Re: Wat is verskil tussen jaracal en ou jaracal lede?
Posted: Mon Apr 20, 2015 7:07 pm
Ek persoonlik vind nie iets fout met 'n geslote groep nie.
My broer is 'n ywerige jakkalsjagter en het al 200+ die afgelope 4 jaar geskiet. Hy is nie rekenaargeletterd nie
en ek doen al die navorsing en aankope vir hom. Met die printouts van die jagters se gesprekke hier,het hy al baie geleer. Hy het wel ook al roepkursusse bygewoon. Ek wil nie lid wees van die geslote groep nie - want ek jag nie self jakke nie, maar weet dat ek wel info kon kry wat my broer se poging sou aanhelp. Dit is wel nie 'n probleem nie, want op die oop forum is soveel nuttige inligting beskikbaar.
My broer is 'n ywerige jakkalsjagter en het al 200+ die afgelope 4 jaar geskiet. Hy is nie rekenaargeletterd nie