Page 4 of 5

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 9:54 am
by joe rocket
Ratel wrote: Thu Sep 03, 2020 8:51 am Ek het die clip gekyk en en kan nie help om te wonder wat probeer die man bereik met sy video nie. Ek glo aan leef en laat leef en elke ou soen sy vrou seker maar op sy eie manier. My mening is dat sekere goed in die clip jagters in 'n slegte lig kan stel. Ek kon nie help om te dink hoeveel kwes diere sien ons NIE in die clip nie en word hulle ooit gesoek en gekry. Hierdie laat my baie dink aan hollywood of is dit nou bollywood film styl. Ek sal nie nie man oordeel nie maar die clip laat so 'n wrang smaak asof dit net oor die image van die jagters gaan sonder die nodige respek vir die diere wat gejag word.

So is Matt se videos net in n ander liga. Nederig, mooi en met n ou storie.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 10:06 am
by Hennie van der Merwe
Ek is bitter spyt ek het hierdie draad gelees. Dis 'n klassieke voorbeeld van waarna oom Anton Rupert verwys toe hy gepraat het van Afrikaners, wat soos krappe in 'n kokende pot, mekaar terugtrek in die pot in.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 10:29 am
by Smith223
Hennie van der Merwe wrote: Thu Sep 03, 2020 10:06 am Ek is bitter spyt ek het hierdie draad gelees. Dis 'n klassieke voorbeeld van waarna oom Anton Rupert verwys toe hy gepraat het van Afrikaners, wat soos krappe in 'n kokende pot, mekaar terugtrek in die pot in.
Ek stem tot 'n mate saam met jou, maar as die manne nie hier kom opstaan vir wat hulle voor lief is nie sal die liberale anti jagters die oorhand kry en ons almal gaan verloor waarvoor ons lief is. Manne soos Nico en Jan sit baie tyd in om suksesvol LA te jag. Kyk gerus na hulle groepeerings op gongs , hulle tref die gongs met 'n vuis groote gropeering op amper enige afstand en die beste van alles is daardie groepeering sit altyd senter. Die hele debakel het begin toe Piet op 'n openbare platvorm uitvaar teen LA jag, 'n onderwerp waarvan hy nie baie kennis dra nie, dit gee die anti jagters vashou plek en voor jy weer sien het ons almal moeilikheid.
In hierdie Video jag hy egter self in LA jag styl met bipod en sandasak met kestrel, waarmee ek geen probleem het nie want ek verkies dit ook om eerder my tyd te vat met 'n skoot al is dit bietjie verder. Volgens my is hy in hierdie video 'n voorbeeld van 'n 'hypocrite' nadat hy twee maande terug gesê het hy doen nie LA jag nie neem hy hier skote oor 400m en jaag nog aan ook ( ek weet vir almal is dit nie LA nie maar ek glo vir sy average kyker is dit wel vêr buite hulle effektiewe afstand). Hy verf dus die portret soos hy die dag voel. As hy nie genoeg van LA jag weet nie moet hy eerder stil bly daaroor want jy kan die groter groep jagters baie skade berokken.

Elkeen jag op sy manier en op die einde van die dag moet die dier effektiwelik en vinnig gedood word.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 10:53 am
by Eugene
Hennie van der Merwe wrote: Thu Sep 03, 2020 10:06 am Ek is bitter spyt ek het hierdie draad gelees. Dis 'n klassieke voorbeeld van waarna oom Anton Rupert verwys toe hy gepraat het van Afrikaners, wat soos krappe in 'n kokende pot, mekaar terugtrek in die pot in.
Hennie, jy praat die waarheid, maar dan wil ek ook graag soos my laerskool kinders klink en sê: "Hy het begin!"... ;)

