Page 4 of 6

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Apr 03, 2013 3:50 pm
by James Wilson
ek het my QL sover as moontlik gekalibreer, maar kry nog n groot spoed verskil op my 300H&H. QL stel n laer spoed voor as wat ek op die crony kry omtrent 200fs. stel ek nou aan die burning rate factor totdat die naby die crony spoed kom dan se QL ek gaan oor die veilige druk vlakke. as ek met die geweer skiet dan is daar geen tekens van druk nie. as ek na die Somchem boekke verwys dan is my lading 1grn onder maks. ek het ak in die verlede bo maks gelaai sonder druk tekens. wat mis ek in n poging om my ware spoed en die van QL in harmonie te kry?

n.s op die 308 is QL na die kalibrering se spoed verskil 2ft!!

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Thu Apr 04, 2013 3:10 pm
by James Wilson
bump!

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Thu Apr 04, 2013 4:29 pm
by BRNO (Pierre)
James, jy moet my verskoon, maar ek verstaan nie mooi wat jy bedoel nie.

Ek neem aan dat wanneer jy QL kalibreer met jou bestaande inligting, gebruik jy die voorspelling wat dan gegee word deur QL. Wanneer jy dan skiet, kry jy dan n spoed van 200ft/s minder as wat QL voorspel?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Apr 05, 2013 8:25 am
by James Wilson
More Pierre

Ek kry so 200fs meer uit die geweer as wat Ql voorspel. As ek dit doen met al my akurate ladings dan kry ek dieselfde verskil. Dus vir my duidelik dat ek net verder moet kalibreer, al wat oorbly om te kalibreer is burning rate factor. Pas ek dit aan totdat QL op dieselfde spoed is as wat die crony lees, dan voorspel ql dat ek nou ver oor die toelaatbare drukvlakke is. N 300hh is bekend vir lae drukvlakke.

Ook as ek die lading skiet is daar geen maar geen tekens van druk nie. Al opsie wat oorbly is dat my crony nie reg lees nie. Seker nie onmoontlik nie maar ek twyfel want by die 308 voorspel ql maklik dieselfde spoed as waarmee ek akuraat skiet.

Die 300hh het n dop wat geen vergelyking met ander kalibers se dop voorkoms het nie. Dit kan wees dat dit dalk n invloed het op die formules he wat ql gebruik om druk te bepaal.?

Hoe dit ookal sy ql se voorspelling op my 308 verskil met 2ft/s

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Apr 05, 2013 8:32 am
by BRNO (Pierre)
James Wilson wrote:More Pierre

Ek kry so 200fs meer uit die geweer as wat Ql voorspel. As ek dit doen met al my akurate ladings dan kry ek dieselfde verskil. Dus vir my duidelik dat ek net verder moet kalibreer, al wat oorbly om te kalibreer is burning rate factor. Pas ek dit aan totdat QL op dieselfde spoed is as wat die crony lees, dan voorspel ql dat ek nou ver oor die toelaatbare drukvlakke is. N 300hh is bekend vir lae drukvlakke.

Ook as ek die lading skiet is daar geen maar geen tekens van druk nie. Al opsie wat oorbly is dat my crony nie reg lees nie. Seker nie onmoontlik nie maar ek twyfel want by die 308 voorspel ql maklik dieselfde spoed as waarmee ek akuraat skiet.

Die 300hh het n dop wat geen vergelyking met ander kalibers se dop voorkoms het nie. Dit kan wees dat dit dalk n invloed het op die formules he wat ql gebruik om druk te bepaal.?

Hoe dit ookal sy ql se voorspelling op my 308 verskil met 2ft/s
Nou is ek met jou James. Ja, dit is juis hoe jy QL kalibreer. Jy moet die BRF aanpas totdat jou gegewens ooreenstem met die spoed wat jy verkry het met die spesifieke lading, en dan is QL klaar en reg gekalibreer.

Gaan kalibreer eers weer QL op die manier, en toets weer. Jy sal sien hy werk 100% reg, met die H&H se dop en al.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Apr 05, 2013 8:37 am
by James Wilson
Dankie Pierre, ek het die QL en die 300 se gegewens nou al male sonder tal gereset en dan weer ingelees en elke keer kry ek dieselfde resultate. Maar sal weer probeer

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Fri Apr 05, 2013 3:07 pm
by James Wilson
Neewat selfde resultaat

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 10:33 am
by Nickvn
Waar kan ek die nuuste Thermochemical and Density Parameters inligting kry. Ek is nie seker of die een wat ek het nog die nuuste weergawe is nie.

