Page 4 of 5

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Wed Feb 23, 2022 4:38 pm
by Nico de Jager
Ek het jâre terug vir my n Ford Ranger gekoop. Daai 2,5 diesel een. Vir my ekstra spotlights laat opsit, n cd shuttle wat 8 cd's kon vat. So goud- groene.... desert wind het hulle die kleur genoem. Bitter mooi jonkmansbakkie.
Daar bel toe n ou oom my en sê hy hoor ek het n Ford gekoop. Ek sê ja en hy vra of kan kom kyk.
Hy het onder die bakkie ingekruip, onder die enjinkap gekyk, binne na alles gekyk, ek het die musiek aangesit., lank rondgedraai om die bakkie omaar hy sê niks nie. Ek kon dit later nie meer hou en vra " Oom Thys, wat sê jy van my bakkie? "
Hy trek homself so regop, kyk my in die oë en sê " ou Nico maak hulle GLAD nie meer Toyotas nie?"

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Wed Feb 23, 2022 5:06 pm
by Smitstertjies
https://www.youtube.com/watch?v=9B_ADiHiE88

Lyk my die een kom SA toe.... wonder wat sy prys gaan wees?

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Wed Feb 23, 2022 8:01 pm
by Koos Barnard
Nico, bly om te hoor jy het na die oom geluister, hê-hê!!!! My jongste broer het ook na sy Ford se ratkas die gees gegee het vir hom Maandag 'n Toyota gekoop.
Mooi loop

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Wed Feb 23, 2022 8:10 pm
by thys308
Maroelas wrote:
thys308 wrote: Fri Jan 21, 2022 5:17 am My 2.2dc 2017 Ford het nou 191000km op klok en loop nog sterk. So 155 000km het ek 1 injector vervang en master silinder wat binne belhousing sit vervang op 175000km en ek ry elke dag met vrag tools op sy rug. Daai man van gearbox wat nog niks gesleep het ,het verseker te stadig gery in 6de gear, as jy stadig ry soos 100km/h stel ek voor bly ry net tot 5de rat. 2c en dis al my 3de ford en ander my net goeie diens gegee.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Dagsê Thys, praat jy hier van handrat of outomatiese ratkas?
Ja dis ñ handrat bakkie die van my.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Wed Feb 23, 2022 8:16 pm
by Diesel Dog
[quote=Smitstertjies post_id=862409 time=1645628791 user_id=6168]
https://www.youtube.com/watch?v=9B_ADiHiE88

Lyk my die een kom SA toe.... wonder wat sy prys gaan wees?
[/quote]

Sal dam lekker wees om daai ponie aan die onder teuls beet te kry. :laugh:

DD

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 5:55 am
by Maroelas
thys308 wrote: Wed Feb 23, 2022 8:10 pm
Maroelas wrote:
thys308 wrote: Fri Jan 21, 2022 5:17 am My 2.2dc 2017 Ford het nou 191000km op klok en loop nog sterk. So 155 000km het ek 1 injector vervang en master silinder wat binne belhousing sit vervang op 175000km en ek ry elke dag met vrag tools op sy rug. Daai man van gearbox wat nog niks gesleep het ,het verseker te stadig gery in 6de gear, as jy stadig ry soos 100km/h stel ek voor bly ry net tot 5de rat. 2c en dis al my 3de ford en ander my net goeie diens gegee.

Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Dagsê Thys, praat jy hier van handrat of outomatiese ratkas?
Ja dis ñ handrat bakkie die van my.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Dankie. Ek ry ook 'n 2017 2.2, maar outomatiese ratkas.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 9:01 am
by Wouter Roets
Boys

So terloops, het enige een van julle al probleme ondervind met die 10 spoed ratkas of die 2.0L enjen in beide enkel of dubbelturbo's?

Groetnis
Wouter

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 10:04 am
by Forester
Wouter Roets wrote: Thu Feb 24, 2022 9:01 am Boys

So terloops, het enige een van julle al probleme ondervind met die 10 spoed ratkas of die 2.0L enjen in beide enkel of dubbelturbo's?

Groetnis
Wouter
Myne het nou eers 18,000km op, maar sover geen probleme nie. Die 10 spoed ratkas ry baie lekker.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 12:12 pm
by Smitstertjies
Wouter Roets wrote: Thu Feb 24, 2022 9:01 am Boys

So terloops, het enige een van julle al probleme ondervind met die 10 spoed ratkas of die 2.0L enjen in beide enkel of dubbelturbo's?