Dit wil my voorkom of ons deesdae in 'n wereld leef, waar as ek nie van iets hou nie (of nie iets kan doen nie), dan mag niemand dit doen nie en is dit my plig om dit af te kraak as nonsens of oneties of watter woord ook al die gewildste is op daardie tydstip. As ek 'n buffet ete eet, loop ek bloot verby die disse waarvan ek nie hou nie. Ek skop nie 'n bohaai op by die chef daaroor en bederf dit vir almal nie, want daar is sekerlik mense wat van daai disse hou en dalk nie hou van my gunsteling disse nie.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 10:56 am
by Swede
Miskien is dit nou tyd om die draad te begrawe.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 11:09 am
by Nico Harris
Smith223 wrote: Thu Sep 03, 2020 10:29 am
Hennie van der Merwe wrote: Thu Sep 03, 2020 10:06 am Ek is bitter spyt ek het hierdie draad gelees. Dis 'n klassieke voorbeeld van waarna oom Anton Rupert verwys toe hy gepraat het van Afrikaners, wat soos krappe in 'n kokende pot, mekaar terugtrek in die pot in.
Ek stem tot 'n mate saam met jou, maar as die manne nie hier kom opstaan vir wat hulle voor lief is nie sal die liberale anti jagters die oorhand kry en ons almal gaan verloor waarvoor ons lief is. Manne soos Nico en Jan sit baie tyd in om suksesvol LA te jag. Kyk gerus na hulle groepeerings op gongs , hulle tref die gongs met 'n vuis groote gropeering op amper enige afstand en die beste van alles is daardie groepeering sit altyd senter. Die hele debakel het begin toe Piet op 'n openbare platvorm uitvaar teen LA jag, 'n onderwerp waarvan hy nie baie kennis dra nie, dit gee die anti jagters vashou plek en voor jy weer sien het ons almal moeilikheid.
In hierdie Video jag hy egter self in LA jag styl met bipod en sandasak met kestrel, waarmee ek geen probleem het nie want ek verkies dit ook om eerder my tyd te vat met 'n skoot al is dit bietjie verder. Volgens my is hy in hierdie video 'n voorbeeld van 'n 'hypocrite' nadat hy twee maande terug gesê het hy doen nie LA jag nie neem hy hier skote oor 400m en jaag nog aan ook ( ek weet vir almal is dit nie LA nie maar ek glo vir sy average kyker is dit wel vêr buite hulle effektiewe afstand). Hy verf dus die portret soos hy die dag voel. As hy nie genoeg van LA jag weet nie moet hy eerder stil bly daaroor want jy kan die groter groep jagters baie skade berokken.

Elkeen jag op sy manier en op die einde van die dag moet die dier effektiwelik en vinnig gedood word.

Baie goed opgesom.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 11:25 am
by Dimitri
From what I can see, Pieter went from being vocally against shooting game at long range to doing it himself? Give him a bit more time. If he continues enjoying it he might officially become pro-long range and generate lots of publicity for you..

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 11:30 am
by Hennie van der Merwe
Ek wil net die opmerking maak dat ek 'n subscriber op Youtube is van beide Nico en Piet - ek geniet altwee se videos. Miskien kan hulle hul verskille privaat oplos en eerder saamstaan teen al die elemente daarbuite.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 11:44 am
by joe rocket
Hennie van der Merwe wrote: Thu Sep 03, 2020 11:30 am Ek wil net die opmerking maak dat ek 'n subscriber op Youtube is van beide Nico en Piet - ek geniet altwee se videos. Miskien kan hulle hul verskille privaat oplos en eerder saamstaan teen al die elemente daarbuite.
Baie van ons hier is ook. Wat alles hier genoem is is nie n persoonlike aanval op Pieter nie. Dit gaan oor die beginsel, soos die ingelsman sê:" practice what you preach."
Poef netso, maklik. Leef en laat leef, maar wees konsekwent.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 11:52 am
by Smith223
Dimitri wrote: Thu Sep 03, 2020 11:25 am From what I can see, Pieter went from being vocally against shooting game at long range to doing it himself? Give him a bit more time. If he continues enjoying it he might officially become pro-long range and generate lots of publicity for you..
Interesting perspective, it might be the case. Only time will tell.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 12:02 pm
by Nico Harris
Manne kom ek antwoord niemand spesifiek nie maar gee tog n antwoord.

Ek is iemand wat tot onlangs toe altyd vir pieter opgestaan het en gevoel het wat hy doen voeg baie waarde aan die skiet gemeenskap. Ongelukkig is daar die laaste tyd (laaste jaar) n tendens dat pieter alles wat nie vir hom is nie “bash” op sy kanaal. Dit is alles van mede kompeterende skuts, kompetisie in besigheid en ook ander skiet disiplines.

En na hy dit doen maak hy dit net eenvoudig ontmoontlik vir die ander party om te antwoord. Hy block mens, en as jy hom erens anders aanvat dreig hy jou met regsstappe.
Ook by skiet geleenthede gedra hy hom soos n barbaar- hy het by n skiet komp in natal sy geslagsdele uit sy broek gehaal en soos hy sê “eggs out” geskiet. Dit in n groep waar vrouens ook betrokke was. Na die tyd maak hy enige iemand wat iets daarooor se uit as leuenaars- maar ek ken meer as een persoon persoonlik wat dit gesien het.

Pieter is ongelukkig n huigelaar van die hoogste graad en solank hy met sy kanaal skade aan die skiet sport en mede skuts en skiet verwante besighede doen sal hy ek nie stil bly nie. Ek kan ongelukkig nie in stilte kyk hoe iemand wat net onlangs begin skiet en jag het uitlatings maak oor goed wat hy niks weet nie. En die reels en perke stel waar hy wil omdat hy n groot volging het nie. Dis juis omdat hy n groot volging het dat hy moet deurdink wat hy sê.

As iemand wat al lank op jaracal is en voel dis my tipe mense hier is dit maar die plek waar ek oor sulke goed kom gesels - so jammer as dit julle pla.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 1:01 pm
by Capt. Yoda
Al wat die man soek is mense om sy videos met sy vretraagde aksent te kyk sodat hy meer likes of wat okal die klomp op FB en youtube dit noem kan kry want dit gaan mos maar op die einde oor geld. Niemand gaan my vertel n persoon wat uitlatings maak oor n ander skiet "sport" wat hy verseker niks oor weet nie doen dit vir die liefde van skiet of jag nie, soos Nico ook se die manier hoe hy te werk gaan as hy nie sy sin kry nie se ook baie van n man se karakter. Sensaie in vandag se tyd op sosiale media is mos maar waar die geld le

Nico my ou mater ek dink jy het dit baie mooi gestel.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 1:07 pm
by Toxxyc
Interessant. Nico ek het vir lank aan sy kanaal "subscribe" en veral sy videos aan die begin van sy loopbaan terdeë geniet. Daarna het sy kanaal bietjie rigting verander en ek het soortvan net eenvoudig belangstelling verloor in presies wat hy doen. Ek het amper al sy jagvideos gemis. Ek het nie veel van 'n opinie oor die man nie, maar was nog altyd trots op hom (ons local man wat goed doen op YT met skiet).

Ek onthou egter hierdie draad waar hy long range hunting afgebreek het, en dit as oneties afgemaak het. Toe ek die video kyk hierbo genoem waar hy bokke op afstand klits, het dit my ook bietjie dwars in die krop gesteek. Nie omdat ek persoonlik fout vind met langafstandjag nie ('n paar goeie debatte hierop Jaracal het my ook "convert"), maar omdat hy laasjaar dit nog in die publiek as oneties afgemaak het.

En ja, ek sien 437m as langafstandjag, veral as jy 'n kopskoot aandurf.

Laastens, sy gedrag soos hierbo genoem is in my opinie totaal en al onvanpas. Dis die tipe gedrag wat ek met alle mag probeer vermy, want ek haat dit. Ons skietmense kry genoeg teenkanting van GFSA en die staat en alles daarmee saam dat ons nie so iets ook nog nodig het nie. Ek skeer dit onder dieselfde kam as 'n man wat stormdronk van laasnag se suip die veld infoeter met sy geweer want hy wil nou "gaan jag". Dis onvanpas, en klaar.

PS: Hierbo is nie gemik teen iemand nie, dis net my opinie. Ek is bly ek het sy kanaal verlaat na die skrywe hierbo.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 1:10 pm
by joe rocket
Mammon is n euwel en dit is hartseer want op die einde van die dag gaan dit oor ons sport waarvoor ons so lief is. Nie oor geld en egos nie. Sela.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 2:52 pm
by Springkudu
Ek was ook tot onlangs ‘n volger van Piet maar soos hier bo genoem het sy ego die beter van hom gekry. Duidelik is sy mark nou oorsee en nie meer local nie. Ek was aanvanklik die een wat gesê het hy moet hier kom aansluit, dit was destyds toe hy geld ingesamel het vir ‘n seuntjie met kanker hier in Kaapstad.

Die feit dat hy so “brag” oor sy skiet is nie my styl nie, as jy ‘n dier mooi gedood het well done, maar moet nie op kamera dit 20 keer uitdruk dat jy so great is en die kameraman moet 40 keer sy skoot plasing afneem.

Hy het duidelik ook ‘n groot probleem met PRS en in elke 2-3 videos maak hy een of ander kommentaar teen iemand.

Ek het al van meer as 10 mense gehoor dat hy nie baie gewild is onder die skiet gemeenskap, en dit was voordat hy nou “famous” geraak het.

Nee wat, gee my Matt Dubber en Air Hunters (Gerhard) heel dag lank bo die knaap.

Groetnis

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 3:48 pm
by Hennie van der Merwe
Nico, jammer man. Ek het duidelik nie al die feite gehad nie.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 3:54 pm
by Nico Harris
Hennie van der Merwe wrote: Thu Sep 03, 2020 3:48 pm Nico, jammer man. Ek het duidelik nie al die feite gehad nie.
Geen verskoning nodig nie Hennie😉

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 4:03 pm
by kudu375
Middag Jaracalers,

Ek lees hierdie draad , leer nogal baie en wil graag net n vraag vra aan die lang afstand manne as ek mag, die manne wat nou so 800m plus oefen en so aan:
As mens dan nou "eggs out" skiet, le jy bo op, of langsaan?

Groete

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 4:10 pm
by Nico Harris
kudu375 wrote: Thu Sep 03, 2020 4:03 pm Middag Jaracalers,

Ek lees hierdie draad , leer nogal baie en wil graag net n vraag vra aan die lang afstand manne as ek mag, die manne wat nou so 800m plus oefen en so aan:
As mens dan nou "eggs out" skiet, le jy bo op, of langsaan?

Groete
🤣🤣🤣

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 4:12 pm
by Capt. Yoda
kudu375 wrote: Thu Sep 03, 2020 4:03 pm Middag Jaracalers,

Ek lees hierdie draad , leer nogal baie en wil graag net n vraag vra aan die lang afstand manne as ek mag, die manne wat nou so 800m plus oefen en so aan:
As mens dan nou "eggs out" skiet, le jy bo op, of langsaan?

Groete
Tot hier op 800m kan jy maar nog bo op hulle le maar na n 1000m raak hulle te groot dan moet jy hulle ma kant toe skuif

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 4:18 pm
by Francoisv
Ek is besig om my Berger herlaai handleiding deur te werk, lees op oor kaliber, hul ontstaan, die kommersiele sukses aldan nie. Wat my opgeval het dat die sukses van verskeie kalibers te danke is aan die invloed van skrywers van die tyd. Vername en bekwame manne met kennis wat wat diep strek het in boeke en tydskrifte van die tyd hulle ding gedoen en kommentaar is dan die volgende paar maande ontvang in briewe van lesers.

Vandag is elke keyboard warrior 'n ekspert. Wat myns insiens die vlak van kennis se gemiddeld afbring. Aan die ander kant waar dinge in 'realtime' op die internet gebeur gaan jy met BS houe vat as jy jy oopmaak daarvoor. Mens slaap maar in die bed wat jy opmaak.

2 daughters. Plenty guns.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 4:24 pm
by jdpretorius
.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 5:01 pm
by Albertdwk
Moet bieg, het ook al in my lewe "eggs out" geskiet, die natuur het my geroep, rustig teen 'n afgebreukte tak van 'n boom gesit toe varkie sy verskyning maak en verby draf. Was nie tyd vir broek optrek nie. Hom so met my bas teen die bas geskiet...

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 5:16 pm
by kudu375
Capt. Oblivious wrote: Thu Sep 03, 2020 4:12 pm

Tot hier op 800m kan jy maar nog bo op hulle le maar na n 1000m raak hulle te groot dan moet jy hulle ma kant toe skuif
So gedink ja,

nou verstaan ek ook beter hoekom party manne so wydsbeen loop op die skietbaan...hulle was al by suncity gewees.

Re: Pieter Malan aka PietSkiet

Posted: Thu Sep 03, 2020 6:54 pm
by jankraay
kudu375 wrote:
Capt. Oblivious wrote: Thu Sep 03, 2020 4:12 pm

Tot hier op 800m kan jy maar nog bo op hulle le maar na n 1000m raak hulle te groot dan moet jy hulle ma kant toe skuif
So gedink ja,

nou verstaan ek ook beter hoekom party manne so wydsbeen loop op die skietbaan...hulle was al by suncity gewees.
ImageImage was AL by Sun CityImageImageImage

Lekker lag ek nou

Sent from my iPhone using Tapatalk