Page 26 of 42

Re: Pay it forward

Posted: Sat Sep 21, 2019 11:12 am
by Xplicitly
Die het nou wel niks met jag of skiet te doen nie, maar wou maar hoor of iemand dit soek voor dit asblik toe gaan....
20190921_110920.jpg
Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Sat Sep 21, 2019 12:29 pm
by knipmes
Kan ek asb die Ryobi bandskuurder kry? :)

Re: Pay it forward

Posted: Sat Sep 21, 2019 2:18 pm
by Jurgen Visser
knipmes wrote:Kan ek asb die Ryobi bandskuurder kry? :)

Skerp :laugh: :laugh:

Re: Pay it forward

Posted: Sat Sep 21, 2019 5:17 pm
by Xplicitly
knipmes wrote:Kan ek asb die Ryobi bandskuurder kry? :)
Hahahahaha. Ek het gewag vir daardie ene.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Mon Sep 23, 2019 4:38 pm
by Tiny Hunter
Ek het n .222 Anschütz magasyn wat ek nie gebruik nie. Enige iemand wat dalk belangstel?

Pay it forward

Posted: Mon Sep 23, 2019 4:38 pm
by Tiny Hunter
.

Re: Pay it forward

Posted: Mon Sep 23, 2019 6:11 pm
by Geno
Tiny Hunter wrote:Ek het n .222 Anschütz magasyn wat ek nie gebruik nie. Enige iemand wat dalk belangstel?
Kan ek hom kry asb?

Sent from my SM-G975F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Mon Sep 23, 2019 6:13 pm
by Tiny Hunter
Hy is joune Geno. PM my vir reelings.

Re: Pay it forward

Posted: Sun Sep 29, 2019 1:44 pm
by wlm
Langeraat het 2 cheek-raisers geskenk aan Williston Droogtehulp. Ek vat kry hulle maak 'n donasie aan die fonds.
Op my beurt gooi ek weer die 44 Special LEE dies wat ek adverteer in die pot.

Re: Pay it forward

Posted: Wed Oct 16, 2019 9:18 am
by Geno
More.
Ek het die Anschutz magasyn by Tiny Hunter gekry en gooi dei volgende in die pot:

Lee matrys stel vir .270win. Sluit in factory crimp die.

Groete
Geno

Re: Pay it forward

Posted: Wed Nov 13, 2019 1:58 pm
by Geno
Geno wrote:More.
Ek het die Anschutz magasyn by Tiny Hunter gekry en gooi dei volgende in die pot:

Lee matrys stel vir .270win. Sluit in factory crimp die.

Groete
Geno
Niemand wat n gratis .270 die set soek nie?

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Wed Nov 13, 2019 2:09 pm
by KalahariLion
Geno
As ek eerste is sal ek die die set vat asb? Ek sal net moet gaan loer wat het ek om in te gooi.

Groete

Johan

Re: Pay it forward

Posted: Wed Nov 13, 2019 3:31 pm
by Geno
Reg so Johan

Re: Pay it forward

Posted: Sat Nov 30, 2019 1:44 pm
by Armand Steenkamp
Geno as die 270dies3t noe gevat is nie dan sal ek hom vat.

Re: Pay it forward

Posted: Sun Dec 01, 2019 6:20 am
by Geno
Die dieset is gestuur na Johan toe.

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Mon Dec 30, 2019 2:27 pm
by sPRINGHAAS
Ek het so 32 x 22-250 doppe waarvan die meerderheid PMP is indien iemand belangstel. Ek kan ongelukkig nie sê hoeveel keer hulle geskiet is nie, aangesien ek hulle destyds saam met die geweer gekry het.

Re: Pay it forward

Posted: Thu Jan 02, 2020 7:09 am
by Toxxyc
Ek subscribe net na die draad toe. Ek het so baie al op die forum gekry, ek wil bietjie teruggee wat ek het. Ek het so ruk terug doppe versamel, en 'n paar doppe wat ek gekry het sal seker meer as asblik werd wees. Daar is NIE baie nie, maar ek sal inventaris neem en plaas wat ek het. Ek weet daar is so 5 of 6 .416 Taylor doppe en nog 'n paar ander tussen. Ek plaas die net hier sodat ek nie vergeet nie.