Groetnis
Wouter
Ek het nou 25000 km op my 2.0L dubbel turbo. Nog geen moeilikheid van geen aard nie. Al lekker 4x4 gery (Kon op plekke ry waar my pel se cruiser nie kon nie........)

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 12:42 pm
by PWV
Smitstertjies wrote: Thu Feb 24, 2022 12:12 pm
Wouter Roets wrote: Thu Feb 24, 2022 9:01 am Boys

So terloops, het enige een van julle al probleme ondervind met die 10 spoed ratkas of die 2.0L enjen in beide enkel of dubbelturbo's?

Groetnis
Wouter
Ek het nou 25000 km op my 2.0L dubbel turbo. Nog geen moeilikheid van geen aard nie. Al lekker 4x4 gery (Kon op plekke ry waar my pel se cruiser nie kon nie........)
Onthou net, jy is 'n uitstekende 4x4-man wat op 25 000 km, nog geen probleme hoef te verwag nie.
Praat weer op 26 000 km ;)

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Thu Feb 24, 2022 12:46 pm
by Wouter Roets
Ja manne hierdie is baies ook wat ek tot dusver hoor van die enjens en ratkas. Dif steek nog sy kop hier en daar uit.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 8:38 am
by Smitstertjies
PWV wrote: Thu Feb 24, 2022 12:42 pm
Smitstertjies wrote: Thu Feb 24, 2022 12:12 pm
Wouter Roets wrote: Thu Feb 24, 2022 9:01 am Boys

So terloops, het enige een van julle al probleme ondervind met die 10 spoed ratkas of die 2.0L enjen in beide enkel of dubbelturbo's?

Groetnis
Wouter
Ek het nou 25000 km op my 2.0L dubbel turbo. Nog geen moeilikheid van geen aard nie. Al lekker 4x4 gery (Kon op plekke ry waar my pel se cruiser nie kon nie........)
Onthou net, jy is 'n uitstekende 4x4-man wat op 25 000 km, nog geen probleme hoef te verwag nie.
Praat weer op 26 000 km ;)
Oom Pieter , toevallig vanoggend geloer. Ek is nou by 27 000 km. Hopelik jinx ek nie myself nie !!

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 12:05 pm
by prohunt
More more,

Het enige van julle manne al specs op die nuwe Ranger V6 dieselengin gekry?

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 12:21 pm
by Capt. Yoda
EK dink nie da is n Diesel engine nie

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 12:54 pm
by prohunt

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 1:31 pm
by Capt. Yoda
https://www.news24.com/wheels/offroad_a ... 20220222-3

Dan weet ek ook nie, ekt bedoel ek dink nie da kom een na ons toe

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 7:48 pm
by prohunt
Capt. Oblivious wrote: Fri Feb 25, 2022 1:31 pm https://www.news24.com/wheels/offroad_a ... 20220222-3

Dan weet ek ook nie, ekt bedoel ek dink nie da kom een na ons toe
Cappie, soos ek dit verstaan gaan die Raptor net in die petrol beskikbaar wees maar die Ranger XLT en Wildtrack gaan in die V6 diesel ook beskikbaar wees (in SA).

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Fri Feb 25, 2022 8:26 pm
by Gideon@1
Naand sê,
Ek het ‘n 2019 2L XLT D/C met amper 30 000 km op die klok.
Behalwe die “injectors” wat vervang is op 4700km het ek nog geen ander moeilikheid gehad nie.

My Ford is baie “lig” op diesel…..
Ek kry so 2 weke per lieter….

Baie gelukkig, my eerste auto, en dit self was n game changer….
Moet net nie die “clutch” trap nie!!!
Groetnis

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Sat Feb 26, 2022 1:35 pm
by Wouter Roets
prohunt wrote: Fri Feb 25, 2022 7:48 pm
Capt. Oblivious wrote: Fri Feb 25, 2022 1:31 pm https://www.news24.com/wheels/offroad_a ... 20220222-3

Dan weet ek ook nie, ekt bedoel ek dink nie da kom een na ons toe
Cappie, soos ek dit verstaan gaan die Raptor net in die petrol beskikbaar wees maar die Ranger XLT en Wildtrack gaan in die V6 diesel ook beskikbaar wees (in SA).
Netso.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Sat Feb 26, 2022 6:48 pm
by Malan123
Kerels, my 3.2 auto is nou 5 jaar oud. Enige iemand wat my ken weet hoe ek ry, veral in die berge. 149000km nou op die clock en ek moes nog net shocks vervang....

Hierdie nuwe outjies is bitter mooi

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Sat Feb 26, 2022 9:34 pm
by tripodmvr
Kyk mooi hoe moet bakkies gebruik word.

https://youtu.be/OnZOqO6PKug

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Sun Feb 27, 2022 8:27 am
by Katefbessie
Gee vir daai Ranger i Toyota badge en jy sien geen ander bakkie op ons paaie nie.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Mon Feb 28, 2022 2:33 pm
by tau
Malan123 wrote: Sat Feb 26, 2022 6:48 pm Kerels, my 3.2 auto is nou 5 jaar oud. Enige iemand wat my ken weet hoe ek ry, veral in die berge. 149000km nou op die clock en ek moes nog net shocks vervang....

Hierdie nuwe outjies is bitter mooi
Ek het Okt 2020 my Mazda 3.2 4x4 DCAB op 175 000km verkoop. EK is nou nog spyt. EK moes nou driekeer sy prys betaal vir 'n nuwe bakkie. Al verskil is die een mag nie krap nie en FNB besit nog 'n stuk van hom.

En ja myne het ook maar swaar gekry. Ek het gereeld sy mags en kappie verwyder en staal rimme en tralies opgesit en dan Namibië verken of gaan jag.

My werkswinkel bestuurder het sy bakkie soos goud opgepas, op 100 000km toe gaan die engine.

Ek het 'n 2020 2.8 Hilux 4x4 DCAB 150kw gehad en die bakkie vreeslik geniet, maar my 3.2 was stewiger het dit my gevoel. Nadat ek 3 maande gewag het vir 'n 2022 Hilux het ek maar opgegee. Nou ry ek maar 'n Datsun.

Die nuwe 7,8 en 10 spoed Auto bokse maak die diesel bakkies vreeslik lekker ry.

Variety is the spice of life.

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Mon Feb 28, 2022 2:45 pm
by Hercules Louw
Malan123 wrote: Sat Feb 26, 2022 6:48 pm Kerels, my 3.2 auto is nou 5 jaar oud. Enige iemand wat my ken weet hoe ek ry, veral in die berge. 149000km nou op die clock en ek moes nog net shocks vervang....
Malan, dit kan tog nie waar wees nie. Volgens die Ford kenners moes jy teen die tyd al ten minste een dif, twee ratkaste en die enjin vervang het!

Re: Nuwe Ford Ranger

Posted: Mon Feb 28, 2022 6:17 pm
by Malan123
tau wrote: Mon Feb 28, 2022 2:33 pm
Malan123 wrote: Sat Feb 26, 2022 6:48 pm Kerels, my 3.2 auto is nou 5 jaar oud. Enige iemand wat my ken weet hoe ek ry, veral in die berge. 149000km nou op die clock en ek moes nog net shocks vervang....

Hierdie nuwe outjies is bitter mooi
Ek het Okt 2020 my Mazda 3.2 4x4 DCAB op 175 000km verkoop. EK is nou nog spyt. EK moes nou driekeer sy prys betaal vir 'n nuwe bakkie. Al verskil is die een mag nie krap nie en FNB besit nog 'n stuk van hom.

En ja myne het ook maar swaar gekry. Ek het gereeld sy mags en kappie verwyder en staal rimme en tralies opgesit en dan Namibië verken of gaan jag.

My werkswinkel bestuurder het sy bakkie soos goud opgepas, op 100 000km toe gaan die engine.

Ek het 'n 2020 2.8 Hilux 4x4 DCAB 150kw gehad en die bakkie vreeslik geniet, maar my 3.2 was stewiger het dit my gevoel. Nadat ek 3 maande gewag het vir 'n 2022 Hilux het ek maar opgegee. Nou ry ek maar 'n Datsun.

Die nuwe 7,8 en 10 spoed Auto bokse maak die diesel bakkies vreeslik lekker ry.

Variety is the spice of life.
Tau, jy gaan nou weer 'n Ford vs Mazda gesprek hier begin...

Ek moet se ek verkies ook 'n groot motor i.p.v. groot turbo. Een van die groot redes hoekom ek nie nou die 2l Ford ry nie. Hierdie nuwe 3l gaan mooi loop...