Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Weet iemand dalks van iemand se sussie wat weet van iemand se boyfriend wat weet van iemand in die land waar mens n klein stukkie 1084 staal in die hande kan kry?
Die goed is so skaars soos hoender tande.
Ek wil net vir my een mes maak met 1084 om met die staal te eksperimenteer.
Laat maar weet as julle weet van iemand.
Groete
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Dan wil ek nog iets met julle bespreek.
Ek laat op hierdie stadium my verharding by iemand doen.
Al my 5160 lemme is puik wat ek van hom af terug kry (kan baie abuse vat sonder om te chip of the buig)
Al my N690 lemme is ook puik, kry n baie lekker vlymskerp edge op hulle.
Maar ek het nou al 3 x O1 lemme by dieselfde ou ingegee.
Volgens internet is mens veronderstel om n razors edge uit O1 te kan kry.
Ek kry net nie my O1 lemme naastenby so skerp soos my N690 lemme nie.

Kan dit wees dat die betrokke persoon dalks nie die verharding van die O1 lemme 100% reg doen nie?
Of doen ek dalks iets verkeerd?
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by HennieL »

ZKK wrote:...Maar ek het nou al 3 x O1 lemme by dieselfde ou ingegee.
Volgens internet is mens veronderstel om n razors edge uit O1 te kan kry.
Ek kry net nie my O1 lemme naastenby so skerp soos my N690 lemme nie.

Kan dit wees dat die betrokke persoon dalks nie die verharding van die O1 lemme 100% reg doen nie?
Of doen ek dalks iets verkeerd?
Dit is heel moontlik die verharding, maar mens sal eers kan sê as ons die verhardingsresep van die ou af kry. Die volgende kan dalk van hulp wees:

* O1 moet so tussen 10-20 minute by die verhardingstemperatuur ge"soak" word (by daardie temperatuur gehou word)
* Dit moet in warm olie gequench word (so 50°C - 60°C) - en mens moet die regte quenching olie gebruik - nie ou motorolie, ens. nie! (Canola kookolie werk egter ook baie goed...)
* Quenching moet vinnig geskiet - as die mes eers uit foelie gehaal moet word is dit te lank, en foelie self keer ook dat die staal nie vinnig genoeg afkoel nie. Mens moet dus die staal sonder foelie in die oond sit, en dit veroorsaak dat mens koolstof uit die staal verloor - dis een van die redes hoekom ek altyd aanbeveel dat 'n mes eers verhard moet word, en dan gegrind moet word, sodat die "decarbonated" staal weggegrind kan word.
* Die staal moet nie te koud wees nie, maar ook nie te warm nie - akkurate temperatuurbeheer in 'n elektroniese oond is dus van uiters belang (anders as met 5160 wat maklik met 'n vlam/forge verhard kan word...). Die korrekte temperatuur vir O1 mes is tussen 800°C en 810°C.

Daar is nog baie ander faktore wat 'n rol kan speel, maar jy sal eers vir ons bietjie meer inligting oor die verhardingsproses, en jou grinding proses moet gee voordat mens iets sinvol kan voorstel.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Ek het geen idee watse proses gevolg word nie.
Ek grind gewoonlik voor verharding.

Ek is altyd bang dat my lem oorverhit as mens eers verhard en dan grind.

Wat kos n elektriese oond as mens jou verharding self wil doen?
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Oja baie dankie vir die terugvoer Hennie
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by HennieL »

ZKK wrote:Ek het geen idee watse proses gevolg word nie.
Dis presies hoekom ek reeds vroeg in my mesmakersloopbaan besluit het om my eie verharding te doen. Ek wil graad die beste moontlike "performance" uit my messe kry, en dit kan mens net verseker as jy jou eie verhardingsprosesse kan beheer.
Ek grind gewoonlik voor verharding. Ek is altyd bang dat my lem oorverhit as mens eers verhard en dan grind.
Ek het ook so gemaak voordat ek van beter geweet het. Solank as wat mens die lem gereeld in water afkoel, en mens met kaal hande grind sodat jou vingers brand lank voordat die staal sy temper verloor, is dit BAIE beter om na verharding te grind. Deur na verharding te grind kan 'n mens 'n effense buig in die lem reg grind, maar die belangrikste is dat mens dan enige staal wat tydens die verhardingsproses koolstof verloor het weg grind, wat verseker dat net goeie, verharde, staal oorbly. Ek het 'n Rockwell toetsapparaat, en hardheidstoetse wat ek op baie lemme oor 'n hele klompie jare gedoen het (op my eie messe, en ook op baie ander mesmakers se messe...), het my oortuig dat dit die beste manier is - nie net vir hoë koolstof staal soos O1, D2 en 5160 nie, maar ook vir vlekvrye staal soos N690, 14C28N, Elmax, S35VN en M390, om maar 'n klompie soorte te noem wat ek gereeld mee werk.

