Page 4 of 21
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 04, 2014 11:35 am
by Klopper
Mooi gegooi Eugene!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 04, 2014 11:43 am
by Hein (Haan)
Lekker Eugene!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Aug 04, 2014 11:47 am
by Supacow
Klerksdorp se bokke is nie veilig n hele paar klieks ander kant die heilige streep.
Well done!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Sep 22, 2014 10:26 am
by Fritz
Well done Ludwig!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Sep 22, 2014 10:47 am
by Hein (Haan)
Lekker Ludwig mooi geskiet
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:05 pm
by Heinz Petersen
Ludwig, ek was laas Donderdag by Kaapjag se vergaardering en Oom Chris van Niekerk het die gesprek rondom geweer skoonmaak gedoen.
Daar is sekere lope wat na 10 skote skoon gemaak moet word om te groepeer en dan is daar weer die wat net met n lappie deur getrek wil word om te groepeer.
My TOMBI en 308 haal ek ook nie die koper sommer uit nie anders neem dit weer so 20 skote voor hulle wil groepeer.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Sep 22, 2014 1:55 pm
by Marc
Ek was teenwoordig toe hierdie groepie geskied was, glo my maar die wind was alles behalwe gunstig. enige iets van 8-25mph.
Baie geluk Ludig

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Mon Sep 22, 2014 2:03 pm
by Marc
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:47 am
by Fritz
Dit maak sin dat elke loop se skoonmaakbehoeftes gaan verskil. As ons bench skiet dan skiet ons 75 skote in die dag, en ek kan duidelik die afname in akkuraatheid agterkom as ek nie skoonmaak nie, ten spyte daarvan dat ek die lading probeer verlaag. My Tikka .30-06 het 'n spesifieke venster van 25-30 skote waar hy buitengewoon goed skiet. Onder of bo daardie venster is 'n gemors en die copper equilibrium taktiek werk nie vir hom nie.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 9:37 am
by Fritz
Ek is geneig om met jou saam te stem.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 10:19 am
by JPS
Fritz Hagen wrote:Dit maak sin dat elke loop se skoonmaakbehoeftes gaan verskil. As ons bench skiet dan skiet ons 75 skote in die dag, en ek kan duidelik die afname in akkuraatheid agterkom as ek nie skoonmaak nie, ten spyte daarvan dat ek die lading probeer verlaag. My Tikka .30-06 het 'n spesifieke venster van 25-30 skote waar hy buitengewoon goed skiet. Onder of bo daardie venster is 'n gemors en die copper equilibrium taktiek werk nie vir hom nie.
Fritz,
My Tikka sporter doen presis dieselfde. En is verkriklik moeilik om skoon te maak ook.
Ek gaan bietjie die koper equilibrium teorie toets met die Krieger loop op die 25-06 en kyk of hy dalk daar werk.
Groete
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 10:28 am
by Arnold
Ek het nou al seker so 150 na 200 skote deur my 260 AI se loop na die laaste skoonmaak sessie en hy loop mooi ... ook 'n Broughton loop

Ek is eintlik bang om hom skoon te maak na ek so lekker geskiet het by ons vorige kompetisie
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 10:34 am
by Schalk.vdB
Eugene
Die begeerte om 'n Coke blikkie op 500 meter raak te skiet is seker nou al realiteit. Jy skiet seker nou seker vir die O in Coke.
Groete
schalk
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Tue Sep 23, 2014 12:17 pm
by Eugene
243RSA wrote:Eugene
Die begeerte om 'n Coke blikkie op 500 meter raak te skiet is seker nou al realiteit. Jy skiet seker nou seker vir die O in Coke.
Groete
schalk
Ja....... Coke blikkie op 500m is haalbaar onder gunstige omstandighede en ek het dit darem al reggekry (alhoewel eers met die 3de skoot!).
Oor my langtermyn doel van coke blikkie op 1000m..... Ek moet erken ek het die bar bietjie hoog gestel daar.

Dis seker nie onmoontlik nie, maar dis nog nie tans vir my haalbaar nie. Nog BAIE oefen voor ek daar kom en sal perfekte dag moet kies!
Maar ja, practice makes perfect! Een van die dae dalk.....

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 9:57 am
by tau
Ek het gister my nuwe oefen gong gaan probeer en dit werk vrek lekker. Dit is 'n 600x 600 vierkantige gong met 'n 20cm gong in die middel. Lekker om op te oefen en dan te sien waar val koeels hoe verder jy wegbeweeg. Ek het op 200m, 330 en toe 480m. Ek het die groep op 480m geskiet en daarna het ek die 20 cm gong op dieselfde afstand 3 keer na mekaar geklop. Die wind het sommer lekker van links gepomp en gewoonlik sien mens net stof agter die gong en jy weet nie rerig hoe hoog of laag die koeel geval het nie.
Ek is nou nie 'n opgevoede LA skut nie, maar self vir my met my maplotter setup was dit nogals maklik om die gongs raak te skiet nadat ek die wind en val kon sien op die groot plaat.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/500mgong_zps652b9ec0.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/500msetup_zps6c7c2688.jpg
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 11:31 am
by Eugene
Netjies Tau! Ja, backing help baie om te kan sien waar jy mis. Soms is mens net 5mm na links of regs weens die wind en sonder backing gaan jy nie weet watter kant is jy af nie!
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 2:08 pm
by Kalahari
Netjies my vriend, ek moet self nog so iets beplan sodat ek ook kan sien waar ek skiet , want die laaste tyd is dit nie op die gong nie

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 4:14 pm
by Hein (Haan)
Mooi gedoen Tau lyk na n lekker plek om te skiet daai.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 4:34 pm
by Chevvy SS
Netjies Tau en 'n goeie plan daardie.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Thu Sep 25, 2014 7:37 pm
by tau
Haan wrote:Mooi gedoen Tau lyk na n lekker plek om te skiet daai.
Dit is my "happy place" wat jy nie sien nie is dat my Motocross baan ook daar onder die skietbaan lĂȘ. Ek ry hier grondverskuiwings masjiene en my motorfietse en dan kan ek mal gaan met my gewere. Ongelukkig verander die landskap elker jaar tweekeer as hulle myn dan moet ek my skietbaan oormaak en my mx baan. Ek kon altyd net tot 450 skiet sonder om op of af te skiet, maar na die laaste myn sessie het ek nou die 480 m baan.
Chevvy SS wrote:Netjies Tau en 'n goeie plan daardie.
Oom ek het dit hier gesien en toe die Vrn500 plate laat sny en stands self gebou. Vir manne soos ek wat nie duur teleskope met baie verstellings besit nie of self nie kompeterend wil skiet nie werk die groot plaat lekker om jouself op teiken te kry.
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:12 am
by Eugene
Ek het gistermiddag gou gaan seker maak dat my lading ooreenstem met my ballistic app en het die volgende 5 skoot groep geskiet:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/611142_zps050cc7ac.jpg
Afstand: 500m
Kaliber: 6.5x284
Koeel: 140gr Nosler CC
Spoed: 2805 ft/s
DA: 7000
Temp: 83'F
Wind: 3mph uit 4 uur
Die eerste vier skote was mooi bymekaar en meet 1.117" of 0.203 moa.
Toe ek egter sien die eerste 4 is mooi bymekaar, toe pak die senuwees my en alhoewel ek eers 'n rukkie gevat het voor ek die 5de een geskiet het, het ek dit steeds opgeneuk....
Al 5 skote saam, meet 3.737" of 0.643 moa
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:16 am
by swc-tr
Mooi Eugene.
So ek verwag 'n voltal van jou more op die 500m gonge!

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:16 am
by cassie_calvinia
seker maar daai verf met 'n hammer afgekap
Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:19 am
by Eugene
swc-tr wrote:Mooi Eugene.
So ek verwag 'n voltal van jou more op die 500m gonge!

Schalk, ek wens! Ek is maar 'n choker as ek tussen ander mense skiet...

Gelukkig kon my span hierdie jaar daai stigma afskud en die beker huis toe bring, so dalk kan ek ook! 'n Blinde duif moet ook op 'n stadium 'n pit optel...

Re: Langafstand groepering fotos
Posted: Fri Nov 07, 2014 10:24 am
by Capt. Yoda
Eugene wrote:Ek het gistermiddag gou gaan seker maak dat my lading ooreenstem met my ballistic app en het die volgende 5 skoot groep geskiet:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/611142_zps050cc7ac.jpg
Afstand: 500m
Kaliber: 6.5x284
Koeel: 140gr Nosler CC
Spoed: 2805 ft/s
DA: 7000
Temp: 83'F
Wind: 3mph uit 4 uur
Die eerste vier skote was mooi bymekaar en meet 1.117" of 0.203 moa.
Toe ek egter sien die eerste 4 is mooi bymekaar, toe pak die senuwees my en alhoewel ek eers 'n rukkie gevat het voor ek die 5de een geskiet het, het ek dit steeds opgeneuk....
Al 5 skote saam, meet 3.737" of 0.643 moa
Dink ek het nou net onthou ek is besig volgende naweek. Baie mooi gedoen Eugene