Merkel dubbel gewere.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Merkel dubbel gewere.
Sjoe, baie dankie. Baie informatief!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
"Soos Dewald ook genoem het, bly weg van goedkoop sidelocks (inteendeel, enige soort van “cheap” dubbel, eintlik). Wat goedkoop is of nie is seker relatief maar daar is `n paar shockers daar buite."
Noem bietjie voorbeelde van daai "cheap sidelocks" asb Johan
Noem bietjie voorbeelde van daai "cheap sidelocks" asb Johan
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Baie interesant
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Merkel dubbel gewere.
kopskoot wrote:"
Noem bietjie voorbeelde van daai "cheap sidelocks" asb Johan
Die Amerikaners was lief om haelgewere te bou wat n sidelock naboots. LeFever en Ithaca kom hier in my gedagtes op. LC Smith het ook in n oomblik van swakheid homself gewend van tikmasjiene bou tot haelgewere aanmekaar skroef, maar hy het wel ook n regte sidelock gemaak.
Daar is hordes Spaanse gewere met sideplates, en selfs heelparty vervalsde Spaanse haelgewere wat n Britse maker soos Holland & Holland se naam dra.
Natuurlik bied Krieghoff ook n opsie om jou "classic big 5" met sy reeds onooglike schnabel vêrder te versier met n stel gegraveerde sideplates.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Merkel dubbel gewere.
Luister gerus maar wat die slim manne sê. 'n Vriend van my het vanoggend 'n buffel met 'n Merkel dubbel geskiet en 'n "double discharge" gehad. Deur die genade was dit 'n goeie skootplasing en het die buffel nie opgestaan nie. Hy het hom koud geskrik toe hy die geweer knak en albei doppe spring uit. Noodwendig sal hy nooit weer gemaklik voel om met daardie geweer agter buffels aan te loop nie en is besig om met die verskaffers te praat oor 'n oplossing want noodwendig soek hy nou nie meer die geweer nie. Jy kan duidelik op die foto wat hy vir my gestuur het sien die een dop is "sagter" deur die slagpen geslaan maar dit was steeds genoeg om hom af te vuur. Die twee koeëls is ook direk langs mekaar in en het 'n langwerpige/ovaal ingangswond gemaak.Johan van Wyk wrote:Ek sal Merkel nie eers koue water in die winter gee nie.
Die goed is op 20-boor haelgeweer aksies gemaak, wat beteken dat hulle vinnig los skiet. Tweedens,is die ontwerp van so aard dat as die aksie tot op `n sekere punt los geskiet is mens hom nie meer kan "rejoint" nie. Dan het jy `n baie duur ornament want hy is daarna net goed genoeg om teen die muur gahang te word.
Ek weet van ses verskillende Merkel dubbels in .470 en .500 wat almal diverse probleme gee. Dit wissel van ribs wat losgekom het, double discharges, veiligheidsknippe wat vanself af spring, ens, ens.
Kom ek stel dit anders: as jy dalk van mening is dat jy nie genoeg probleme in jou lewe het nie is `n Merkel swaarkaliber dubbel net die ding vir jou!
Koop `n Heym of VC as jy nie `n mooi vintage dubbel kan/wil koop nie.
Hy het al sover ek onthou ongeveer 80 buffels met sy .375 geskiet en het verlede jaar vir hom die Merkel dubbel gekoop. Dis sy sewende buffel met hom en nou dit. Die probleem is een van die ander buffels kon ook dalk gestorm het en hy sou gereed gemaak het vir die skoot salig onbewus van die feit dat hy nie meer 'n rondte in die kamer het nie. Een so fout is verseker onaanvaarbaar want dit kan jou lewe kos.
Enige fabrikaat kan sekerlik 'n defek hê maar ek dink enigeen wat hierdie onderwerp gevolg het sal saamstem dat hierdie nie 'n "uitskieter"
Koop reg manne en bly lewe.
Groete
Johan
