Page 4 of 4
Re: Geelstert
Posted: Thu Dec 29, 2016 1:22 pm
by joe rocket
Geelstert loop nie meer so dik nie. Gister by skipskop het daar baie en jong geelstert uitgekom. Daai lekker 2-3kg vissies.
Re: Geelstert
Posted: Tue Jan 03, 2017 5:29 pm
by tau
Ons het die naweek mooi kreef gekry en Nuwejaarsdag het ek 3.5 ure geduik. Lekker gat lam. Ver geswem. Kon darem so paar mooi Hottentotte skiet.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170103/f930c5925156132f09b5d4e29cd4399f.jpg
Re: Geelstert
Posted: Mon Oct 29, 2018 2:32 pm
by tau
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181029/9fd52f56276afd35a10c7d47abf6d838.jpg
Boys het jy al heeldag gewerk vir 'n afhoring bok en dan voel niemand anders so trots soos jy nie?
Ek het Saterdag oor die 1.5km geswem agter die outjie aan. Het so paar Hotties gedart, maar die plan was eintlik Geelstert. Di vis wou nie byt nie so ons kon nie eers die skole bekruip(saggies swem) nie moes net blind rondswem en soek.
Na 41/2 ure in 13C water toe gee ek op. Net op die boot vinne af en handskoene uit toe borrel dit hier langs die boot. Spring in die water en toe charge ek so hard ek kan in die vaal water in. Ek wraggies swem daar twee ligte visse (3kg) en die een 5kg vissie verby my en ek dart hom net daar en die katrol op my geweer sing. Ek weet toe dadelik ek het te ver terug en laag geskiet en moet nie te rof veg nie anders ruk jy spies deur sagte vleis. Oja en ek het nie handskoene aan nie. Lekker fight so paar minute gebrande hande en gille soos 'n meisiekind.
My pel op die boot kyk my net so vreemd aan toe dit nie 'n 10kg plus vis is nie en die 5k vissie. Ek gee nie om nie ek was tevrede. Ek het nog tweekeer so die skool prebeer benader na 'n boil, maar die vis was te skrikkerig.
Jag bly jag al is dit in die see of die veld. En daai skoot wat jy weet vas is...ai dit is lekker.
Re: Geelstert
Posted: Mon Oct 29, 2018 2:53 pm
by henried
Te lekker.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20181029/9fd52f56276afd35a10c7d47abf6d838.jpg
Re: Geelstert
Posted: Mon Oct 29, 2018 3:57 pm
by Trompie
Well done! Ja nee spearfishing is vetpret!!!
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Geelstert
Posted: Mon Oct 29, 2018 9:06 pm
by Johan Nel
Geluk Tau.
Re: Geelstert
Posted: Tue Nov 06, 2018 11:13 am
by Methos
Baie geluk Tau
Ek het ook gereeld kreef geduik toe ons in die Kaap gebly het. Heelwat hotnotsvis ook geskiet. Maar ek is te pisbalie om in daai diep blou water te gaan swem. As ek nie die bodem kan sien nie dan begin my knaters wegraak
Ek het hierso ook 'n duikpak en speargun gekoop en als. Het al in die Atlantiese kant geduik en in totaal 3 visse gesien wat skietbaar is. Het hele paar keer al in Meditereense kant ook geduik. So naby aan 'n see woestyn soos wat jy al gesien het.
Re: Geelstert
Posted: Tue Nov 06, 2018 11:20 am
by tau
EK het Laasjaar die Suide van Portugal geduik en ook baie visse gesien wat soos Galjoen en HOtnosvis size is.
Ons skiet baie Hotnosvis hier. Die blouwater pla my nie, maar die walvisse in die melkerige water wat jou gaan raak klap met 'n stert. Die robbe wat ook opsneak op jou en jou laat skrik help nie.
Re: Geelstert
Posted: Wed Dec 20, 2023 4:03 pm
by tau
Re: Geelstert
Posted: Wed Dec 20, 2023 4:20 pm
by Andre308
Jissie, so vars vis met daai suurdeeg brood wat daar buite Yzer se kamp plek gebak word sal mooi loop.
Re: Geelstert
Posted: Wed Dec 20, 2023 4:33 pm
by Arnold
Lyk vreeslik lekker, geniet dit!
Sent from my SM-A528B using Tapatalk