As 'n bonus gebeur grinding foute ook stadiger as mens met verharde staal werk ;D
Wat kos n elektriese oond as mens jou verharding self wil doen?
My oond het so R6000.00 gekos sowat 8 jaar gelede (as ek reg onthou...) - het geen idee wat hulle deesdae kos nie - bel vir Andre Erasmus van North West knives by 084 agt twee vyf vier vier twee sewe - hulle verskaf goeie toerusting, en behoort ook oonde te verskaf.
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

Hennie, die firma wat die oonde bou is hier in die Vaaldriehoek. Ek het myne by hulle gekoop en sover ek weet voorsien hulle oonde aan al die mes toerusting handelaars. Ek het nie nou hulle naam en nommer nie maar ek kan dit kry as iemand sou belangstel.
Groetnis
Pieter
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Dankie Pieter, ek sal bly wees as jy die kontak details vir ons kan stuur en ook wat hulle kos
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

ZKK wrote:Dankie Pieter, ek sal bly wees as jy die kontak details vir ons kan stuur en ook wat hulle kos
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

Die kontakbesonderhede is soos volg
Webwerf is www.custom.co.za
Kontakpersoon is John Lee
Tel 016 drie ses vyf 5723
Epos adres is services@custom.co.za
Ek het ongelukkig nie die jongste prys nie.
Hoop jy kom reg
Groetnis
Pieter
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

Ek het net gevoel ek wil hierdie een met julle deel. My jongste poging. n Verjaarsdaggeskenk vir my dogter.
Groetnis
Pieter
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Daai is baie netjies Dogmatix.
Is dit mother of pearl?
lekkerjag
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sun Sep 25, 2016 6:46 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by lekkerjag »

Pieter dit is n pragtige mes. My familie is baie beindruk, jy mag maat.

Groete

Willie
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

ZKK wrote:Daai is baie netjies Dogmatix.
Is dit mother of pearl?
Nee dit is perlemoen. Het dit per geluk raakgeloop op 'n vlooimark in Sedgefield.
Dankie Willie
Groetnis
Pieter
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Maak jou eie mes

Post by ruaanb »

julle moet sê as julle perlemoen skulp soek. hier is baie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

dogmatix wrote:Ek het net gevoel ek wil hierdie een met julle deel. My jongste poging. n Verjaarsdaggeskenk vir my dogter.
Groetnis
Pieter
Pieter,
Jy is geen beginner nie, dis verseker. Dis 'n pragtige mes daardie, welgedaan.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

HennieL wrote:
ZKK wrote:Ek het geen idee watse proses gevolg word nie.
Dis presies hoekom ek reeds vroeg in my mesmakersloopbaan besluit het om my eie verharding te doen. Ek wil graad die beste moontlike "performance" uit my messe kry, en dit kan mens net verseker as jy jou eie verhardingsprosesse kan beheer.
Ek grind gewoonlik voor verharding. Ek is altyd bang dat my lem oorverhit as mens eers verhard en dan grind.
Ek het ook so gemaak voordat ek van beter geweet het. Solank as wat mens die lem gereeld in water afkoel, en mens met kaal hande grind sodat jou vingers brand lank voordat die staal sy temper verloor, is dit BAIE beter om na verharding te grind. Deur na verharding te grind kan 'n mens 'n effense buig in die lem reg grind, maar die belangrikste is dat mens dan enige staal wat tydens die verhardingsproses koolstof verloor het weg grind, wat verseker dat net goeie, verharde, staal oorbly. Ek het 'n Rockwell toetsapparaat, en hardheidstoetse wat ek op baie lemme oor 'n hele klompie jare gedoen het (op my eie messe, en ook op baie ander mesmakers se messe...), het my oortuig dat dit die beste manier is - nie net vir hoë koolstof staal soos O1, D2 en 5160 nie, maar ook vir vlekvrye staal soos N690, 14C28N, Elmax, S35VN en M390, om maar 'n klompie soorte te noem wat ek gereeld mee werk.

