Page 4 of 4

Re: Scalerite Micro NHB 150

Posted: Wed May 14, 2025 9:11 am
by RUPERT
Monster

Vervang jou battery of haal hom uit. N swak battery kan jou baie probleme gee.
Dit behoort jou drift uit te sort.

Re: Scalerite Micro NHB 150

Posted: Wed May 14, 2025 5:02 pm
by 6.5/284Norma
Geno wrote: Mon Aug 03, 2015 8:29 am Manne,
Ek het die afgelope naweek die skaal begin gebruik, en is tot dusver baie beindruk met sy akkuraatheid en funksies.

So lyk hy:
[image]http://www.scalerite.co.za/images/enlarged/NHB-150.jpg[/image]

Hy weeg in grein tot 2 desimale, wat vir my meer as goed genoeg is.
Sy ingeboude waterpas en uitskroef pote, maak dit bitter maklik om die skaal gelyk op te stel.
Skrikwekkend om te sien hoe krom 'n man se herlaai tafel eintlik is.
Die skaal weeg bitter bitter akkuraat, en is 'n plesier om mee te werk.

Gemeet teen my Hornady Autocharge, is hy baie meer akkuraat.
Hy is hou vir hou net so akkuraat soos die RCBS 10-10 balkie skaal wat ons ook gebruik.

'n Baie oulike funksie, is die persentasie van 'n standaard.
Die "Bullet diggers" sal dit geniet.

Ek het 'n 60gr koeel op die pan gesit, en % gedruk.
Hy display toe 100%

Daarna het ek 2 koeƫls gevat wat ek uit 'n sandsak gegrou het, en op die skaal gesit.
Hy het die volgende gewys:
[image]https://dl.dropboxusercontent.com/u/497 ... -20-12.png[/image]
[image]https://dl.dropboxusercontent.com/u/497 ... -20-06.png[/image]

Ek sal verder post soos ek meer vertroud raak met die skaal.
Netso!

Re: Scalerite Micro NHB 150

Posted: Thu May 15, 2025 12:01 pm
by Monster
RUPERT wrote: Wed May 14, 2025 9:11 am Monster

Vervang jou battery of haal hom uit. N swak battery kan jou baie probleme gee.
Dit behoort jou drift uit te sort.
Baie dankie ek maak so!