Page 4 of 5

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Jun 07, 2022 11:06 am
by Wouter Roets
Boys

Dink julle hierdie sal vir ander goed ook werk wat maar so oor die jare stomper word? Vra namens n vriend.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Wed Jun 08, 2022 7:28 am
by Toxxyc
Ek het ook so mooi knipmessie gehad wat ek vir jaaaaare gedra het, en toe breek ek ook die lem eendag toe ek 'n verfblik oopmaak (ja ek weet). Hy ook so 1cm afgebreek, maar nie 1cm van die punt af nie. Ek het hom letterlik toe maar net opgetel en in die asblik gaan gooi. Nooit weer maak ek verfblik met my mes oop nie.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sun Jun 12, 2022 8:01 pm
by Cobus(Cobb)
Wat dra julle deesdae??
Ry oormore veld toe vir jagtrip.....Opinel en CRKT is reeds ingepak.
CRKT het guthook, Opinel is sommer vir al die res om te doen
Cheers

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Mon Jun 13, 2022 7:00 am
by Eduard Venter
Cobb, julle moet geniet!

My kershaw alweer verloor op laasweek se jag. Ek het nou maar weer 2 honey badgers aangeskaf vir res van die seisoen. My leatherman het darem 'n penshaak ook op.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 4:03 pm
by Capt. Yoda
Ek het die laaste tyd nou weer bq mes mal geraak en speel gedurig met n nuwe een maar die is basies die 3 wat ek nou deesdae rond dra. Daai oranje stuk Gerber ry gewoonlik saam as ek weet iemand gaan vleis opi rooster wil sny met met my mes anders dra ek nou meeste van die tyd daai Banchmark Barrage

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 4:04 pm
by Capt. Yoda
Nuutste een in my Puma versameling maar hulle word nie rond gedra nie

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 5:52 pm
by Glocked
Capt. Oblivious wrote: Fri Jan 13, 2023 4:03 pm Ek het die laaste tyd nou weer bq mes mal geraak en speel gedurig met n nuwe een maar die is basies die 3 wat ek nou deesdae rond dra. Daai oranje stuk Gerber ry gewoonlik saam as ek weet iemand gaan vleis opi rooster wil sny met met my mes anders dra ek nou meeste van die tyd daai Banchmark Barrage
Daai Benchmade lyk soos 'n masjien !

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 7:36 pm
by Eduard Venter
Lekker lemme Cappie.

My 2 honeybadgers van vroeër in die draad het nie vreeslik lank gehou nie. Een vir 'n pel gegee en die een wat ek gedra het is nou poegaai. Het myself diekeer bederf met 'n Spyderco Alcyone. Sover geniet ek hom baie, dis in 'n heel ander klas as die R500-1000 messe waaraan ek gewoond is. Slag baie lekker en sny 'n keel baie vinnig.

Al probleem is ek gaan nou waarskynlik nie ooit weer 'n goedkoop mes wil koop nie. Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 8:04 pm
by Pappabeer
Pappabeer wrote: Fri Apr 01, 2022 1:19 am Benchmade Osborne design elke dag in die hospitaal
Verloor in die suikerriet
As ek bosvarke jag en slag n Victorinox Hunter Pro M Alox

Ek het altyd n Havelon met so 15 nr 60 post mortem lemme beet

Soms n Spyderco Paramilitary II Titaniumpunt gebreek en oorgeslyp
Soms n Spyderco Delica as ek dink ek gaan hom verloor
[shadow]n sot op n trein in Spanje het hom uit my checkin. Bagasie konfeskeer en ek moes hom weggooi[/shadow]

As ek met n oopvisier jag dra ek n fixed blade uit NZ deur Gary von Gruff. Lieflike mes met n mild steel lem wat flymskerp slyp in minute, en n mooi patina ontwikkel.

In die kamp n stel Kershaw Blade traders.

Agterop die bakkie is twee kapmesse of kelembes om n skietpad oop te kap op n varkvoer

Daar is ook altyd n Victorinox multitool in my camelback, en n Leatherman Wingman in my rangebag. En n Coldsteel kudu (aka Okapi) in my bakkie.
Ek het in tussen n Leatherman Rebar gekry vir die bakkie en dra nou daagliks n custom slipjoint van Michiel du Plessis.
ED2F1277-59F8-484A-B766-80BA6871DAE5.jpeg

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Jan 13, 2023 8:44 pm
by Glocked
Eduard Venter wrote: Fri Jan 13, 2023 7:36 pm Lekker lemme Cappie.

My 2 honeybadgers van vroeër in die draad het nie vreeslik lank gehou nie. Een vir 'n pel gegee en die een wat ek gedra het is nou poegaai. Het myself diekeer bederf met 'n Spyderco Alcyone. Sover geniet ek hom baie, dis in 'n heel ander klas as die R500-1000 messe waaraan ek gewoond is. Slag baie lekker en sny 'n keel baie vinnig.

Al probleem is ek gaan nou waarskynlik nie ooit weer 'n goedkoop mes wil koop nie. Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Daai is 'n netjiese lem. Ek is 'n groot Spydie fan. Het vir baie lank 'n Tenacious gedra elke dag, en doen nog van tyd tot tyd, maar het hom 'n paar maande gelede vervang met 'n Delica 4, net ligter om te dra. Ek gebruik 'n klein cable tie deur die Spyderco's se gat in die lem, om te dien as 'n Emerson opener, werk soos 'n bom.
16736354116100.jpg

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat Jan 14, 2023 7:14 am
by Eduard Venter
Glocked, hoe ondervind jy die verskil tussen die tenacious se goedkoper staal teenoor die heelwat duurder delica?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat Jan 14, 2023 5:10 pm
by Ratel
My seun se pel het toe hy van Amerika af terug gekom het vir my n Leatherman Surge saam gebring. Met wisselkoers het dit my R1000 goedkoper gekos as plaaslik. Swaar mes tool maar n bul van n mes. Swaarste van my 3 Leathermans. Ek ry hom in my kar rond oor die gewig.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat Jan 14, 2023 9:28 pm
by Ds J
.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat Jan 14, 2023 10:27 pm
by Ds J
Eduard Venter wrote: Sat Jan 14, 2023 7:14 am Glocked, hoe ondervind jy die verskil tussen die tenacious se goedkoper staal teenoor die heelwat duurder delica?
Ek dra al vir drie of vier jaar n Spyderco Resilience FFG met 8Cr13MoV staal; een van my baie goeie vriende het n Spyderco Endura met VG-10 staal.

Die beter staal is oor en oor die ekstra geld werd, mits n mens hom werklik baie gebruik. As n mens so af en toe n karton oopsny of n biltonkie moet kerf en nie gesteld is op n baie skerp lem nie is die 8Cr13MoV staal goed genoeg. As die mes hard gaan werk (en jy dit kan bekostig) sal ek die beter staal aanbeveel.

My Resilience se snyvlak is al 5mm weggeslyp want ek hou hom so byna skeerskerp en hy werk gereeld. Dis n groot mes om daagliks saam te dra, ek sal hom egter nie maklik verruil nie. Aanvanklik was ek skepties, maar dit het vinnig verdwyn.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Sat Jan 14, 2023 10:56 pm
by Glocked
Eduard Venter wrote: Sat Jan 14, 2023 7:14 am Glocked, hoe ondervind jy die verskil tussen die tenacious se goedkoper staal teenoor die heelwat duurder delica?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Ek het nie rerig 'n probleem met die 8Cr13MoV van die Tenacious nie. Die VG10 is moeiliker om te slyp, maar hou sy edge beter, defnitief. Maar ek moet ook by sê, ek is bietjie meer versigtig met die Delica, en die Delica is geslyp teen 20deg, en die Tenacious teen 17deg. Ek gebruik steeds my 5-steen Lansky kit om hulle skerp te maak en te hou, en die Tenacious het baie meer gereeld 'n polish nodig, maar ek oorweeg dit sterk om hom weer terug te slyp na 20deg toe, sodat hy bietjie langer hou.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Mon Jan 16, 2023 10:10 am
by Eduard Venter
Dankie ds en glocked. Ek wou aanvanklik die tenacious koop, maar kon hom nie in die hande kry nie. Ek is egter vreeslik gelukkig met die een wat ek toe gekry het. Slyp vinnig op my warthog teen 25 grade en hy kan maklik armhare skeer. Ek gebruik hom daagliks om pype te sny, slag, kosmaak ens. Gee hom minstens 1x 'n week 'n paar slype.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Mon Jan 16, 2023 11:42 pm
by Pappabeer
Ongeag staal bly die Tenacious n lekker mes, en waarde vir geld.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Feb 07, 2023 1:01 pm
by Gerhardu
Het ook altyd n Coldsteel gedra en toe n protech van wilson combat.

Van Januarie die ene begin dra.

Hy dra lekker lig en uit die pad uit.Image

Sent from my SM-G998B using Tapatalk


Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Mon Feb 27, 2023 6:57 pm
by ivanlotter
Leatherman C33 knipmes.

Baie skerp en ek gebruik hom ook as ek slag en boude en ander stukke ontbeen.

Hy is al amper by Harare lughawe gekonfiskeer.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Feb 28, 2023 8:59 am
by Ockert1992
Lekker om die sien die post is nog aan die gang.

Nadat ek my Delica se punt afgebreek het :'( :'( , was daar nie dadelik iets wat in sy plek ingeval het nie.

Ek het vir ons jag laasjaar vir elke man 'n Opinel Carbon Nr7 laat laser net na dit en toe het ek sommer myne begin gebruik. Ek het nog nie een dag gedink om hom te vervang nie.

Ek het nog altyd van die eenvoudigheid, gemak, maklik om te slyp van 'n opinel gehou. By verre die lekkerste knip mes om ook te gebruik vir kombuis, kamp en braai. Ek hou van hoe die carbon lem verander en karakter kry.
20230228_084501.jpg
Gaan hom wel net opgradeer na 'n No 9 toe. Die No 7 se lem is bietjie kort.

Hou sy lem flym skerp weekliks op die gladde steen van die Warthog.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Feb 28, 2023 10:50 am
by Geno
Ek dra die laaste ruk 'n WE 617B.
Nogal 'n lekker mes wat 'n goeie edge vat, wat ek baie geniet!

Image

Image

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Tue Feb 28, 2023 11:38 am
by Capt. Yoda
Emk hou van daai punt

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Thu Mar 02, 2023 1:43 pm
by Gerhardu
Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 28, 2023 11:38 am Emk hou van daai punt
Ja hy sal n lekker capeflats tickle gee.

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Mar 03, 2023 11:04 am
by Pappabeer
Geno wrote:Ek dra die laaste ruk 'n WE 617B.
Nogal 'n lekker mes wat 'n goeie edge vat, wat ek baie geniet!

Image

Image
Baie lekker messe

Re: Messe - Wat dra julle deesdae?

Posted: Fri Mar 03, 2023 2:10 pm
by Bern
My staatmaker Eyewitness.Image

Sent from my SM-N970F using Tapatalk