Page 29 of 41

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 06, 2018 4:27 pm
by GooseMan
Het jy jou oondjie in gebrand?
dit sal ook help om jou oond egalig warm te maak en dalk die lem te beweeg uit te skakel...

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 07, 2018 4:05 pm
by GooseMan
Het hierdie drie oukies vir my pa gemaak.
Gemaak van 5160 staal.
Het hulle to gepatina in asyn.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 07, 2018 4:06 pm
by GooseMan
Finale produk

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 14, 2018 7:29 pm
by Johan Nel
Een Januarie vanjaar het ek heel party Nuwejaarsvoornemens gehad, wat 'n klomp naweekwegbreke ingesluit het, maar min het ek geweet...
Agt Januarie begin ek spierpyne in my bene ervaar met my bene wat voel soos lood. Oor die volgende paar dae stoei ek voort met die gedagte dat dit waarskynlik van die naweek se tuinwerk is, dat ek dalk 'n senuwee geknyp het en dat dit sal oorgaan. Die volgende week gaan dit net erger en ek gaan dokter toe. Hy kan nie iets tasbaar diagnoseer nie, gee vir my medikasie wat senuweestelsel herstel meewerk en se vir my as dit oor tien dae nog nie reg is nie, om weer in te kom. Tien dae later is die handbriek sterk opgetrek en sukkel ek om te loop. Dit lyk of ek soos 'n eend waggel in 'n poging om geloop te kry. Ek begin balans verloor en val van trappe af, neuk om as ek vinnig wil omdraai of vinnig probeer beweeg.
Die uiteinde is toe dat ek met limbale stenose gediagnoseer is, met werwel kussinkies in my lae rug en nek wat in my werwels ingeskuif het (herniated) en teen my rugmurg begin druk het. Die lae rug het sommer baie sleg gelyk op die scans. Ek is sommer dadelik afgeboek en die spesialis het ander pasiente uitgeskuif om my rug so gou moontlik te opereer. Twintig Maart is toe D-dag en toe begin een van die grootste aanpassings van my lewe. Drie van die werwels word geheg nadat die kussinkies verwyder is.
Die herstel proses is een van die grootste aanpassings wat ek nog in my lewe moes maak. Ek is so dankbaar dat ek weer redelik normaal kan loop, maar heelparty ander vaardighede moet nog weer regkom. Ek kan niks optel nie, buk is 'n heel nuwe 'ball game'. Tot baie onlangs was opdraende stap en trappe klim 'n missie. Dis nog steeds werk, maar gaan al baie goed. Ek stap baie wat deel is van die herstelproses, maar spoed was daar nie. Ek kan nou darem al weer 'n redelike pas handhaaf. Ek was agt weke op siekverlof na die operasie en het aan die begin gebrul na die einde van 'n dag se werk. As ek gaan le, dan is my rug so styf soos 'n stok en sommer vrek seer ook met tye. Dinge soos vooroor leun oor 'n tafel om nader aan 'n rekenaarskerm te kom is so uit soos koekies in 'n weeshuis. Dis onmiddelike pyn en ongemak. Ek kan heeldag staan en rondstap, maar nie aanhoudend sit nie, en ek moet goeie ondersteuning vir my rug he. Die rugleuning moet reg wees. Opstaan, gaan le, in 'n kar klim en uitklim het nuwe dimensies van 'normaal' aangeneem. Volgens die dokter gaan dit sowat twee jaar neem om volkome te herstel. Die naweek wil ek die hoenders van die komposhoop af verwilder omdat hulle die hele hoop plat skrop. Toe ek 'n klip na hulle slinger, toe kan ek nie meer reg klipgooi nie... :laugh: Nog iets wat nog moet regkom.

Nouja, die lang relaas net om te kan se dat mesmaak bietjie op die 'back burner' was na die operasie. Ek het met 'n mes begin wat ek bloot nie kon deursien nie. Omdat ek my messe met die hand vyl, was dit aanvanklik 'n onbegonne taak gewees. Ek kon egter nou weer die projek aanpak en het fluks gevorder die afgelope paar dae.
IMG_20180814_172246.jpg
IMG_20180814_141116.jpg
Die mes is heel afgewerk en afgeskuur tot 400 grint. Ek gaan nog afskuur tot 800 grint en dan die hef aanpak.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 14, 2018 7:45 pm
by Johan Nel
IMG_20180814_193538.jpg
Hierdie outjie is volgende op die lys. Dis 'n eie ontwerp en ek gaan die eerste een maak vir 'n forumlid aan wie ek dit belowe het nadat hy my 'n groot guns bewys het.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 14, 2018 11:23 pm
by Viking
Johan dankie vir die deel van jou gesondheid - dis die een ding wat geld nie kan koop nie.
Sterkte met die rehab...as ek na die nuwe messe kyk dan het jy DEURSETTINGSVERMOë en n positiewe gees kom van n positiewe mens.
Mag jou herstel elke dag net meer en meer word my mesmaker maat!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 15, 2018 8:38 am
by GooseMan
Messie die naweek voltooi.

Gemaak uit 'n vyl met "sleeper" handvatsel.
Een Brass Pin, en die ander pin is van 'n gebreekde boorpunt.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 15, 2018 8:48 am
by Johan Nel
Netjies!

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Aug 15, 2018 12:01 pm
by GooseMan
Thanx Johan.

Jammer om te hoor van die gesondheid. Hou vir jou duimvas in die "battle".
Gelukkig het jy n lekker hobby om die brein ook 'n bietjie te laat aflsuit.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 16, 2018 7:31 am
by Johan Nel
Nee wat, dis nie so vreeslik nie. Mens het frustrasies met aspekte wat nie meer dieselfde is nie, maar die lewe gaan aan en mens pas aan.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Thu Aug 16, 2018 12:25 pm
by ZKK
Baie sterkte Johan.
Ja jong, die ou lewe gooi maar so nou en dan n curve ball.
Maar soos jy se mens moet maar aangaan.
Weereens sterkte

Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Aug 17, 2018 1:48 pm
by GooseMan
Ek het toevallig op 'n Youtube video afkom, en die knaap het n strop gemaak van 'n ou leer swys handskoen.
Wat sal julle se? Sal dit goed werk?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Fri Aug 17, 2018 3:50 pm
by ZKK
Ek het sommer n stuk leer so groor soos n A4 gevat en op n stuk hout geplak.
Baie eenvoudig

Wat ek nou al gevind het wat beter werk is om die A4 grootte stuk leer op n 110mm PVC pyp te plak.
Die kurwe van die pyp werk vir my lekkerder om dan te strop, en jy kan dan ook snaakse profiele soos recurves strop.

Ek het so bietjie buffing compound op my leer gesit, maar ek dink iets soos brasso sal ook werk as jy niks anders het nie.
Probeer maar en kyk wat werk vir jou.

Ek strop 10 keer op die een kant, draai mes om dan 9 op ander kant, flip dan 8, flip dan 7 en so aan tot jy by 0 kom
Dan 20 keer waar jy die mes elke keer omdraai.

Moenie te hard op die leer druk nie, dan maak jy jou mes stomp.
Laat my asb weet wat die resultaat is

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 20, 2018 8:27 am
by GooseMan
Hi ZZK,

het die leer op n stukkie hout geplak. Heel okay uit gekom.
Ek het Torc Craft "polishing compound" op gespoor, maar die "compound" is kliphard en will nie lekker op die strop smeer nie.
Ek kry kon nie n mes baie skerp kry nie, maar ek dink dit sal nog oefening vat.
Meskien moet ek maar net die regte groen compound aanskaf en klaar kry :)

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 7:24 am
by ZKK
Hi Gooseman ek het ook maar met daardie Torq craft se compounds begin.
Onthou net, jy gaan nie n stomp mes skerp maak op n strop nie.
Jy gaan wel n skerp mes, vlym skerp maak.

Soos ek gese het, as jy te hard druk op die leer, maak jy die mes stomp.
So daar is so bietjie tegniek betrokke

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 7:25 am
by ZKK
wat ek ook doen is tydens die skerp maak proses, om die lem deur n stuk kurk te trek om die "burr" af te kry.

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 8:16 am
by GooseMan
ja nee, jy praat die waarheid.

Ek het gisteraand reg gekry om n mooi laggie compound op die strop te kry, maar ek bly my arme mes stomp maak.
so die arme vrou wil gill waneer ek voor die tv sit met my steen en slyp.
Ek sal maar die mes met my belt-grinder weer skerp maak en dan hom probeer vlym skerp maak.

hoeveel druk moet ek toepas om hom mooi skerp the kry. ekt gesien as jy te hard druk, ja, dan maak jy hom stomp, maar te liggies, sien ek nie enige resultate nie. soos ek verstaan, vat die nie baie werk om hom vlym skerp te kry met die strop nie, gegewe dat die mes klaar skerp is?

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 10:39 am
by Viking
Gooseman dis belangrik om te verstaan hoekom jy strop gebruik...

"Stropping is a vital process in knife sharpening that does the following: realigns a knife's cutting edge, removes any excess metal, and last but not least polishes and smoothens the blade."

Lees gerus die artikel - hoop dit help om vrae op te klaar.

https://scienceofsharp.wordpress.com/20 ... opping-do/

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 1:20 pm
by GooseMan
Hi Viking,

dankie vir die webtuise se link. Interresante leesstof.
Bietjie te ingewikkeld vir my, maar die basiese idee kry ek!

Groete

Re: Maak jou eie mes

Posted: Tue Aug 21, 2018 4:36 pm
by Viking
GooseMan wrote:Hi Viking,

dankie vir die webtuise se link. Interresante leesstof.
Bietjie te ingewikkeld vir my, maar die basiese idee kry ek!

Groete
GooseMan,

Ek kry die leesstof van 'n swaer wat 'n metalurg is en staal tot in die hiernamaals kan bespied...vir my maak dit ook nie veel sin nie.

Aan die regterkant van die artikel is verdere artikels wat verwys na die interaksie van "compound" op die strop. Die hele gedoente gaan maar oor die gladde poleer van die staal om dit vlymskerp te kry.

Wat ek wel van oortuig is, is die feit dat "horse leather" blykbaar die mees aangewese strop materiaal is om te gebruik as jy regtig wil strop maak.

Ek doen baie leerwerk en vandat ek so 'n strop gemaak het is my snygereedskap NOOIT stomp nie!

"n Glad gepoleerde lem sny deur leer soos 'n warm mes deur botter ;)

Strop maak van "horse leather"
20160806_090452.jpg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 26, 2018 4:10 am
by Vlakvark
Manne ek deel die video net om die ''vice'' te wys wat die man gebruik,nie oor die mes self nie.Want hy kan nie eers 'n mes maak nie.Swak se ek vir julle. Maar kyk na die ''Vice'', klamp, bank skroef of wat ook al 'n man dit sal noem.
Dis wragtig maklik om so klamp te maak,en dit gaan definitief 'n baie goeie stukkie gereedskap wees.


https://www.facebook.com/DIYCraftsTV/vi ... IwNjkwNjA/


https://l.facebook.com/l.php?u=https%3A ... BsxxK7nZ-w

Re: Maak jou eie mes

Posted: Sun Aug 26, 2018 4:46 pm
by Johan Nel
Hallo Vlakvark,
Het jy die planne vir een? Daar is 'n ronde pyp weergawe, soos die een waarn jy verwys en dan 'n squire tubing een ook. Ek dink die ronde pyp weergawe werk beter, want dit kan in die pyp roteer om beter toegang tot die verskillende hoekies te kry.
Kyk gerus hieronder vir aanswysings. Jy sal net na metries to moet omwerk om die materiaal en afmetings te kan uitwerk:
https://knifedogs.com/threads/knifemake ... rial.2294/

Re: Maak jou eie mes

Posted: Mon Aug 27, 2018 12:46 pm
by GooseMan
Heel toevallig julle gesels oor die "knife-Makers Vice".
Ek het gister die een aan mekaar geslaan.
Glad nie so "gesofistikeerd" soos die een in Johan se link nie, maar ek glo hy gaan die werk doen.

Ek het by plaaslike staal plek in gehardloop, en wou oorspronklik "round Tubing" gekoop het, maar was to uitverkoop, of ek moes 2m lengtes koop.

Die verkoops man se toe ons moet gaan kyk in hulle "off-cuts bin". Het toe nie Round-Tube" gehad nie, maar my oog van toe die "square-tubing".
Ek gryp toe die twee stukke, en die verkoops man gee hulle sommer vir my verniet.

Ek het to 'n gat geboor in die grootste stuk, en hom "ge-thread". Hy gaan basies die dunner "tube" vas gryp.
Ek het toe ook gat geboor in die kleiner "tube", en ook "ge-thread".
Het toe ook gat gebbor aan die agter kant van die Vice, en aan my werksbank vas beboud.

Ek het twee stukkies hout uitsny wat binne die dunste "tube" pas, en leer stukkies op hulle geplak.
Het die draai-knoppe by plaaslike hardeware winkel gekry vir R6 een.

Hy werk soos n bom, en huou die mes styf was, en is nie lomp nie.

die meneer het my toe R12 gekos

(Hoekom gooi Jakaral my fotos op sy kant elke keer as ek prent oplaai?)

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 19, 2018 7:49 am
by Hein22
Ek sien hierdie op 'n motorfiets forum wat ek so nou en dan op loer. Gedink dit is nogals interessant en dat ek dit hier moet deel.
Mes 1.jpg
Mes 2.jpg
Mes 3.jpg

Re: Maak jou eie mes

Posted: Wed Sep 19, 2018 8:24 am
by Johan Nel
Dis baie interessant.