Page 4 of 4

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Jan 24, 2023 3:55 pm
by Clemens
Jacko

Maar op die oomblik roer hy net die duiwe en lysters.

Re: Wys jou woef!

Posted: Thu Dec 14, 2023 8:26 am
by vossie1
Hier is ons drie brakke.
IMPI die bar vlieg,sit altyd op sy eie stoel as ons daar is.
Zulu is nou 8maande en klaar n mooi hond.
Toby is die baas van die huis.

Re: Wys jou woef!

Posted: Thu Dec 14, 2023 4:45 pm
by Kaalvoetthysie
Image
Image
Image
Nou is ons huis behoorlik besig. Eintlik ou boet se woef, maar die klein man geniet hom net so baie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wys jou woef!

Posted: Wed Oct 29, 2025 2:47 pm
by Ammion
My nuwe baba - Lando word bietjie bederf. Hy gaan saam met my kantoor en skietbaan toe.

Re: Wys jou woef!

Posted: Wed Oct 29, 2025 4:04 pm
by Capt. Yoda
Jis, ek stoei hard om nie weer een te koop nie
Baie mooi woef

Re: Wys jou woef!

Posted: Sun Nov 02, 2025 5:27 pm
by zkk601
Beagle reun
ff688c98-20cc-4457-8ae6-975485cfe313.jpeg

Re: Wys jou woef!

Posted: Mon Nov 03, 2025 10:22 am
by toxicsox
Kyk as daar nou een ding is waarvan my hond van hou, is dit maar visvang. Sy sal ure spandeer om een kurper te vang. Maar vang sal sy....

Re: Wys jou woef!

Posted: Mon Nov 03, 2025 10:27 am
by toxicsox
Sy wys jou die kurper en los dan die vis en gaan soek nog een.

Re: Wys jou woef!

Posted: Mon Nov 03, 2025 12:37 pm
by partner
Pragtig. Dankies.

Re: Wys jou woef!

Posted: Mon Nov 03, 2025 12:52 pm
by zkk601
toxicsox wrote: Mon Nov 03, 2025 10:22 am Kyk as daar nou een ding is waarvan my hond van hou, is dit maar visvang. Sy sal ure spandeer om een kurper te vang. Maar vang sal sy....
Daai wil gedoen wees, nog nie n hond gesien wat n vis kan vang! 😆

Re: Wys jou woef!

Posted: Mon Nov 03, 2025 2:13 pm
by Ammion
Impressive

Re: Wys jou woef!

Posted: Wed Nov 05, 2025 8:41 am
by tau
toxicsox wrote: Mon Nov 03, 2025 10:27 am Sy wys jou die kurper en los dan die vis en gaan soek nog een.
Dit is indrukwekkend!!!

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 11:09 am
by Capt. Yoda
Ek het my lewe lank regtig nog net groot honde gehad maar kyk al n ruk lank vir n mini wors en het toe die man so 3 maande terug in gevoer oor die groot waters van die magtige Vaal rivier. Geno het hom vir my in eerste klas saam gery van Julian af

Sonder twyfel die oulikste chommie wat ek nog gehad het, so erg so laat ek nou n tefie soek.
Die man is n bol energie en die hele huis le vol speelgoed, elke aand voor slaap tyd ruim hy self op en pak alles in sy speel boks net om alles weer uit te gooi oppad bed toe.

Een ding wat ek vinnig besef het is ek sal nooit weer alleen eet nie, hy kan soos n klip slaap 12uur die aand as ek daai yskas deur toe maak sit hy tussen my voete vir my en kyk, n skelem koekie of pannekoek in die bed werk ook nie al maak jy wat jy wil.

Die man moet nou net saam velt toe laat ek sien wat hy maak, tans dink hy nog Hadidas en enige iets ander wat in die tuin beland is n speel ding

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 11:11 am
by Capt. Yoda
Tuin maak is wel iets wat hy hom nie aan steur nie en n plant is of n kussing of n speel ding

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 11:12 am
by Capt. Yoda
.

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 12:08 pm
by Supacow
Welkom in die A-span Cappy

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 1:25 pm
by Forester
Hierdie is hoe ‘n regte hond lyk:

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 2:11 pm
by Louisdewet
Nee Forester, so.

Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 2:22 pm
by Capt. Yoda
Wynand lyk of hy elke aand n paar Guinness geniet

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 3:05 pm
by Forester
Capt. Yoda wrote: Tue Feb 17, 2026 2:22 pm Wynand lyk of hy elke aand n paar Guinness geniet
:laugh: Hy is definitief nie 'n Ier nie, maar hy drink wel baie bier en kan "Waidmannsheil" sĂȘ!

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 4:00 pm
by Klein Karoo
Pragtige brakke hier, n hond klim darm maar diep in n man se hart in.

Re: Wys jou woef!

Posted: Tue Feb 17, 2026 4:32 pm
by Capt. Yoda
Forester wrote: Tue Feb 17, 2026 3:05 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Feb 17, 2026 2:22 pm Wynand lyk of hy elke aand n paar Guinness geniet
:laugh: Hy is definitief nie 'n Ier nie, maar hy drink wel baie bier en kan "Waidmannsheil" sĂȘ!
Hahahaha sorrt Wynand, eks op my foon toe lyk dit of die “Wynand” deel van die hond se fotos is