Page 4 of 6

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Mon Sep 07, 2015 11:06 am
by ruaanb
Daar is 'n Isuzu agentskap in DurbanRd net verby Tygervallei oppad N1 toe,een van Reeds se takke. Ek het 'n paar vriende wat die double cab auto's ry en hulle smile en wave net, geen issues nie. As jy wil kan ek vir jou een se nr stuur dan kan jy self met hom praat. Laat weet maar.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Jul 14, 2016 7:47 pm
by Jackalsniper
Is hier manne wat n 2009 plus model NP 300 Nissan 2.5 tdi 4x4 het?. Enige probleme met hulle?

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:08 pm
by Wouter Roets
Boys

My order is in vir die nuwe facelifted VW Amarok 3.0 TDI V6 4 Motion Auto Highline Plus! 165kw met 180kw beskikbaar op overboost vir 10sek. Behoort binne in hom te sit so begin Mei maand. Kan nie wag nie! Enige iemand wat belang stel in n 2016 VW 2.0 TDI Bi-turbo 4 Motion DC so oor drie maande?

Nou ja toe laat ons nou kyk of daar iets te se is oor melk bottels wat in 3l kom.

Groetnis
Wouter

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:15 pm
by Supacow
Nou nie melk maar osse kom ook in die kraal

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:37 pm
by Carl
Wouter Roets wrote:Boys
Nou ja toe laat ons nou kyk of daar iets te se is oor melk bottels wat in 3l kom.
Groetnis
Wouter
Woolworths verkoop hulle en 'n jong vers behoort een vol te maak. ;)

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:46 pm
by KalahariKlong
"165kw met 180kw beskikbaar op overboost vir 10sek."
Daai klik nou na ordentlike speel.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:46 pm
by Wouter Roets
So ek neem aan julle twee clowns stel nie belang nie? In elkgeval gedink die Amarok se gevorderde tegnologie sal nie aanklank vind by knape wat nou nog glo die 270 is die Alpha en Omega nie.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 2:55 pm
by Wouter Roets
KalahariKlong wrote:"165kw met 180kw beskikbaar op overboost vir 10sek."
Daai klik nou na ordentlike speel.
Ek stem. Ek was bang hulle dat hulle die 150kw of selfs die 130kw weergawe van die 3.0 V6 gaan inbring. Genadiglik toe nie. Ek bid/smeek/pleit al jare vir n DC bakkie wat iets beteken. Lekker ding is nou het jy n bakkie wat soos n SUV ry, hanteer en trek! Ek kan nie wag nie!

Chevvy kom in! Ons kort nou nog net vir jou met jou negatiewe kommentaar. Seker nie tyd vir diie forum nie, te besig om die eise van die Kuga eienaars teen die versekerings maatskappy uit te sort.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 3:12 pm
by Eugene
Wouter Roets wrote:Boys

My order is in vir die nuwe facelifted VW Amarok 3.0 TDI V6 4 Motion Auto Highline Plus! 165kw met 180kw beskikbaar op overboost vir 10sek. Behoort binne in hom te sit so begin Mei maand. Kan nie wag nie! Enige iemand wat belang stel in n 2016 VW 2.0 TDI Bi-turbo 4 Motion DC so oor drie maande?

Nou ja toe laat ons nou kyk of daar iets te se is oor melk bottels wat in 3l kom.

Groetnis
Wouter
Sal graag jou opinie wil hoor as jy eers die VW gekry het en getoets het. Self lankal lus vir die VW Amarok!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 3:35 pm
by Chevvy SS
Hier is ek Wouter.

Vir R800 000 behoort hy darem 'n bietjie beter as die ander bakkies te wees.....

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 3:47 pm
by Carl
Wouter Roets wrote:So ek neem aan julle twee clowns stel nie belang nie? In elkgeval gedink die Amarok se gevorderde tegnologie sal nie aanklank vind by knape wat nou nog glo die 270 IS die Alpha .
Reggemaak ;)
As dit 'n Hilux was het jy hom al verkoop! Dis soos 'n 270 almal wil hulle hê ;D ;D

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 3:58 pm
by Wouter Roets
Mnr. Optimus

Waar hoor jy daai prys? Eugene ek is klaar baie happy met die 2.0 Bi-turbo en het nog altyd gese hy kan doen met oordentlike krag, maar dit is nou maar net ek, ander ouens is baie gelukkig met hulle s'n. Koop myne man! Jy kan selfs Ann s'n oorweeg hy nog minder kilo's op. Carl ek het dit al gese, maar ek se dit weer, ons trek al by die jaar 2017!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:05 pm
by WitWillem (Charl)
enige idee wat die prys op die 3lt Amarok gaan wees?

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:15 pm
by willers
My Nissan MP 300 na 2 jaar in geruil op Ford net 8000.00 nam doller verloor oor die tyd.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:17 pm
by Supacow
2017 en nou eers is daar 3l Amabroeke ;)

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 4:56 pm
by Cobus(Cobb)
Gou 'n Kuga vraag...

Sal 'n bank vir jou fanansiering gee vir 'n 1,6 petrol??
Of gaan jy net by Ford Finance regkom??
En assuransie?? wie sal dit dra??

Cheers

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Wed Jan 18, 2017 5:01 pm
by Apie
Eugene wrote:
Wouter Roets wrote:Boys

My order is in vir die nuwe facelifted VW Amarok 3.0 TDI V6 4 Motion Auto Highline Plus! 165kw met 180kw beskikbaar op overboost vir 10sek. Behoort binne in hom te sit so begin Mei maand. Kan nie wag nie! Enige iemand wat belang stel in n 2016 VW 2.0 TDI Bi-turbo 4 Motion DC so oor drie maande?

Nou ja toe laat ons nou kyk of daar iets te se is oor melk bottels wat in 3l kom.

Groetnis
Wouter
Sal graag jou opinie wil hoor as jy eers die VW gekry het en getoets het. Self lankal lus vir die VW Amarok!
Ons maatskappy Amarok staan nou op 204000km.
Ry elke dag so 35km grondpad, sleep beeswa en laai gereeld ru materiale in JHB op.
3 verskillende drywers.
Hy vat baie hammering
Sy skokbrekers begin nou pla.
Verder loop hy soos 'n trein

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Feb 16, 2017 11:16 am
by Chevvy SS
WitWillem (Charl) wrote:enige idee wat die prys op die 3lt Amarok gaan wees?

So, how much are we looking at? Well, it seems only one V6 derivative will initially be on offer in SA, with this Extreme-badged variant coming in at just over R700 000. This makes it about R60 000 more than the outgoing range’s flagship model, the Ultimate, which it will essentially replace.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Feb 16, 2017 12:30 pm
by DriesdlR
Cobus(Cobb) wrote:Gou 'n Kuga vraag...

Sal 'n bank vir jou fanansiering gee vir 'n 1,6 petrol??
Of gaan jy net by Ford Finance regkom??
En assuransie?? wie sal dit dra??

Cheers
Ford Finance is maar die Bank!!

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Feb 16, 2017 12:45 pm
by Stephan86
Wouter het jy al 'n koper vir daai 2l vir jou, eendag as ek groot is sal ek die 3l koop.

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Feb 16, 2017 2:25 pm
by Wouter Roets
Stephan

Nee, ek sal hom eers hier in die begin van April in die mark sit.

Groetnis
Wouter

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Thu Mar 16, 2017 12:15 pm
by Vlakvark
Cobus(Cobb) wrote:Gou 'n Kuga vraag...

Sal 'n bank vir jou fanansiering gee vir 'n 1,6 petrol??
Of gaan jy net by Ford Finance regkom??
En assuransie?? wie sal dit dra??

Cheers


https://www.facebook.com/realdtg/videos ... 545843696/

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Mar 17, 2017 12:19 am
by Philip_R
Het iemand dalk n Ford Tourneo Custom, en wat is julle opinie van die bussie in vergelyking met ander soortgelyke bussies?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Mar 17, 2017 5:32 am
by Bierseun
Ek het een het nie enige ander bussies voor die een gehad nie maar ek sal vir jou sê hy is baie goed, ek het so bietjie met sy computer laat speel en dit maak groot verskil aan hoe die voertuig bestuur .


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Voertuig Besprekings

Posted: Fri Mar 17, 2017 7:56 am
by Philip_R
Dankie ek kyk ernstig na die Long wheel base model. Behoort darem met hom sonder n sleepwa meeste plekke kan gaan vir n week of 2.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro