Page 23 of 31
Re: Safari Bullet Company.
Posted: Mon Nov 04, 2024 6:20 am
by Jassie
Veg hulle Rudi!
Maak die geding wyd bekend en hou hulle besig.
Hierdie is goeie bemarking vir jou as jy self net so bietjie die die geveg kan lug gee.
Sterkte
Re: Safari Bullet Company.
Posted: Mon Nov 04, 2024 11:46 am
by Forester
Ons was al in 'n soortgelyke geval. Ons het bloot vir Adams&Adams geïgnoreer, uiteindelik het die probleem verdwyn. Die probleem waarmee hulle sit is om skade te bewys. Die ergste uitkoms is dat hulle 'n interdik teen jou kry.
Re: Safari Bullet Company.
Posted: Mon Nov 04, 2024 5:31 pm
by gbvl
Koop self ook lankal nie meer by groot winkel nie. Ook nou al gatvol vir al hulle uitverkopings. Daar is amper elke week een en dit raak nou bietjie iriterend. My tjommies in Deneysville en Meyerton verkoop die heel jaar omtrent alles goedkoper as hulle.
Sent from my SM-S721B using Tapatalk
Re: Safari Bullet Company.
Posted: Wed Nov 27, 2024 8:20 pm
by Rudi Fischer
En so is daar n nuwe begin.
Dankie vir al die ondersteuning.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Wed Nov 27, 2024 8:32 pm
by Rudi Fischer
Pappabeer wrote:Jammer om te hoor Rudi. Ek moet wonder of dit n cheap shot is om jou besigheid te probeer bekom vir hulself.
Daar sit meer waarheid in die woord as wat jy weet.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Wed Nov 27, 2024 10:23 pm
by Pappabeer
Rudi Fischer wrote: Wed Nov 27, 2024 8:32 pm
Pappabeer wrote:Jammer om te hoor Rudi. Ek moet wonder of dit n cheap shot is om jou besigheid te probeer bekom vir hulself.
Daar sit meer waarheid in die woord as wat jy weet.
Ek is seker daarvan.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Thu Nov 28, 2024 7:39 am
by Desperatezulu
Congrats Rudi - probably a wise move to avoid a costly dispute and rename.
The big corporate bully hasn't won any friends in this process...
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Thu Nov 28, 2024 7:50 am
by Frederik
Klein Youtube video onder van die jag.
[youtube]
https://youtu.be/aGB46mvprGI?si=wWGR2iAQZUbfLJaU[/youtube]
Ek was gelukkig om twee Belgiese boeties bietjie uit te vat om te gaan jag so 2 weke terug.
Lekker dik Blou wildebees wat geval het met my 458 Lott 500gr Spoor Bullet Company koeel teen 2240fps skoot afstand was 50 meter.
Dit is nou maar net lekker om met die groot roere gewone wild ook te jag.
Koeel is in by die skouer punt en so 8" agter die oorkanste been net onder vel amper uit gekom.
Been was af wat seker die koeel vinnig laat oopmaak die dat dit net net nie genoeg oemf gehad het vir exit nie maar ek is eintlik bly bees het baie vinnig geval en ek het lekker koeel uitgehaal.
Hart was uitmekaar geskiet en onderste deel van die longe 'n papery.
Wind was perfek vroeg oggend en die klomp bulle het nie geweet van ons nie.
Bul het net bet RW gemis maar gaan mooi lyk op my muur.
Dit is regtig die amr man se buffel maar dit bly maar lekker.
Dankie Henry Griffith vir lekker jag week.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Thu Nov 28, 2024 12:55 pm
by tripodmvr
Slim skuif - SBC bly as naam.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Thu Nov 28, 2024 1:25 pm
by partner
Great Nuus Rudi. Bitter bly vir Jou Part. Soos Maruis bogenoemde se. Bitter slim skuif.
Groete.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Tue Dec 03, 2024 7:52 pm
by Valley Pursuits
New logo looks great - well done! All they did was make you stronger (and lose a few customers in the process)...
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Wed Dec 04, 2024 7:24 am
by ghriesman
Hi Rudi, baie geluk met jou puik produk. Dit is duidelik dat jou produk waves maak...
Is dit in jou beplanning om 165gr koels te maak in. 30 kaliber. Indien wel wanneer?
Sterkte met jou nuwe logo en naam.
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Wed Dec 04, 2024 7:40 am
by Rudi Fischer
ghriesman wrote:Hi Rudi, baie geluk met jou puik produk. Dit is duidelik dat jou produk waves maak...
Is dit in jou beplanning om 165gr koels te maak in. 30 kaliber. Indien wel wanneer?
Sterkte met jou nuwe logo en naam.
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Dagse.
Om eerlik te wees, het ek nog nie die nut van n 165gr gesien nie aangesien ek n 150gr en 180gr het.
Daar was al aanvraag gewees vir n 165gr so enige iets is moontlik in die toekoms.
Huidiglik is ek net gou besig om nuwe kalibers uit te bring soos die 8mm en .25 en voorraad te probeer op bou van die kalibers wat ek reeds uit gebring het.
Kyk maar gereeld op die draad of op my FB groep, Sal dit post sodra ek n 165gr maak.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Fri Jan 03, 2025 9:04 am
by ThinusS
Ek het vroeg vanmore twee blesbokramme met Rudi se 85gr 6mm koeëls gejag, 6mm CM teen ±3200vps.
Eerste bok was op ±320m en plankdwars. Koeël is deur altwee blaaie.
Tweede bok was op ±340m en "Quartering on", ek wou hom net voor die blad tref, maar te min toegelaat vir wind en die koeël het op die blad getref en is net voor die oorkantste boud uit. Bok het ±50m gehardloop.
Blesbok 1.
Blesbok 2.
Blesbok 2, Inskiet wond.
Blesbok 2.

Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Fri Jan 03, 2025 9:07 am
by ThinusS
Ek het tot op hede met SBC koeëls in 6mmCM, 7x57, .30-06, 9.3x62mm, .375 H&H en .416 rem mag gejag, en het nog net goeie resultate gehad.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Fri Jan 03, 2025 9:16 am
by Lategan1
Netjies Thinus, dankie. Die afstande en resultate is indrukwekkend.
Beste.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Fri Jan 03, 2025 7:56 pm
by ghriesman
Dki vir deel, was daar n goeie bloedspoor. Kon jy karkas ondersoek vir vleisskade?
Mooi 2025 vir jul
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Sat Jan 04, 2025 7:20 am
by ThinusS
ghriesman wrote: Fri Jan 03, 2025 7:56 pm
Dki vir deel, was daar n goeie bloedspoor. Kon jy karkas ondersoek vir vleisskade?
Mooi 2025 vir jul
Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Daar was 'n goeie bloedspoor uit die ingangswond, en die neus en mond. Vleisskade was soortgelyk aan 'n 90gr Hornady CX koeël in dieselfde kaliber (m.a.w, heeltemal aanvaarbaar) en baie minder as met 'n 87gr V-max in dieselfde kaliber.
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Jan 06, 2025 1:05 pm
by ThinusS
85gr SBC 6mm koeël, herwin uit 'n blesbok ram. Quartering away skoot op ±250m. Ingang agter ribbes, koeël herwin in oorkantste blad.
6mm CM, trompsnelheid ±3200vps.
Gewig van herwonne koeël: 81.9gr (96.4%)

Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Jan 06, 2025 2:41 pm
by DWB
Pragtig!
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Jan 20, 2025 12:44 pm
by ThinusS
Ek het 'n pakkie 250gr .375" koeëls gekoop vir my .375 H&H. Lading ontwikkeling was maklik en ek het besluit op 68.0gr S335 in 'n FC dop met Federal LRM slagdoppies. Trompsnelheid is ±2740vps en ek het 'n sub moa, 3 skoot groep op 100m geskiet. Die koeëlgat met die kruis deur is dieselfde koeël voor 69.0gr S335 in 'n PPU dop (±2720vps).
Ek het vroegoggend 'n blesbokram op 273m (gemeet) geskiet. Ingang was op die blad en die koeël is agter die oorkantste blad uit. Die ram het ±100m gehardloop en daar was 'n duidelike bloedspoor, nie dat dit nodig was nie, ek het hom sien val.
Die ingangswond op die blesbok. Rondeneus koeëls het wel 'n swak bc maar hulle pons lekker groot ingangswonde wat baie help wanneer jy 'n bloedspoor in digte bos moet volg. Ek het die geweer 2moa hoog ingestel op 100m, hy skiet dan ½moa laag op 200m (wat weglaatbaar klein is, vir jag), 2moa laag op 250m, 4 moa laag op 300m en 6 moa laag op 350m. In my opinie is dit 'n goeie jag koeël vir alles van rooibok tot eland tot en met 300m.
Die tweede bok vir die oggend was 'n jong waterbok bulletjie. Afstand was ± 250m, quartering on, die koeël is op die bled in en agter die oorkantste blad uit. Hy het ±100m gehardloop en 'n duidelike bloedspoor gelos. Karkas gewig was 105kg.

Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Jan 20, 2025 2:16 pm
by ThinusS
Die koeël uit 'n tweede waterbok bulletjie wat ek vanoggend geskiet het. Die bok was ± dieselfde grootte as die een in die vorige foto. Hy het baie skuins weg van my af gestaan op ±250m en die koeël het net voor die linkerboud getref (verder terug as wat ek beplan het) en is in die linker ribbekas, net agter die blad herwin. Ek het die bok 'n tweede skoot gegee (dié koeël is egter nie herwin nie) maar ek dink dit was onnodig, Die eerste skoot het heelwat skade aan die linkerlong aangerig. Maar ek skiet eerder 'n tweede skoot as om 'n bok te verloor.
Gewig van herwinde koeël: 239.2gr (95.7%)
Deursnee:16.6mm (1.7x)

Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Mar 03, 2025 6:27 pm
by Rudi Fischer
Nuwe gewig !!!
SBC .308 165gr

Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Mon Mar 03, 2025 6:30 pm
by MyLani
Rudi Fischer wrote:Nuwe gewig !!!
SBC .308 165gr

We need to have a "Like" button
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Spoor Bullet Company.
Posted: Tue Mar 04, 2025 3:58 pm
by Stukkies
Rudi Fischer wrote: Mon Mar 03, 2025 6:27 pm
Nuwe gewig !!!
SBC .308 165gr
Hi Rudi, het jy dalk al 'n 308 in 200gr of 215gr oorweeg vir die mane wat magnums skiet.