Page 22 of 24
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Jan 27, 2022 12:08 pm
by Geno
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Jan 27, 2022 12:15 pm
by Supacow
Het hulle met die creedmoorkoele agter in jou trokkie geval?
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Jan 27, 2022 12:17 pm
by Capt. Yoda
Hulle het weg gehol van die stink
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Feb 22, 2022 1:13 pm
by prohunt
Ek het gisteraand hier in die Klein-Karoo gejag en was geseënd om 6 jakke te kry. Hier is video van 5, die 6de een het te vinnig uit 'n bos gekom en daar was nie nog tyd vir iets anders as die sneller druk nie

. My kwaliteit van die videos is nou nie op Geno se standaard nie maar julle sal darem die idee kry
https://youtu.be/Vsbvrflq-zU
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Feb 22, 2022 1:17 pm
by Geno
Mooi geskiet Oom!
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Feb 22, 2022 1:32 pm
by Lategan1
Geniet altyd julle manne se jakkie video’s.
Beste.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Feb 22, 2022 4:57 pm
by prohunt
Dankie Geno. Ja Lategan1, ek geniet dit ook baie om die manne se probleemdierjag videos te kyk.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Feb 22, 2022 5:35 pm
by PWV
Ek kyk ook graag hierdie video's. Laat weet bietjie wat is die afstande waarop julle gemaklik is in die aand.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Feb 23, 2022 7:36 am
by Geno
Elke jagter het maar sy gemak-zone Oom. Ek is gemaklik tot 350m, en het al tot 541m suksesvol geskiet in die nag op 'n jakkals.
Ek glo enige jagter wat teen vergoeding jag moet ten minste op 300m 'n jakkals kan skiet uit 'n stoel uit.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Feb 23, 2022 12:42 pm
by prohunt
PWV wrote: Tue Feb 22, 2022 5:35 pm
Ek kyk ook graag hierdie video's. Laat weet bietjie wat is die afstande waarop julle gemaklik is in die aand.
Hallo PWV,
In die omgewing waar ek jag is die algemene afstand wat ek skiet so tussen 200 en 320 meter. Die verder skote vat ek as ek seker raak ek gaan nie 'n nader skoot op die jakkals kry nie. Dis ook mos maar meer die effek van windskuif wat pla op die langer afstande as die hoogte verstellings. Seën
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Mar 24, 2022 11:51 am
by 8in4ry
Geno, as julle nou soos in daai video 8 of so jakkalse kry, Hoe hou julle kop met waar almal geval het om hulle te gaan optel? Moet se ek geniet ook die video's vrek baie.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Thu Mar 24, 2022 11:58 am
by Geno
Ek gebruik 'n GPS plotter wat ons bemark.
Die Jacksootter is recoil activated en merk jou rigting, cant en vertikale posisie van 10 skote op 'n staanplek. Teen R7500 moes hy my net 7 jakkalse help kry wat ek andersins nie sou nie toe is hy afbetaal.
Die thermal scopes se videos help ook om rigting te bepaal.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Apr 25, 2022 5:06 pm
by prohunt
Middag,
Hier is 'n paar kort grepe van 5 jakkalse wat ek so 'n week gelede in die Ooskaap geskiet het. Toestande was baie swak.....reën, erg mistig, modder, volmaan, ens. Met daai eerste jakkals was die mis so erg ek kon maksimum op so 50 tot 60m iets uitmaak. Daai jakkals het op omtrent 20m van die bakkie af gedraai, hy het op 30m geval.
Seën
https://youtu.be/_4NYiTlFJaY
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Jun 14, 2022 7:05 pm
by Joe13
Is daar nog enige manne wat met daai ou mond fluit dinge inroep? Ek neem aan hy is nie so effektief nie
Deesdae word daar n disco gehou met speakers en ligte orals, tot hulle eie tunes, dan so bietjie later spin die jakkalse op die dans vloer
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Tue Jun 14, 2022 9:15 pm
by prohunt
Joe13 wrote: Tue Jun 14, 2022 7:05 pm
Is daar nog enige manne wat met daai ou mond fluit dinge inroep? Ek neem aan hy is nie so effektief nie
Deesdae word daar n disco gehou met speakers en ligte orals, tot hulle eie tunes, dan so bietjie later spin die jakkalse op die dans vloer
Naand Joe, ek is nooit sonder my fluitjies as ek jag nie en gebruik dit nog baie gereeld, veral as ek opsoek is na rooikatte. Fluitjies is baie effektief.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Jul 27, 2022 1:11 pm
by prohunt
Net 'n vinnige video oor laasnag se jag by die vorige nag se vangs (lammers).
https://youtu.be/ulcGVZLResI
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Mon Aug 01, 2022 7:04 pm
by prohunt
Nog 'n kort video oor twee jakkalse wat binne twee nagte nege lammers doodgemaak het en dan sommer so 'n allegaartjie aan die einde. Ystervark en dan 'n rooibok en blesbok wat ek twee dae later ook sommer met die thermal geskiet het.
https://youtu.be/3GQ2UxaHqlM
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Aug 19, 2022 9:05 am
by Geno
Ek het 'n slag tyd gekry om 'n Youtube video aanmekaar te sit. Die keer van 2 nagte se jag onlangs by 'n nuwe klient. Die eerste nag het ek 23x jakkalse geskiet en die 2de nag 7x.
Kyk en like hom asb!
https://youtu.be/n1ScL2dmpVA
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Aug 19, 2022 10:47 am
by prohunt
Baie mooi Geno en goed geskiet, dis darem maar lekker om te jag op braak grond

Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Aug 19, 2022 11:40 am
by Geno
Dankie Oom.
Daar was wel n jagter voor my daar. Die een jakkals wat so ingehoppel kom wat ek in die kop skiet het 'n hou op die bors weg.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Fri Aug 19, 2022 4:59 pm
by prohunt
Geno wrote: Fri Aug 19, 2022 11:40 am
Dankie Oom.
Daar was wel n jagter voor my daar. Die een jakkals wat so ingehoppel kom wat ek in die kop skiet het 'n hou op die bors weg.
Ek het vir kruppel gesien en gewonder oor die warm kol op sy bors

Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Sat Aug 20, 2022 2:03 am
by projagter
Knap gedaan. Hoe kry jy hulle na die tyd. As my buurman met sy thermal by my was neem die soek om hulle te kry langer as die jag.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Aug 24, 2022 11:32 am
by Geno
projagter wrote: Sat Aug 20, 2022 2:03 am
Knap gedaan. Hoe kry jy hulle na die tyd. As my buurman met sy thermal by my was neem die soek om hulle te kry langer as die jag.
Ek gebruik 2 maniere.
1 - Kyk die video en bepaal waar hulle is.
2- Ek gebruik 'n JackSpotter skoot plotter wat met GPS werk en 'n merker los as ek skiet.
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Aug 24, 2022 11:32 am
by Geno
Laasnag se span. 5 jakkalse en 'n 19kg rooikat hier in die Vrystaat geskiet.
https://youtu.be/N9wJSmxj68Q
Re: Jakkals roep en skiet video's
Posted: Wed Aug 24, 2022 12:21 pm
by Capt. Yoda
Lekker groot kat daai!