Die een wat ek het se S355 se Flame temp is 2962 (K)

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 10:53 am
by BRNO (Pierre)
Nick, hierdie is die laaste wat Somchem vrygestel het, wat Ludwig hier op die forum geplaas het.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=132&t=16956

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 11:24 am
by Nickvn
Dankie ek het dan die nuuste een. Ek sien sy datum is 2010. Kan hy nog reg wees?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 11:45 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Wees versigtig met hierdie waardes. Ek werk eerder op die default waardes van QL wat beter praktiese resultate gee. Doen dan net die nodedige kalibrering met die Burning Rate Facktor. S335 bv werk baie swak volgens hierdie nuwe Somchem tabel. Hierdie raad kom gebasseer op n magdom vuurwapens waar hierdie mee getoets was.

Groetnis
Wouter

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 1:47 pm
by RUPERT
Ek Het die artikel nou al n paar keur deur gelees en weet nou nog nie waar om die burning rate te kry nie.

Kan iemand my help asb

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 1:55 pm
by Wouter Roets
Rupert

Kyk na die boonste regerkanste blok van QL, daar waar jy die tipe poeier insleutel. drie blokke onder hom is die Burning Rate Facktor. Vir jou om veranderinge aan te bring moet jy eers die hand met n pen blokkie langs die blok waar jy die poeier invul kliek. Nou kan jy die veranderinge aanbring met die syfer totdat jou gemete spoed ooreenstem met die van QL. Onthou dit is die enigste plek waar jy veranderinge maak.

Groetnis
Wouter

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 2:04 pm
by Nickvn
Kyk heel onder op die linkerkantse blok reg langs Apply&Calc.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 2:05 pm
by Nickvn
Sorry ek het die weighting factor gegee.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Wed Jul 10, 2013 3:14 pm
by RUPERT
Het hom Dankie.So ek speel met my lading sodat ek my BT met OBT se Node spoed en QL se Muzzel velocity kan laat ooreen stem of so na as moontlik aanmekaar kry?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Thu Jul 11, 2013 4:29 pm
by cassie_calvinia
Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Wees versigtig met hierdie waardes. Ek werk eerder op die default waardes van QL wat beter praktiese resultate gee. Doen dan net die nodedige kalibrering met die Burning Rate Facktor. S335 bv werk baie swak volgens hierdie nuwe Somchem tabel. Hierdie raad kom gebasseer op n magdom vuurwapens waar hierdie mee getoets was.

Groetnis
Wouter
wout
maw, aan die kruit se waardes verander jy niks nie, net die brf om te kalibreeer.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Thu Jul 11, 2013 5:18 pm
by BRNO (Pierre)
cassie_calvinia wrote:
Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Wees versigtig met hierdie waardes. Ek werk eerder op die default waardes van QL wat beter praktiese resultate gee. Doen dan net die nodedige kalibrering met die Burning Rate Facktor. S335 bv werk baie swak volgens hierdie nuwe Somchem tabel. Hierdie raad kom gebasseer op n magdom vuurwapens waar hierdie mee getoets was.

Groetnis
Wouter
wout
maw, aan die kruit se waardes verander jy niks nie, net die brf om te kalibreeer.
Yip

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Aug 04, 2013 8:51 pm
by PaulM
Hallo almal,

Ek wil ook 'n jakkals tussen die kalibreringshoenders ingooi.
Ek het Saterdag twee verskillende ladings met my .243 deur die chrony gaan skiet. Ek het die looplengte gemeet as
557mm (21.93"). Die details van die ladings is:

Lading 1:
38gr S365 (Lot 154)
90gr Nosler Ballistic Tip
Nodetyd: 1.311 ms
QL spoed voorspelling: 2726fps vir 'n looptyd van 1.312 ms.

Lading 2:
40.5gr S365 (Lot 154)
90gr BT
Nodetyd: 1.198 ms
QL voorspelling: 2900fps vir looptyd van 1.200 ms.

Ek het Winchester Magnum slagdoppies gebruik.

My drie skote met lading 1 gee 'n gemiddelde spoed van 2866fps deur die chrony. Dit is 'n verskil van 138fps. Die
verskil tussen die stadigste en vinnigste skote was net 14fps. Die groepering was 20mm.

Lading 2 se drie skote was gemiddeld 3128fps. Dit is 228fps vinniger as wat QL voorspel het. Die verskil tussen die
hoogste en laagste snelhede was 43fps. Hierdie groepering was aansienlik swakker teen 51mm.

Ek het deur die post gelees, en die 'Burning Rate Factor' verander vanaf 0.4400 na 0.4807 vir lading 1. Dit plaas QL
se voorspelling presies op 2866, wat my gemiddelde chrony spoed was.

