Page 4 of 5

Re: My Mes projekte

Posted: Sun Aug 21, 2016 7:31 am
by DWB
Pragtig mater, lucky ou wat daai mes kry

Re: My Mes projekte

Posted: Sat Sep 03, 2016 8:13 pm
by Dries101
Vir n forum lid gemaak- Loveless drop Point hunter- flat grind met nickel silver guard, loveless bolts- tapered tang, micarta handvatsel met wit liners.

Re: My Mes projekte

Posted: Sat Sep 03, 2016 8:37 pm
by Johan Nel
Baie netjies Dries! Dit lyk baie goed.

Re: My Mes projekte

Posted: Sun Sep 04, 2016 5:03 pm
by Dries101
En al die fynwerkies nou gedoen- nog net n skede maak.

Re: My Mes projekte

Posted: Sun Sep 04, 2016 5:25 pm
by JTM
Ek wil nog 'n lem so polish. Mooi gedoen daar.

Re: My Mes projekte

Posted: Sun Sep 04, 2016 9:49 pm
by Johan Nel
Dries,
Die "pins" wat jy op hierdie mes gebruik het, is dit geklink ("peened") of is dit van die "Loveless" inskroef tipes?

Re: My Mes projekte

Posted: Sun Sep 04, 2016 10:08 pm
by Dries101
Loveless inskroef tipes

Re: My Mes projekte

Posted: Tue Sep 20, 2016 8:26 am
by Dries101
Nog n projek final klaar- graver werk deur Jonathan Knoesen

Re: My Mes projekte

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:28 am
by Johan Nel
Baie mooi! Wat se materiaal is die hef?

Re: My Mes projekte

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:31 am
by Supacow
Hoe lyk die hele mes?

Re: My Mes projekte

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:34 am
by Dries101
Supacow wrote:Hoe lyk die hele mes?
Sal hom mooi afneem as hy terug is van graveerder- dis maar wat hy vir my ge whatsapp het

Re: My Mes projekte

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:35 am
by Dries101
Johan Nel wrote:Baie mooi! Wat se materiaal is die hef?
Papier Micarta in n ivoor kleur

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 5:13 pm
by Dries101
Daarsy vinnige foto van mes

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 5:46 pm
by JTM
Rerig mooi. Hoe lank handskuur jy daai lêm en tot watter grit?

My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 6:18 pm
by Dries101
Man ek werk van 220,400,600,800,1000,1200,1500 en 2000 en dan buff ek met 3 sepe. Seker so 4-5 ure se werk. As ek satin finish gaan en tot 1200 en dan terug na 600 sonder enige buff

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:07 pm
by JTM
Sjoe. Wel die resultaat toon duidelik die moeite wat jy insit. Jy moet seker maklik deur so paar pakkies skuurpapier gaan. Walter Sorrels sê op sy videos dat skuurgoed seker een van die grootste lopende uitgawes van sy werkswinkel is.

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:23 pm
by Dries101
Ag wat mesmaak is n liefde van die saak ding vir my. As ek regtig kostes moet optel dink ek verloor ek geld op die messe wat ek maak

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:38 pm
by Johan Nel
Dries,
Ek stem saam met Jannie, jou werk lyk vir my na hoogstaande gehalte.
Is hierdie mes 'n "full tang"?

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:47 pm
by Dries101
Hi Johan ja full tang. My styl is maar full tang met n flat grind.

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:51 pm
by Johan Nel
Ja, ek weet nog nie te veel nie, maar ek hou ook meer van die "flat grind". Ek aanvaar die bolster is ook een wat "oorskuif", maw boonste gedeelte is oop?

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 7:57 pm
by Dries101
Korrek dis n "slotted guard"

Re: My Mes projekte

Posted: Thu Sep 22, 2016 8:11 pm
by Bonesjara
Is gelukkig genoeg om die voorlaasste mes myne te noem. Hulle lyk beter in lewende lywe! Dankie Dries


Groete
Pieter

Re: My Mes projekte

Posted: Sat Oct 15, 2016 9:05 pm
by Dries101
Vandag se arbeid. n klein weergawe van die Loveless hunter. 185mm lank. Groen micarta handvatsle met Bohler N690 staal.

Re: My Mes projekte

Posted: Sat Oct 15, 2016 9:09 pm
by JTM
Baie mooi. Daardie mirror polish lyk darem smart.

Wat gebruik.jy vir jou rooi liner?

Re: My Mes projekte

Posted: Sat Oct 15, 2016 9:56 pm
by Dries101
Die goed se naam is vulcanized fibre- dit is so 0.75 mm dik


Sent from my iPhone using Tapatalk