Page 21 of 21

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Dec 15, 2017 8:41 am
by Parker
Toe ek hier in 96 begin het met beeste, het jy gemiddeld vir n speenkalf R3.75 per kilo gekry. Nou R41. Dit klink na goeie besigheid maar jou aanteel koeie het net so erg duur geraak. Destyds het jy gemiddeld R1200 vir n koei betaal, nou maklik by die R11000 tot R12000. Ek voorsien n dip in die nuwe jaar en dan weer n styging na April toe.

Re: Vleisprysse

Posted: Mon Feb 12, 2018 9:55 am
by Eduard Venter
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180212/9e68f11a463eb4ebbb5c0179f8c14f35.jpg

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 10:18 am
by tau
Ek het dinsdag op 333kg kalwers R33/kg gekry op die hoef.
Mense dit is lekker.
Ek het nou nie baie beeste nie, maar vanjaar in die droogte is dit 'n ligtepunt.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 12:03 pm
by Harambe
Ek onthou nou die dag nog het ek R60/kg vir AAA sirloin betaal. Oukei, dit was 6 jaar gelede. Maar nou raak dit al aan die R140/kg. Ek wens my salaris wil elke 6 jaar met 130% groei.

Nou kyk, ek weet dis nie die boer wat dit kry nie. Ek moun maar net.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 12:15 pm
by jdpretorius
Dalk kan ons boere hier begin slag en vakuum verpak sodat julle dierek aan ons stadsjapies kan verkoop. Minstens weet ons dan ook waar dit vandaan kom.
Aai .. kwyl my bek nou vir 'n lekker stukkie c-graad rump met 'n wit vleisie aan

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 12:42 pm
by Harambe
jdpretorius wrote:Dalk kan ons boere hier begin slag en vakuum verpak sodat julle dierek aan ons stadsjapies kan verkoop. Minstens weet ons dan ook waar dit vandaan kom.
Aai .. kwyl my bek nou vir 'n lekker stukkie c-graad rump met 'n wit vleisie aan
Why not? Ek koop my wyn direk by die landgoed. Ek kan net sowel by die plaas langsaan gaan vleis koop.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 1:10 pm
by savage(P Coetzer)
Ek sien die nwk by Kings Meat Deli by lynnwood vridge vra hulle maar net R239/kg vir lam loin chops.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 1:19 pm
by jdpretorius
savage(P Coetzer) wrote:Ek sien die nwk by Kings Meat Deli by lynnwood vridge vra hulle maar net R239/kg vir lam loin chops.
kon middel laas jaar nog hele verwerkte skaap/lam van Middelburg in die Kaap kry teen R75 p/kg maar teen Oktober/November het daai pyplyn heeltemal op gedroog.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 22, 2018 1:28 pm
by Harambe
savage(P Coetzer) wrote:Ek sien die nwk by Kings Meat Deli by lynnwood vridge vra hulle maar net R239/kg vir lam loin chops.
Dan vreet ek maar eerder fillet

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Sep 07, 2018 9:05 pm
by Philip J
Manne,

Kan iemand my sê wat n regverdige prys nou is vir lewendige lammers, tussen 3 en 5 maande?

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Sep 08, 2018 6:01 am
by Henry 7
Stoorlamprys is hier by 41r rond

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Sep 08, 2018 10:12 pm
by Francoisv
Deli-co verkoop lam vir R94.99. In ‘n boks.


“The Only Easy Day Was Yesterday”

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Feb 27, 2020 9:42 pm
by Eduard Venter
Noudat die veilings weer oop is sal dit interessant wees om te hoor watter pryse kry die boere vir hulle diere...

Ek het vandag verkoop:

Osse 400-450kg R25-26
Speenkalwers 286kg R31,82
Vet C graad koei 650kg R22,54



Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Vleisprysse

Posted: Fri Feb 28, 2020 10:32 am
by RUPERT
Eduard

Net gou vinnig, Hoe was die gewig bepaal op die veiling? Ek was laasweek by die NRCS en hulle het al die veilings in SA gewaarsku dat hulle nie
skale mag gebruik gedurende die dryf van handel nie. Die skale ( Ronde tipes binne die hok) wat gewoonlik op veilings gebruik wort is nie goedgekeur vir handel nie, en daar is geen "Veiling skaal"op die oomblik goed gekeur vir handel nie.

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Mar 01, 2020 3:56 pm
by Eduard Venter
Dit is die eerste wat ek van die vereiste hoor. Dit was wel 'n bekende veilingshuis se veilig ek glo nie hulle sou hulle reputasie op die spel sit deur 'n onwettige skaal te gebruik nie.

Groete


Sent from my SM-A520F using Tapatalk