Verander ek dan nou die lading na 40.5gr, soos my oorspronklike lading 2, met die BRF steeds op 4807, dan
voorspel QL egter slegs 3025fps, nog steeds 103fps minder as wat die chrony spoed was.

Dus: met die BRF wat verander is vanaf 0.4400 na 0.4807, dupliseer QL lading 1 se spoed presies, maar nie lading 2
se spoed nie. Waar trap ek klei??

Die S365 - Lot 154 wat ek gebruik het, is redelik oud. Ek weet nie of dit 'n invloed kan hê nie?
Ek luister graag na die kenners, asseblief.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Aug 04, 2013 9:06 pm
by tripodmvr
Die ontbrandingstempo is nie liniêr van aard nie en met verhoogde druk neem reaksietempo toe. Daarom sal ek liewers die hoër spoed gebruik om mee te kalibreer. As jy nou opwaarts wil aanpas is dit veiliger en sal die lading nie te hoog word nie. Die node spoed wat so verkry word sal baie naby wees en die lading kan nou met fyn verstellings verander word om die' spoed te kry.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Sun Aug 04, 2013 9:48 pm
by Silent Hunting
tripodmvr wrote:Die ontbrandingstempo is nie liniêr van aard nie en met verhoogde druk neem reaksietempo toe. Daarom sal ek liewers die hoër spoed gebruik om mee te kalibreer. As jy nou opwaarts wil aanpas is dit veiliger en sal die lading nie te hoog word nie. Die node spoed wat so verkry word sal baie naby wees en die lading kan nou met fyn verstellings verander word om die' spoed te kry.
Het self gekalibreer op stadiger spoed. Was so .2grein kruit te hoog vir hoeer node. Dankie, sal ook nou begin kalibreer op hoogste node.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Aug 05, 2013 10:40 am
by Johan Reyneke
tripodmvr wrote: Daarom sal ek liewers die hoër spoed gebruik om mee te kalibreer. As jy nou opwaarts wil aanpas is dit veiliger en sal die lading nie te hoog word nie. Die node spoed wat so verkry word sal baie naby wees en die lading kan nou met fyn verstellings verander word om die' spoed te kry.

Dankie Tripod

Daar gee jy alweer vir gratis opleiding vir my. EK het gewoonlik al die ladings wat ek getoets het mee gekalibreer en dan die een wat die naaste aan die node (spoed) is waarna ek mik, gebruik om die nuwe lading (node spoed) uit te werk.

QL bly maar altyd 'n kennis inneem en uitruil program.

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Mon Aug 05, 2013 8:21 pm
by PaulM
Dankie vir die terugvoer.

Ek het so bietjie met QL gespeel, en die volgende gekry. Op die laer lading het ek die BRF verander vanaf 0.4400 na
0.4810 om QL se voorspelling te laat klop met die chrony se gemiddeld. Dus moes ek die BRF met so 9.3% verhoog,
wat redelik OK is volgens die voorafgaande posts.

Met die hoër lading moes ek egter die BRF vanaf 0.4400 na 0.5305 toe opskuif om die snelhede te laat klop. Dit is 'n
verhoging in BRF van 20.6% !! Dan voorspel QL ook 'n kamerdruk van 67537psi, wat baie hoog in die rooi is! Ek kon nie
enige druktekens waarneem toe ek die hoër lading geskiet het nie. Die doppe van beide ladings lyk dieselfde, en heel
normaal.

Doen ek iets verkeerd? Ek begin nou sterk twyfel of ek enigsins verder met QL moet aangaan.....

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Tue Aug 06, 2013 7:34 am
by cassie_calvinia
iets klink nie reg nie.
ek het met 3 ladings so gespeel, maar nadat ek die BRF 1keer aangepas het, het hy 100% op al 3 geklop.
kan dit nie juis agv die druk wees dat jou BRF so spring nie?

Re: Kalibrering van Quick Load

Posted: Tue Aug 06, 2013 9:14 am
by PaulM
Nee wat, ek is op hierdie stadium dom. Ek sien Somchem se maksimum lading vir S365 met 'n 90gr koeël is 44.9gr, met 'n
voorspelde snelheid van 3169fps. My lading was maar 40.5gr, maar die snelheid was al 3128fps. Dit maak nie vir my sin nie.

Ek sal by 'n lae lading begin en weer drie of vier verskillende ladings laai, en weer gaan chrony. Miskien was die chrony nie
100% gelyk en in lyn nie. Sal dalk 'n ander chrony probeer ook.