Page 24 of 41

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Nov 06, 2017 11:07 am
by Supacow
>:D Dis boom hout

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Nov 06, 2017 11:13 am
by ZKK
Ja julle grap jasse

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Nov 06, 2017 11:22 am
by Dries101
ZKK wrote:Watse hout is daai Dries?
(En ek hoop nou nie iemand se vir my dis n swart hout nie)
African Blackwood/Mpingo/Swart ivoor. Alles dieselfde ding (Dalbergia melanoxylon)

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 1:08 pm
by Johan Nel
Nog nie heeltemal klaar nie, die handvatsel moet nog klaar vernis word en 'n skede net om die messie in te bêre, moet gemaak word, maar hier is hy.
20171111_192823.jpg
20171111_192942.jpg
Dis 'n klein groentemessie/petty knife vir my dogter. Die lem is sowat agt sentimeter, totale lengte twintig sentimeter. Staal is onbekend en is verkry van 'n ramsaaglem. Hout is rooi mahonie. Die hout vertoon 'n mooi diepbruin kleur wanneer behandel. Die lem het 'n satynafwerking 800 grint.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:22 pm
by Johan Nel
Eerste afwerking aangebring
20171112_184335.jpg
20171112_184647.jpg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:12 pm
by Dries101
Johan Nel wrote:Eerste afwerking aangebring
20171112_184335.jpg
20171112_184647.jpg
Baie mooi!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:14 pm
by Dries101
Wolhuter wat ek vir Forum lid klaar gemaak het vandag. N690 met Pepper Burl hef.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:18 pm
by ZKK
Baie netjies julle.
Dries presies wat is daardie pepper burl?
Ek het nog nie van dit gehoor nie.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:34 pm
by Dries101
ZKK wrote:Baie netjies julle.
Dries presies wat is daardie pepper burl?
Ek het nog nie van dit gehoor nie.
Schinus Molle. Kom uit die Andes uit. Baie mooi hout- maklik om mee te werk. Erg duur(-,

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Nov 13, 2017 6:04 am
by Johan Nel
Dries101 wrote:Wolhuter wat ek vir Forum lid klaar gemaak het vandag. N690 met Pepper Burl hef.
Pragtige mes Dries. Die hout is besonders.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Nov 13, 2017 10:50 am
by Dries101
Johan Nel wrote:
Dries101 wrote:Wolhuter wat ek vir Forum lid klaar gemaak het vandag. N690 met Pepper Burl hef.
Pragtige mes Dries. Die hout is besonders.
Dankie Johan

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:50 am
by GooseMan
More Kerels,

waar sal ek so gas bottel in hande kan kry en hoeveel gaan hulle voor omtrent?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 23, 2017 9:55 am
by Viking
Enige hardeware winkel behoort aan te hou of kyk by die ouens wat loodgieter toebehore verkoop.

Hulle retail so tussen R250 - R300...en die gashouertjie is R20- R30.

Die nozzle moet net reg verstelbaar wees om 'n sterk flam te gee!!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 23, 2017 10:29 am
by ZKK
More Gooseman.
Ek dink jy moet eerder die geld gebruik en n gewone LPG gasbottel kry.
Al wat jy moet by koop is n high pressure regulator.
Die venturi/gas burner kan mens self bou (daar is baie youtube videos).

So voor jy te veel geld op die propane set-up spandeer, doen eers jou navorsing oor wat n oordentlike sisteem jou gaan kos.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 23, 2017 10:31 am
by ZKK
Waar kan n mens in Pretoria laser engraving om mens se messe laat doen?
Het iemand n company wat hulle kan aanbeveel?
Groete

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 23, 2017 11:04 am
by GooseMan
Hi ZZK,
thanx vir die terugvoer

Ek het eintlik n gas bottel, en het gedink aan die opsies, maar het gedink dit gaan duur uitwerk.
kan jy dalk vir my prent/foto of link plaas van die tipe "high Presure Regulator" wat ek kan kyk na. sal ek n "nozzle" tipe ding ook moet aankoop?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Nov 28, 2017 8:46 am
by jamalley
Goeie dag manne / vriende

Ek soek 'n bietjie raad - my Einhell Bandsaag se wiele se "tyres" is gaar, kan iemand my dalk help met 'n kontak of inligting of daar iemand/'n besigheid in Suid Afrika is waar ek vervangende "tyres" kan koop - ek sien op internet dat daar sogenaamde "stretch tyres" oorsee beskikbaar is - ek het ook opgemerk dat mens 'n stuk leer kan sny en dan daarop plak, maar ek is onseker of dit sal werk.

Groete


Riaan Meintjes

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Nov 29, 2017 3:16 pm
by GooseMan
waar tel julle manne die ou saag lemme op?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Nov 29, 2017 5:40 pm
by Viking
Pandjies winkels....maar moenie die lemme met 'tungsten tips" gebruik nie. Die lem gedeelte word nie baie verhard nie, omdat die tips klaar hard is.

Die gewone saaglem is harder, omdat die rip of saagwerk met die gewone tande gedoen word.

Ek het by 'n loodgieter pel (Joe Rocket) 'n paar diamant lemme gekry waarmee hulle in mure sny om pype te lê...dink dit behoort ook verhard te wees.

Saaglemme is net 'n goedkoop alternatief om 'n paar basiese vaardighede te kan bemeester.

Die gurus op die draad is reg dat die mes blanks 'n beter eind produk gee, maar jy is dikwels te bang en neuk die blank op dat jy begin steriotiep raak in wat jy wil en kan doen. Daarom trial en error ek met die saaglemme.

Ek hou jou entoesiasme en die ander manne hierbo baie fyn dop en staan verstom oor wat die rookies vermag!!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Nov 29, 2017 6:34 pm
by Dries101
ZKK wrote:Waar kan n mens in Pretoria laser engraving om mens se messe laat doen?
Het iemand n company wat hulle kan aanbeveel?
Groete

Ettienne Vorster messe

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 30, 2017 8:51 am
by GooseMan
Dankie Viking, Ek sal verseker bietjie by die pandjies winkels inloer. Hulle is deesdae net skaars, veral hier in JHB.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 30, 2017 10:47 am
by Johan Nel
GooseMan,
Gaan soek ook maar die plaaslike saagdokter op, die manne wat die saagmeulens se lemme vir hulle regmaak en slyp. Koolstofstale vir mesmaak is ook nie massief duur nie. Soek die plaaslike mesmaker produk veskaffers op en kyk wat het hulle in voorraad. Alhoewel ek self skuldig is daaraan om ou saaglem en ander gratis bronne van staal te probeer gebruik, is dit maar 'n probleem as jy nie weet wat se staal jy het vir die verhardingsproses nie.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Nov 30, 2017 11:07 am
by GooseMan
Hi Johan,

Ja nee ek stem saam, ek het eintlik my eerste bestelling van "mes maak goed" gister ontvang, waarby ek vir my lengte 5160 gekoop het. Wag in antisipasie om in die werk te spring.
Ek wil net graag ook n mes of twee probeer met die saaglem soos die ander ouens. soos jy gesien het, ek het tot selfs al die "spanner" mes gemaak. (wil so te se al die uitdaagings probeer)
Ek gaan verseker vir my ernstige messe bekende staal gebruik om die regte verharding te verseker, en ek glo die bekende staal gaan minder uitdaagings meebring.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Dec 12, 2017 8:38 am
by GooseMan
More Manne,

Kan die kenner dalk bietjie kennis deel rakende die "burner" se plaasing as ek 'n Koffie kan Forge gaan maak?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Dec 12, 2017 8:45 am
by joe rocket
Daar is verkeie videos op you tube. Plaas die burner as jy die forge van voor af kyk in die middel van die blik op die 3 uur posisie.