As 'n bonus gebeur grinding foute ook stadiger as mens met verharde staal werk ;D
Wat kos n elektriese oond as mens jou verharding self wil doen?
My oond het so R6000.00 gekos sowat 8 jaar gelede (as ek reg onthou...) - het geen idee wat hulle deesdae kos nie - bel vir Andre Erasmus van North West knives by 084 agt twee vyf vier vier twee sewe - hulle verskaf goeie toerusting, en behoort ook oonde te verskaf.
Beste Hennie.
As jy moet kies tussen N690 en 14C28N, wat sal jy kies?
En het jy al met 52100 se verharding ge-eksperimenteer?
Groete
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

Dankie vir die komplement Johan. Ja ek maak al 'n rukkie messe maar daars altyd ruimte vir verbetering
Pieter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Ek begeer om te leer hoe om tradisionele friction folders & slip joints te maak.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Pieter_Brink »

Johan Nel wrote:Ek begeer om te leer hoe om tradisionele friction folders & slip joints te maak.
Johan, ons kan miskien bietjie gesels. Se vir my watse toerusting jy het en het jy al n paar messe gemaak? Dit sal my n aanduiding gee hoe ek jou kan help.

Groetnis
Pieter
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by HennieL »

ZKK wrote:As jy moet kies tussen N690 en 14C28N, wat sal jy kies?
Ek verkies 14C28N bo N690, aangesien dit 'n baie goed gebalanseerde staal is, en wat ook baie suiwer is - hierdie staal is nie heeltemal so slytasie bestand as die N690 nie, maar teen 58-59Rc kan dit baie skerper as die N690 geslyp word as gevolg van die staal se baie klein greinstruktuur en gebrek aan groot karbiete. Dit poleer ook baie blink, sonder die "lemon peel" effek van die N690.
En het jy al met 52100 se verharding ge-eksperimenteer?
Ek het al 'n paar messe van 52100 verhard, maar het nog net een mes self uit 'n trein wiellaer gesmee. Dis 'n uitstekende messtaal - net jammer dat mens nie plat plaat in Suid Afrika te koop kry nie. As gevolg van die hoë koolstofinhoud en kort quenching tyd is hierdie staal is nogal moeilik om reg te verhard. Ek het goeie resultate met die volgende resep behaal (jammer vir die Engelse terme...):
1. Normalise die staal nadat dit gesmee is deur dit te verhit tot 890°C en dan in stil lug te laat afkoel.
2. Spheroidal anneal die staal deur dit daarna tot by 795°C te verhit, dit dan redelik vinnig (in lug) te laat afkoel tot by 690°C, en dit dat teen daardie temperatuur te hou vir 'n paar ure, waarna dit tot kamertemperatuur afgekoel word.
3. Vorm en boor die lem soos benodig
4. Verfyn die grein as volg:
- Verhit tot 890°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
- Verhit tot 840°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
- Verhit tot 790°C en "soak" vir 5 minute - laat afkoel in lug tot swart.
5. Verhit tot 805°C, "soak" vir 10-15 minute teen daardie temperatuur, en quench dan in warm (55°C) Canola olie. Dis baie belangrik om 'n vinnige olie soos warm Canola te gebruik, aangesien mens net sowat 2 sekondes tyd het om onder die perliet "neus" te kom vir volle verharding.
6. Behandel die verharde lem deur dit vir 24 uur in vloeibare stikstof te plaas, en dit daarna stadig te laat verhit tot by kamer temperatuur.
7. Temper die lem twee maal vir twee ure elk en laat elke keer afkoel tot by kamer temperatuur voordat dit weer verhit word. 205°C temper gee 'n hardheid van sowat 66-67Rc, en 230°C gee sowat 60-61Rc.

Hoop hierdie is van nut :) .
Groete
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Maak jou eie mes

Post by JTM »

Goeie dag Jaracal vriende. Ek het lanklaas kom inloer hier. Mensdom maar julle maak bitter netjiese messe.

Ek het in die gees van die oosprong van die onderwerp ook weer slag my hande op 'n paar stukkies gereedskap en skroot metaal gelê. Ek het vir 'n slag 'n mes projek begin en voltooi.

Dit is van 'n petrol bossie slaner se lem gemaak. Ek het dit met sorg uitgesny so koud moontlik en probeer bewerk sonder om lem te oorverhit en temper te beskadig.

Tot dusvêr hou die snyvlak nog mooi en het ek die tyd in die werkswinkel geniet. Dit was meer terapeties gewees as wat ek gedink het en kon ek slag weer my kop skoonmaak.

Die ontwerp is so mengsel tussen 'n kort sheepfoot en clever. Ek noem dit sommer my Sheeplever. ;)
15284369922670.jpg
15284370474611.jpg
15284370723122.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Baie dankie Hennie.
Ek het nog net een mes geforge, en daarvoor het ek 52100 gebruik.

Daai mes vat n baie lekker edge.
Maar 52100 is n beer om te smee
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Ek sal baie graag vir my n kampmes wil forge uit 52100, maar om n bearing van geskikte grootte te kry is moeilik.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Netjiese klein messie daar, Jannie.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply