Skiet vanaf 'n Bipod
- Carel Kolesky
- Sr. Member

- Posts: 373
- Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Cassie
Dankie-het kortetjie gekoop vir le en skiet-het Harris 25C ook,maar hulle pryse nou te onbeskof
Dankie-het kortetjie gekoop vir le en skiet-het Harris 25C ook,maar hulle pryse nou te onbeskof
Gooi kole!
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek het die Harris lang en kort een wat nie kan kantel nie. Ek het vandag n Rudolph 6"-9" gekoop wat kan kantel en dit op my geweer gesit. Kon nie n Harris kry nie.
Ek het dit goed vas gemaak en dit is maar n swak kwaliteit. Baie lus om dit terug te gaan gee. Sal dit glad nie aanbeveel nie.
Seker maar oordat dit n Rudolph is.
Ek het dit goed vas gemaak en dit is maar n swak kwaliteit. Baie lus om dit terug te gaan gee. Sal dit glad nie aanbeveel nie.
Seker maar oordat dit n Rudolph is.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Het vandag na werk gou weer die load metode toegepas met die versapod. Resultaat was 5 skoot groep van 35mm op 300m. Nee wat, lykmy ek het verniet geworry. Wat ek wel opmerk is dat ek nogsteeds nie my skoot kan volg nie, en dat dit baie beter is om die bene heeltemal te verleng na 12". Die bykomende elastisiteit van die langer bene help seker ek weet nie. Dis maar nogsteeds 'n leerproses vir my, maar dit voel asof ek stelsematig die ding baas raak.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Heinz,
Die Rudolph is 'n derde van die prys van Harris, so hy gaan nie soos die Harris wees nie.
Die Rudolph is selfde of op haar na soos die Caldwell en ook in lyn geprys, ek het Harris, Caldwell en Rudolph bipods. harris is maar in klas van sy eie in die drie.
Maar dan het ek ook long range accuracy F Class bipod gekoop by EuroOptic en hy is weer heentemal in beter klas as die Harris. Maar soos ook meer as dubbeld die prys teen so R4950.00.
So my punt is eintlik mens kan nie regtig die goed vergelyk sonder om prys in ag te neem nie.
Ek dink my Rudolph bipod is waarde vir sy prys. In alle geval nie drie keer slegter as die Harris nie.
mooiloop
JP

You get what you pay for.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek sukkel ook bq met die load van die pod so gaan nou vir my n Atlas Bipod kry en kyk of dit nie beter gaan nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Versapod se Equalizer 1 werk goed vir my. Hy laai ook baie lekker. EK het die naweek weer die draad se info lekker gebruik en al sewe my bokke vanaf die bi-pod geskiet uit die le posisie.
Ek dink hierdie artikel moet 'n sticky wees.
Ek dink hierdie artikel moet 'n sticky wees.
Last edited by tau on Thu May 22, 2014 2:26 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek het n non swivel Harris gehad, hom ver vang met n swivel Caldwell. Die Caldwell is heel wat swakker as die Harris. Ek het nou n Atlas op en is baie gelukkig. Daar is ook nou heel wat minder 'jump' op die skietbaan.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek gaan nou my Versapod weggooi, wie wil hom hê? Die ding skiet heng goed, moenie fout maak nie, maar uit taktiese oogpunt dink ek die gewig, ontplooi-en-opvoubaarheid en "no fuss" van die Harris sal my behoeftes beter pas.
Ek het 'n vraag. My geweer gooi my elke keer na links uit as ek skiet. Ek het nou al alles probeer om my sight picture na die skoot op teiken te kry, sodat ek darem kan sien waar die stof slaan, maar alles onder 600m gooi hy my heeltemal af. Het so een of twee keer dit al reggekry om op teiken te bly, maar kry dit nie konstant reg nie. Ek wonder of dit my tegniek is (ek probeer reguit agter my geweer lê soos Todd snorre), of kan dit dalk die torque wees wat die koeël en groefdraai teweegbring? Moet ek nie maar my geweer liggies vashou met my nie-sneller hand?
Ek skiet .30-06 met silencer.
Ek het 'n vraag. My geweer gooi my elke keer na links uit as ek skiet. Ek het nou al alles probeer om my sight picture na die skoot op teiken te kry, sodat ek darem kan sien waar die stof slaan, maar alles onder 600m gooi hy my heeltemal af. Het so een of twee keer dit al reggekry om op teiken te bly, maar kry dit nie konstant reg nie. Ek wonder of dit my tegniek is (ek probeer reguit agter my geweer lê soos Todd snorre), of kan dit dalk die torque wees wat die koeël en groefdraai teweegbring? Moet ek nie maar my geweer liggies vashou met my nie-sneller hand?
Ek skiet .30-06 met silencer.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Fritz ek sal daai Versapod by jou oorneem.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Tau, jammer, "weggooi" was dalk 'n oordrywing. Ek het R2200 betaal vir hom. Jy kan hom kry vir R1200. Laat weet my voor ek die ad insit.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek wou al vir jou sê om die grend goed te los en 'n Harris te kry!Fritz Hagen wrote:Ek gaan nou my Versapod weggooi, wie wil hom hê? Die ding skiet heng goed, moenie fout maak nie, maar uit taktiese oogpunt dink ek die gewig, ontplooi-en-opvoubaarheid en "no fuss" van die Harris sal my behoeftes beter pas.
Ek het 'n vraag. My geweer gooi my elke keer na links uit as ek skiet. Ek het nou al alles probeer om my sight picture na die skoot op teiken te kry, sodat ek darem kan sien waar die stof slaan, maar alles onder 600m gooi hy my heeltemal af. Het so een of twee keer dit al reggekry om op teiken te bly, maar kry dit nie konstant reg nie. Ek wonder of dit my tegniek is (ek probeer reguit agter my geweer lê soos Todd snorre), of kan dit dalk die torque wees wat die koeël en groefdraai teweegbring? Moet ek nie maar my geweer liggies vashou met my nie-sneller hand?
Ek skiet .30-06 met silencer.
As jy praat van links uit gooi, aanvaar ek jy bedoel die sight picture en nie die POI nie? Ek lê ook reguit agter die geweer soos Todd Snorre voorskryf en het nie dieselfde probleem nie. Gebeur dit met 'n Harris ook of net met die Versapod?
Ek het nou die dag 'n artikel gelees waar die man beweer dat dit baie beter is om jou ander hand ook te gebruik om die geweer te stabiliseer, veral op langer afstande. Ek probeer weer so min as moontlik "hartklop" op die geweer sit en hou skaars my geweer vas met my snellerhand... Ek dink dis dalk iets wat of vir jou gaan werk, of nie! Vir my werk dit nie...
Aim small, miss small
- tau
- Hero Member

- Posts: 3940
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Fritz Hagen wrote:Tau, jammer, "weggooi" was dalk 'n oordrywing. Ek het R2200 betaal vir hom. Jy kan hom kry vir R1200. Laat weet my voor ek die ad insit.
Nee wat ek het 2 van die goed en dink dit is beter as die Harris wat ek eers gebruik het.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Eugene, Ludwig, baie dankie vir die raad. Ek gaan definitief een laaste keer na my tegniek kyk. Die funny ding is, hy gooi my geweer (en sight picture) na links! Dit is so half teenoorgestelde van wat mens sou verwag van iemand wat nie behoorlik load of lê nie. Ek verdink nou al die bipod. Ek kan miskien iemand se Harris ook leen ek voel wat hy maak (Lappies kom in
), maar soos ek gesê het, van 'n taktiese oogpunt voel ek die Harris het so paar goed wat vir hom tel.
Toe ek die Versapod gekoop het, het ek gedink al daardie ander klein "goedjies" gaan my nie pla nie, maar nou begin dit my irriteer dat my skietpelle altyd voor my al reg is om te skiet, terwyl ek nog skroewe moet vasdraai, en ek haal in elk geval nooit die bipod af nie.
Miskien moet julle ouens 7 Junie so bietjie kyk na my tegniek.
Toe ek die Versapod gekoop het, het ek gedink al daardie ander klein "goedjies" gaan my nie pla nie, maar nou begin dit my irriteer dat my skietpelle altyd voor my al reg is om te skiet, terwyl ek nog skroewe moet vasdraai, en ek haal in elk geval nooit die bipod af nie.
Miskien moet julle ouens 7 Junie so bietjie kyk na my tegniek.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het by vêr my beste groeperings met die versapod geskiet, so hy perform konstant, maar ek dink die Harris sal my situasie beter pas.

Geen probleem Tautau wrote:Fritz Hagen wrote:Tau, jammer, "weggooi" was dalk 'n oordrywing. Ek het R2200 betaal vir hom. Jy kan hom kry vir R1200. Laat weet my voor ek die ad insit.![]()
![]()
![]()
![]()
Nee wat ek het 2 van die goed en dink dit is beter as die Harris wat ek eers gebruik het.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Tau, ek weet nie watter model ek het nie, maar dit klink nie soos dieselfde ene nie.tau wrote:Versapod se Equalizer 1 werk goed vir my. Hy laai ook baie lekker. EK het die naweek weer die draad se info lekker gebruik en al sewe my bokke vanaf die bi-pod geskiet uit die le posisie.
Ek dink hierdie artikel moet 'n sticky wees.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7988
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
My sight picture word definitief na regs uitgegooi agv torque. Op die nader afstande spot mens moeilik jou eie hits. Ek dink die Versapod vergemaklik dit dalk oor die manier wat hy vasheg aan die kolf en maklik die geweer toelaat om te roteer. As jy egter 'n stelknop het om hierdie "cant" aksie stywer te maak sien ek nie dat hy anders as die Harris gaan skiet nie.
Die Harris load baie moeiliker vir my en kort oefening soos Ludwig noem. Die groot geheim is om te oefen met wat jy het en dit te bemeester. As jy nou oorgaan na Harris gaan jy weer probleme ondervind. Jou keuse ...
My volgende bipod sal of die staal Versapod wees of die Atlas. Moet nog eers bietjie met die Atlas skiet om te sien of daar so groot verskil is.
Hierdie was 'n tydjie terug. Kyk hoe beweeg ek die geweer terug na die skoot om my skoot te kan spot.
Die Harris load baie moeiliker vir my en kort oefening soos Ludwig noem. Die groot geheim is om te oefen met wat jy het en dit te bemeester. As jy nou oorgaan na Harris gaan jy weer probleme ondervind. Jou keuse ...
My volgende bipod sal of die staal Versapod wees of die Atlas. Moet nog eers bietjie met die Atlas skiet om te sien of daar so groot verskil is.
Hierdie was 'n tydjie terug. Kyk hoe beweeg ek die geweer terug na die skoot om my skoot te kan spot.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7988
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Onthou ook daar gaan 'n taamlike verskil in recoil wees tussen jou ligte jaggeweer en Ludwig se swaarloop 284. Die jaggewere se kolf ontwerp maak ook gewoonlik dat die geweer muzzle jump het wat jy moeilik gaan beheer as jy nie die geweer vashou nie.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Arnold wrote:Onthou ook daar gaan 'n taamlike verskil in recoil wees tussen jou ligte jaggeweer en Ludwig se swaarloop 284. Die jaggewere se kolf ontwerp maak ook gewoonlik dat die geweer muzzle jump het wat jy moeilik gaan beheer as jy nie die geweer vashou nie.
Dit is gewis.
Ek skiet bv. SA Jagter ook, en hulle het mos nou hierdie reel uitgebring dat jy na elke afstand eers jou geweer (met silencer en bipod) in die sak sit voor jy aanbeweeg na die volgende skietpunt. Dinge gebeur vinnig, en ek is altyd laat omdat die versapod langer vat. Dit sal verseker sekere mense meer pla as ander, so dit is nie noodwendig 'n slegte punt van die verspod nie.
Ek skiet nie die Versapod af nie. My tegniek is dalk ook nie lekker 10-4 nie en kort aandag. Ek is bereid om die Harris te leer skiet.
Ludwig die Harris sal dan ook op my A5 dien.
- DiscoBiscuit
- Full Member

- Posts: 201
- Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Ek hoop die foto laai.
Hoe sal so iets werk, dit lyk half onmoontlik om die bipod te "load"?
Hoe sal so iets werk, dit lyk half onmoontlik om die bipod te "load"?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Daai is Atlas Bipod,
Ek weet nie of die persoon hom so skiet nie? Daai Bipod kan mooi verstel en is baie goeie bipod.
Groete
Ek weet nie of die persoon hom so skiet nie? Daai Bipod kan mooi verstel en is baie goeie bipod.
Groete
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13511
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Soos JPS se daai is die Atlas.
http://www.sinclairintl.com/shooting-re ... 55563.aspx
Jy kan hom so skiet as jy wil sy bene werk apart van mekaar so jy kan hom stel om op enige teryn lekker te werk.Hy het geen rede om geload te word nie die bene "lock" soos jy hom wil he.
http://www.canonshooter.com/photos2/atlas-2.jpg
Jy kry ook ander voete en nog "been extensions" om hom langer te maak as jy wil.
http://www.sinclairintl.com/shooting-re ... 55565.aspx
http://www.sinclairintl.com/shooting-re ... 55563.aspx
Jy kan hom so skiet as jy wil sy bene werk apart van mekaar so jy kan hom stel om op enige teryn lekker te werk.Hy het geen rede om geload te word nie die bene "lock" soos jy hom wil he.
http://www.canonshooter.com/photos2/atlas-2.jpg
Jy kry ook ander voete en nog "been extensions" om hom langer te maak as jy wil.
http://www.sinclairintl.com/shooting-re ... 55565.aspx
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7988
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Die Bipod in DiscoBiscuit se foto lyk soos 'n Atlas V8.1 en die een in Capt. Oblivious se foto is 'n vroër weergawe.
Alhoewel die bene "lock" is daar nog genoeg speling om die bipod te load en mens doen dit makliker met die bipod as met die Harris. Die bene wat teen 45 grade vorentoe en agtertoe kan stel kan jou uithelp as jy die geweer laer voor wil kry, soos bv. as jy afdraend skiet.
Hoe hierdie die akuraatheid beinvloed weet ek nie maar ek is seker my skietmaat sal dit nog toets met sy Atlas.
Terloops, daar kom binnekort 'n nuwe PSR Atlas bipod met so paar upgrades vanaf die V8.1. B&T gaan nie ophou om die v8.1 te maak nie en die PSR is ook so bietjie duurder as die V8.1 (lyk baie na dieselfde situasie as met die Glock Gen 3 & 4). Ek wag net dat die PSR bipods beskikbaar is voor ek myne sal bestel

Spice Bloem
- Newbie

- Posts: 1
- Joined: Sat Apr 27, 2013 12:24 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
hi
Waar kan mens die DVD in die hande kry?
Johannesburg omgewing.
Baie dankie
Waar kan mens die DVD in die hande kry?
Johannesburg omgewing.
Baie dankie
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Skiet vanaf 'n Bipod
Sal julle die Harris aanbeveel wat kan swivel of is die een wat solied is beter vir baanskiet? Gaan nie veld toe met hom nie.
Ek kan so een wat nie kan swivel nie vir 'n goeie prys kry.
Hoor graag wat julle ondervinding is...
Ek kan so een wat nie kan swivel nie vir 'n goeie prys kry.
Hoor graag wat julle ondervinding is...