Re: Pay it forward

Posted: Fri Jan 03, 2020 6:57 am
by Toxxyc
OK ek het gaan kyk en gekry. Daar is:

7 x 9.3x74R doppe. 'n Paar is RWS headstamped, en 'n paar is S&B headstamped. Lyk asof hulle 'n paar jare op het, en dalk al 'n keer of wat gelaai is. Kondisie lyk vir my goed.

6 x 416 Taylor doppe. Headstamps lees Steward. Doppe is soos bo, lyk asof hulle al jare op het, maar die kondisie lyk goed.

12 x 20GA haelgeweer rondtes. Ek weet eerlikwaar nie waar dit vandaan kom nie, maar dit lê hier en ek het nie regtig 'n liksens daarvoor nie. Ek gee eerder vir iemand as om dit weg te gooi of op te sny of watookal. Toestand op die ammo is goed. Lyk of dit mooi opgepas is.

Skree as iemand iets soek. EDIT: Ek sal die doppe nie kan deprime nie, maar ek sal hulle in die skommelmasjien gooi sodat hulle mooi skoon en blink is as iemand hulle wil kom optel.

Daar is dalk nog ammunisie wat daar iewers rondlê, ek sal bietjie soek. Ek weet daar is nog 'n paar stokou .38 S&W rondtes ook (rewolwer ammo, as ek na die rim op die doppe kyk), en daar mag dalk nog 'n paar 7.65mm pistool rondtes ook wees. Ek het 'n klomp sakke vol gemors gekry van 'n "iemand" wat 'n "seker" pos verlaat het en ek neem aan dit was maar alles afkomstig van sy ou werk, maar ek wil nou daarvan ontslae raak. Dis oulik om dit alles te besit sonder liksens net vir so lank, en ek vertrou nie SAPS daarmee nie. Sal daar belangstelling wees in so iets?

Re: Pay it forward

Posted: Fri Jan 03, 2020 7:10 am
by Geno
Toxxyc wrote:OK ek het gaan kyk en gekry. Daar is:

Ek stel belang in sekere items. Sal jy my asb op whatsapp kontak? 0825354100

Sent from my SM-N975F using Tapatalk

Re: Pay it forward

Posted: Fri Jan 03, 2020 7:17 am
by Toxxyc
Geen probleem Geno, ek stuur jou 'n WhatsApp.

Re: Pay it forward

Posted: Fri Jan 03, 2020 8:12 am
by Rudi Fischer
Ek sal ook in n paar goed belangstel
Pm jou nou.

Re: Pay it forward

Posted: Sat Jan 04, 2020 8:21 pm
by Wielie Waps
Die .38S&W en 7.65 goedjies is so reg in my kraal.
Laat weet asb as hulle beskikbaar is. Ek sal hul neem.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 07, 2020 7:06 am
by Toxxyc
Geno kan niks vat nie, dit wat hy soek is alreeds geneem.

Rudi Fischer vat die 9.3 x 74R doppe en die 20-boor ammunisie. Hy tel vandag op.

@Wielie Waps, die .38S&W dingetjies en die 7.65mm ammunisie is nog beskikbaar. Stuur vir my 'n boodskap met jou selnommer en ek sal tel hoeveel van wat daar is, en jy is welkom om dit te neem. Jy moes my net vroeër laat weet het, ek was die naweek in Bloemfontein gewees vir 'n troue, heel toevallig... :(

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 07, 2020 8:20 am
by Wielie Waps
Dankie Toxxyc
Ek is net baie besig met begrafnis reelings. Sal later hier iets kom ingooi.

Re: Pay it forward

Posted: Tue Jan 07, 2020 12:14 pm
by Toxxyc
Die 9.3x74R doppe is weg.
Die 20ga Ammunisie is weg.
Die .38S&W Ammunisie is "on hold" vir Oom Wielie Waps.
Die 7.65mm Ammunisie is "on hold" vir Oom Wielie Waps.

Ek het nog die 6 x .416 Taylor doppe beskikbaar.