Page 23 of 27

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 10:39 am
by NicoSmit
Ek glo nie dit kan Jag luiperd wees nie die boer sou hom opgemerk het die plaas is nie baie groot nie. Hy gaan nou eers 'n hok stel as hy nie regkom nie gaan ek soontoe om te kyk wat loop daar rond in die nag

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 1:36 pm
by ricus 1
Middag almal. Waar kan ek die cd koop wat vlekkie d op het. My laptop het gekalf met al my jakkals klanke op. :'( . Nou moet Ek van voor at begin.
Groete Ricus

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 1:44 pm
by Eduard Venter
ricus 1 wrote:Middag almal. Waar kan ek die cd koop wat vlekkie d op het. My laptop het gekalf met al my jakkals klanke op. :'( . Nou moet Ek van voor at begin.
Groete Ricus
Jaracal aanlyn winkel sal jy dit kry. Jy kan CD koop of sommer net die spesifieke klanke waarna jy opsoek is.

http://www.jaracal.net/catalog/index.ph ... =4a&page=2

Groete

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 1:48 pm
by ricus 1
Dankie Eduard. Ek sal gaan Kyk. Kan nie eers Onthou Waar Ek almal gekoop het nie. Groete

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 3:10 pm
by naas222
Ricus vat hom na n komper plek... hul behoort jou hardeskyf te kan red.. dan sit hul hom in n kassie en jy plug hom net in nuwe komper in..
Ook bygesê weet nie hoe erenstig jou " probleem" is nie

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Nov 06, 2018 4:07 pm
by ricus 1
Dankie Naas222. Dit was 'n Baie ou laptop Tosiba nog. Hardeskyf te oud. Nog maals Dankie vir die raad.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 8:35 am
by stefan.bester3
More Manne.

Help my asb. met hoe julle te werk gaan sodat die kleintjies saamgesels. Ek weet klanke soos bv. Vlekkie 3, vlekkie 3a, swartrug E, Swartrug F, ens. sal hulle laat saam praat, maar my vraag is hoe gaan jul te werk met die klank?

Kom ons vat bv. vlekkie 3.

- Speel jy die klank 1x deur.
- Speel jy tot hulle antwoord (groot of klein) en dan stop jy dadelik.
- Speel jy die klank, en as hulle nie gereageer het speel jy dit dadelik weer?

Ek sal raad in hierdie verband waardeer.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 8:53 am
by maritzjks
Dagse Stefan.
Sover ek weet as die kleintjies nog nie gewisel het nie gaan hulle nie maklik saam praat nie


Sent from my D6603 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 8:56 am
by cassie_calvinia
jonges skree al lekker op neste.
van so 6 weke af kan hul al skree.
niks met wissel te doen

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 9:00 am
by maritzjks
Cassie dankie vir die reg help.
Om dan trug te gaan na om hulle te kry om te antw op jou roep.....moet darm n goei idee he oor waar die nes is....?

Sent from my D6603 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 9:15 am
by cassie_calvinia
presies.
hoor 6 weke jakkalse net so 600 tot 800m. maar verander vinnig.
ek het so 2 weke terug 'n nes gekry. boer se hulle is seker 1.8km. ek plot hul toe op 600m. nes was 614m.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:49 am
by maritzjks
Bakgat
So nou wanneer jy roep moet jy hulle nuskierig maak verkielik nie challenge nie want die kleintjies sal die pad vat soos n haas gate toe

Sent from my D6603 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:56 am
by cassie_calvinia
jong jakkalse is snaakse goed. laasjaar soek ek 'n reun.
speel lekker agresief. kom hol 'n kleintjie in soos witlig

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 10:59 am
by maritzjks
Ok. Niks is onmoontlik nie.
Hoe oud was daai kleintjies toe al?
Kan jy othou wat jy gebruik het?


Sent from my D6603 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 12:05 pm
by stefan.bester3
maritzjks wrote:Cassie dankie vir die reg help.
Om dan trug te gaan na om hulle te kry om te antw op jou roep.....moet darm n goei idee he oor waar die nes is....?

Sent from my D6603 using Tapatalk

Dankie vir die terugvoer.

Ek weet, en besef dit... Reun, teef en helper is daar geskiet verlede naweek. Ek het Eugene se raad gevolg by suipings maar nog niks gekry. Gate in omgewing is onbewoon. (Werker sê hy hoor kleintjies in rigting waar ek ander geskiet het-wil hulle graag vanaand gaan soek.)

Groete

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 08, 2018 12:11 pm
by stefan.bester3
cassie_calvinia wrote:jonges skree al lekker op neste.
van so 6 weke af kan hul al skree.
niks met wissel te doen

Het dit ook so Cassie.

Dankie, gisteraand 'n vriend in selfde omgewing kleintjies geskiet wat gereageer het op hasie combo.

Ek verstaan die dingetjies, maar jakke leer my nog elke dag so baie. Ekt net bietjie raad gesoek oor hoe julle te werk gaan met klanke sodat kleintjies reageer. Weet dat hulle saam skree op daardie klanke, ekt net raad en ander metodes gesoek in terme van die die applikasie daarvan.

Dankie vir terugvoer.

Groete
Stefan

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Sat Nov 10, 2018 2:56 pm
by Jakkie 321
Kleintjies skree nie sommer op hulle eie nie, maar skree saam met die ouers. Tafjak1 werk die tyd van die om die ouers te laat skree en behoort dan die kleintjies aan te wakker.

Groette

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Sun Nov 11, 2018 3:06 pm
by jankraay
Manne ek het n vraag vir julle...

Hoe gemaak as daar 2 neste tussen 200-250m van mekaar af is? Hoe maak jy as die groot jakkalse nie wil inkom op die roepe nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Sun Nov 11, 2018 5:34 pm
by naas222
As jy tussen hulle sit???? En net lig??? Of laat terein dit nie toe nie

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Nov 15, 2018 10:52 pm
by Jakkie 321
jankraay wrote:Manne ek het n vraag vir julle...

Hoe gemaak as daar 2 neste tussen 200-250m van mekaar af is? Hoe maak jy as die groot jakkalse nie wil inkom op die roepe nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Maak gebreuk van dag roep

Groette

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Nov 16, 2018 6:34 am
by jankraay
Sal dit deurgee dankie almal.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Sun Nov 18, 2018 8:55 pm
by Dirkvh
NicoSmit wrote:Hier is die spoor by een vangs
Die twee middelste naels van rooikat se agter voet sal wys in sagte klam grond of modder.

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Dec 04, 2018 9:43 am
by stefan.bester3
More Manne.

Dit is Desmbwer en so sluit ons 'n jaar af van lekker saamgeels met baie kennis wat gedeel is. Opregte waardering vir elkeen wat bygedra het. Nietemin het ons nog Desember oor...

Enige raad wat vir jull ewerk in die Maand?

Vlekkie D is altyd 'n wenner. (D = Dodelik in Desember!)

Groete Stefan

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Dec 04, 2018 9:11 pm
by Henrie_270
Jonges en grotes antw nog baie lekker op Elsneus by my sal seker later in maand op Vlek D en ander groepjakke begin reageer.

Het laasjaar einde Desember tot Februarie baie goed gedoen met Jak Paljas 2 en BJ Fullhouse.

Groete

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Dec 07, 2018 7:54 am
by Geno
More.
Wat die laaste week vir my gewerk het is Rooialleen+Fluit, Elsneus+fluit of BJa x2 as aanvangsroep.
Indien hul my geantwoord het het ek hul terug geantwoord met antwoord/reaksie klanke.
Indien nie het ek VlekD, RooiD,SilwerD gebruik om myself te antwoord.
3min stil, dan steenbokkies vir 3min dan begin om bakleie in te meng met my roeper se Foxfusion funksie.
JJ59+Vlek3A of Swartrug1+VlekE as 2de sequence.

Donderdag, Maandag, Dinsdag en Woensdag se spanne...
https://i.imgur.com/6QQUYtb.jpg