu Aug 17, 2017 12:06 pm
by Pieter_Brink
Jy het my. Wat is fullers?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Aug 18, 2017 2:45 pm
by ZKK
Man dit is moeilik om te beskryf, maar in die ou dae het swaarde in die middel van die lem n "groof" gehad wat in ge-forge was.
Party messe het n soortgelyke groef om bietjie van die massa te verminder.
Watter ander plekke is daar in Pretoria waar mens allerhande snaakste soorte hout kan kry?
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Aug 18, 2017 3:14 pm
by bsaaiman
Hi ZKK
Ek koop my handle materiaal by Bez Blocks.
https://www.bezblocks.com/knife-blanks
Groete,
Bartho
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Aug 18, 2017 3:48 pm
by Johan Nel
dogmatix wrote:Jy het my. Wat is fullers?
Hier is so bietjie meer oor 'fullers'
https://en.wikipedia.org/wiki/Fuller_(weapon)
Re: Maak jou eie mes
Posted: Fri Aug 18, 2017 9:37 pm
by Pieter_Brink
Dankie, nou weet ek ook wat is n "fuller" HennieL, n nuwe jaracal lid het onder die hoof "Dagse uit Bloemfontein" n paar fotos opgesit van messe wat hy gemaak het. Daar is twee messe met fullers.
Ek glo jy sal n fuller kan slyp as jy die regte slypwiel het wat rond gedress is. Ek weet net nie hoe gaan jy die wiel so rond gedress kry nie. Miskien moet mens vir HennieL vra.
Groetnis
Pieter
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 23, 2017 8:28 am
by ZKK
Geskenkie vir my vriend se Oupa.
[IMG_20170820_143554_resized_20170823_082041355.jpg]
[IMG_20170819_170605_resized_20170823_082038079.jpg]
[IMG_20170819_170539_resized_20170823_082036043.jpg]
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 23, 2017 8:29 am
by ZKK
[IMG_20170819_170515_resized_20170823_082038850.jpg]
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:25 am
by lekkerjag
Baie mooi. Watter staal en dikte gebruik jy
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:31 am
by ZKK
Daardie is n stuk 3.2mm N690 wat nog rond gele het
Re: Maak jou eie mes
Posted: Wed Aug 23, 2017 5:14 pm
by Johan Nel
Dit lyk goed! Wat se hout het jy jy gebruik vir die hefmateriaal?