Page 4 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:09 am
by henried
Jakkalsgat wrote:More

Hier is die skakel en foto van die Thwane Lodge waarvan Marius Barnard die eienaar is. Twane Lodge is die borg van 1 van ons jagpryse, 2 x Bwb Koeie, 2 X rooibok ooie en 2 nagte se verblyf vir 2 persone by hierdie Lodge.


http://www.thwanesafarisafrica.com/

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/PKP_0755_zpsb165b437.jpg

Ondersteun asb ons kompetisie en ons borge.

Groete
Jaco
Danksy Taffie was dit vir my en my gesin moontlik om 'n naweek op die plaas te wees.
Julle, dis 'n mooi plaas, en 'n 5 STER log, ek het nog nie so iets gesien nie.... :):

Rhuan, Marius se seun, was ons PH, en hy en Baretta het dit vir ons baie lekker gemaak.
Dis 'n besondere prys die, ek dink nie dis andersins moontlik om op die plaas te jag nie.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... &start=225

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:16 am
by Beretta
Henrie en Jaco
Dankie vir die plasing van die fotos manne hierdie is n baie lekker plek jy gaan diens kry soos nog nooit te vore nie. Ek sal persoonlik jou vleis braai vir jou. O en vir jou so fanta of coke ook ingooi. Koop die kaartjies asb manne.
Beretta

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:26 am
by Eugene
Manne, tot dusver het nog net 25 manne kaartjies gekoop en daar is 'n paar manne wat onderneem het om later te koop.

Die pryse hierin is regtig 'n R200-kans werd en meer is dit, het jy die geleentheid om 'n kinderhart, vol vreugde te maak!

Asseblief manne, ondersteun hierdie geleentheid, dis vir 'n goeie doel en ek glo elkeen van ons op hierdie forum kan dit bekostig.

As jy onseker is, kyk net weer die fotos hierbo! 8)

It could be you!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:52 am
by Pappabeer
Eugene wrote:Manne, tot dusver het nog net 25 manne kaartjies gekoop en daar is 'n paar manne wat onderneem het om later te koop.

Die pryse hierin is regtig 'n R200-kans werd en meer is dit, het jy die geleentheid om 'n kinderhart, vol vreugde te maak!

Asseblief manne, ondersteun hierdie geleentheid, dis vir 'n goeie doel en ek glo elkeen van ons op hierdie forum kan dit bekostig.

As jy onseker is, kyk net weer die fotos hierbo! 8)

It could be you!
Het werklik so min mense kaartjies gekoop? Of post hulle net nie? Ek hoop maar dit is die geval, ek het ook een gekoop, maar nie gepost nie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 8:56 am
by Eugene
Pappabeer, volgens bankstaat het daar nog net 25 mense kaartjies gekoop. Ek besef ons is nie 2500 aktiewe lede nie, maar hier is darem so 200 wat een keer per week inloer! Ons staan dus nou op 12% ondersteuning... :(

Dankie vir die manne wat reeds die poging ondersteun het!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:27 am
by Pappabeer
Dit is tragies.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:31 am
by Eugene
Pappabeer wrote:Dit is tragies.
Kom ons gee maar kans, ek is seker die meeste manne het nog net die tyd gekry om te kan kaartjies koop nie... ;)

Ek sal darem graag wil glo dat daar meer as 25 manne is wat bereid sal wees om hulle begrotings omver te gooi vir 'n R200 bydrae tot 'n goeie saak! 8)

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:35 am
by Chris Swart
Eugene wrote:
Pappabeer wrote:Dit is tragies.
Kom ons gee maar kans, ek is seker die meeste manne het nog net die tyd gekry om te kan kaartjies koop nie... ;)

Ek sal darem graag wil glo dat daar meer as 25 manne is wat bereid sal wees om hulle begrotings omver te gooi vir 'n R200 bydrae tot 'n goeie saak! 8)
Dalk wag die manne vir pay day...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:46 am
by ROBBIE1
Of maak soos ek, hoop vir daai kaartjie no 375 om daai Baines te wen, hahahaha! Nou net gekoop, mog het troffe...

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 9:59 am
by PaulM
Kaartjies gekoop. Vroulief gaan my dreun as ek daai bergskaap se 'shoulder mount' teen die muur in die sitkamer vassit, maar sy sal weer daaroor kom ook..... :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 10:09 am
by Carl
PaulM wrote:Kaartjies gekoop. Vroulief gaan my dreun as ek daai bergskaap se 'shoulder mount' teen die muur in die sitkamer vassit, maar sy sal weer daaroor kom ook..... :laugh:
;D Sal baie mooi lyk Paul... hou van jou positiewe benadering

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 10:11 am
by Marc
PaulM wrote:Kaartjies gekoop. Vroulief gaan my dreun as ek daai bergskaap se 'shoulder mount' teen die muur in die sitkamer vassit, maar sy sal weer daaroor kom ook..... :laugh:
Hulle blaf ook net so lank, dan gaan le hulle maar weer >:D Myne op 'n ander plan gewerk, haar koppe hang nou langs myne in die sitkamer ::)
Chris Swart wrote: Dalk wag die manne vir pay day...
Ek is een van hulle ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 10:14 am
by PaulM
Marc wrote:Myne op 'n ander plan gewerk, haar koppe hang nou langs myne in die sitkamer ::)
Dis nou 'n meesterplan daardie, Marc. Ek sukkel nog daarmee. Vroulief gaan saam veld toe, sal help vleiswerk, gaarmaak, ens. Maar sy wil nog nie self die sneller trek nie.....

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 10:50 am
by Marc
PaulM wrote:
Marc wrote:Myne op 'n ander plan gewerk, haar koppe hang nou langs myne in die sitkamer ::)
Dis nou 'n meesterplan daardie, Marc. Ek sukkel nog daarmee. Vroulief gaan saam veld toe, sal help vleiswerk, gaarmaak, ens. Maar sy wil nog nie self die sneller trek nie.....
Dit het my omtrent 6 jaar se baie ernstige aanmoediging gevat

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 11:07 am
by Jakkalsgat
Manne

Almal wat gekoop het voor hierdie post het nie die bottel Whiskey gewen nie, ons is nog sowat R350 weg van daai bottel Whiskey af.

Ons staan tans na 'n donasie van iemand wat nie deelneem aan kompetsisie nie op R 20 150 terwyl daar al 393 kaartjies verkoop het. Al kaartjie nommers is op datum en as daar iemand is wat nog nie nommers gekry het nie moet jy my asb laat weet.

Die Whiskey kan vandag aan iemand toegeken word. Laat ons dan nie so predikante wees en met die mense in die kerk raas oor ander mense nie kerk toe kom nie. Elkeen wat deelgeneem het sover baie dankie, aan die wat nog nie het nie as jy jou trofee wil hang sal jy moet kaartjie he in die trekking. 25 Deelnemers.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 11:18 am
by Chris Swart
Kaartjies Gekoop.

Hoop ek kry daai bottel

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 11:44 am
by Marc
Chris jy's sommer lekker naby, ek bring ys >:D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 12:53 pm
by DWB
Ek sal ook nog koop.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 3:37 pm
by Jakkalsgat
Middag Manne

Dankie, ons is verlede jaar se totaal R 22150 verby in 'n verstomende 6 dae.

My hoed is af

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 3:40 pm
by ROBBIE1
Jaco dis bevange!!!!! Moet se ek het dit ook gesit en dophou, en gesien hier kom n ding, Loerie gaan baie dankbaar wees!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:23 pm
by Silent Hunting
Middag almal,

Ek het dit goedgedink om 'n 10% korting aan te bied op alle demper verkope vanaf NOU tot die einde van die fonds insameling aan die manne wat klaar kaartjies gekoop het.

Pryse is as volg "voor" korting:

Hunt Buddy: R650 (120/ 150mm x 38mm)
Gewoon: R1100 (180/ 210mm x 38mm)
Reflex: R1550 (230mm x 38mm)
22: R650 (120mm x 32mm)

Die korting is ook geldig aan die manne wat ek reeds ge-kwoteer het, mits hy kaartjies gekoop het, maar nog nie betaal het nie. Posgeld met Speed Services is R74.00 /1.5kg.

Sal nou fotos mail vir Jaco van die dempers Ek gaan nie eers probeer om dit te laai nie.

Groete,

Henk

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 4:58 pm
by Pappabeer
Jakkalsgat wrote:Middag Manne

Dankie, ons is verlede jaar se totaal R 22150 verby in 'n verstomende 6 dae.

My hoed is af

Sit maar terug, daai bles van jou gaan brand in die weer... >:+

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 5:24 pm
by Goose
jis jis Choppa

Ek sceme die is great, dikkes kan jy nog paar prices da bysit nie da sal ek ok jol. If possible check biekie of jy nie i gun of iets kan sponsor nie man ek en daai anne gabba Frik moet elkeen een score tjom.

cheers kwaggas

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 5:35 pm
by Jakkalsgat
Gans

Dankie tjom. Sien jy vra vir nog pryse, daar is paar in die pyplyn hier in die aansporingsklas miskien 'n paar quarts vir jou en jou gabbas of suurwyn of so iets.

Ek weet nie of ons vir jou 'n geweer gereel gaan kry nie. Hoe ver het jy gekom met daai rekord van jou?

Koop jou kaartjie tjom en onthou ons vat nie posorders nie.

Groete
Jaco

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Nov 07, 2013 5:38 pm
by Silent Hunting
Goose,

Welkom terug. Bly jy is uit die tronk, of het jy I-pad gesteel en gebruik die binne die tjoekie? Of was dit jou oom wat tronk toe is? Kan nie meer onthou nie. Te lank terug.

Werk daai silencer toe op jou Ford? Nooit weer van jou gehoor nadat jy hom bestel het nie. Moet se, was nie seker of ek my geld sou kry nie.

Henk